Die vroueblad junie 2016 lusmaker

Page 1

JUNIE 2016

Die Gereformeerde

Vroueblad Lofsing TEGNOLOGIE – die VERSLAWEND? Here! Loof die Here:

Hy is groot Hy gee oorwinning Hy verhoor gebede Hy kom sy beloftes na w w w.gksa.org.za/Tydsk rif te/vroueblad-inteken


INHOUD

Junie

JAARGANG 71 NOMMER 1

6

10

22 LEEFDINGE

GEREELD JUNIE 2016

Die Gereformeerde

3 4 5

Vroueblad rouebl Lofsing – die TEGNOLOGIE VERSLAWEND? Here!

IN DIEPTE 6 8

Loof L oof die Here:

Hy is groot Hy gee oorwinning Hy verhoor gebede Hy kom sy beloftes na w w w.gksa.org.za/Tydsk rif te/vroueblad-inteken

Ander Publikasies van die Gksa: (Laerskoolkinders) (tieners en jongmense) Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.

2

Junie 2016

Redakteursbrief Lidmaatpraat Ds. SĂŞ my

10

12

Mirjam loof die Here... Hy is groot! Debora loof die Here... Hy gee oorwinning en vrede Hanna loof die Here... Hy verhoor gebede en gee uitkoms Maria loof die Here... Hy kom sy belofte van redding na

14 16 17 J_ WQ 22 26 W_ 29 29 29 30 XJ XW

, Teken vdirogjoteur omfa jou vriendinblaindop ons .org.za w ww .gksa

Droog deur die Rooi See Teks & Vers: WĂŞreldwyse wĂŞreld Teks & Vers: Dagboek B Tegnologie-tsunami! Gemeente-MosaĂŻek: $ `q x{ # B + { Lees in Junie 2016 Gemeentedagboek Intekenvorm Hartskatte ' [ WQJ\

Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redakteur) Griet Swanepoel (assistentredakteur) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com

Internetadres: www.gksa.org.za/ "#$%& '! => #$& >! Tydskrifte/vroueblad-inteken DIE GEMEENTE, POSGELD Navrae: => & '%= B #WXJ QQ Rekenings, adresveranderings, "#$%& '! Y$# & %%#? intekening, bladbouers: $ &' => & '%= B #WKQ QQ Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 3986, tydskrifte@gksa.co.za [%'=& WQJK $ XQ [%>=& WQJ\ Eienaars en uitgewers: (Intekening word as voortgesit ! beskou solank dit nie gekanselleer Intekengeld: word nie.) "#$%& '! &'* !*+!!' Drukkers: ; ! <=> %#$? $ &' V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, %= & '%= B #JKN?QQ ISSN 0378 407 X &'& #$>=& & => & &>=> B R100.00 Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.


redakteursbrief

Lof aan die Here Gelowige vrou

Het jy al na ‘n dag van harde werk en rondjaag, tuisgekom en wanneer dit uiteindelik stil word om jou, koormusiek aangesit en gaan stilsit en luister hoedat ‘n groep mense die lof van die Here besing? Of dalk het jy op ‘n Sondagoggend gevoel hoedat jy deur die meesleurende tone van pyporrelmusiek gekalmeer te word sodat jy weer kan fokus op die Here en jou verhouding met Hom. Miskien was jy soos die Israeliete van ouds vasgekeer teen die Rooi See van jou omstandighede en het jy beleef hoedat die Here self die uitkoms op ‘n verrassende manier bewerk het sodat jy in lofsang voor Hom uitgebreek het. Hierdie maand fokus ons op vier lofsange van vroue in die Bybel: Mirjam, Debora, Hanna en Maria. Gelowige vrouens, soos elkeen van ons, wat te staan gekom het voor onmoontlike situasies: Mirjam voor die muur van die Rooi See; Debora voor die skrikbewind van Sisera, en dan Hanna wat gekonfronteer is met haar eie kinderloosheid. In hierdie drie vrouens se lewens het die Here sy almag en genade geopenbaar en hulle uit hulle benarde situasies gered. En elkeen van hulle reageer met dankbaarheid en lof op die Here se reddende genade. Maria, die jong meisie van Nasaret, hoor dat sy begenadig is om die Seun van die Allerhoogste in die wĂŞreld te bring. In hierdie ĂŠĂŠn boodskap sou daar nie net tydelike redding vir die mens uit aardse, benarde situasies kom nie, maar ewige redding uit ons benarde situasie van dood wees in die sonde. Daarom dat Maria haar loflied afsluit met diĂŠ woorde: “Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes van ontferming soos Hy dit toegesĂŞ het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheidâ€? (Luk. 1:55). Laat ons daarom die Here met ons lewens loof vir sy reddende genade in sy Seun, Jesus Christus. Prof. Ben de Klerk het besluit om uit te tree as redaksielid en skrywer van Ds. SĂŞ My. Baie dankie vir die insiggewende en diep antwoorde en leiding uit die Skrif waaruit ons geesteskrag kon put. Ons bid vir hom en Marie die seĂŤn van die Here toe op hulle pad vorentoe. Ds. Johan Botha, emeritusleraar van Die Gereformeerde Kerk Laeveld, gaan nou die leisels by Ben oorneem. Hartlik welkom by ons span. Gegroet tot volgende maand wanneer ons meer vertel van al die Saamtrekke.

Cobie Steyn Wil jy gesels oor iets? t SMS: 082 555 9586 (begin SMS met VB) t & QPT DPCJFTUFZO!MJWF DPN t Facebookblad: Gereformeerde Vroueblad t 4MBLLFQPT 1PTCVT -ZEFOCVSH

Foto: Lydenburg.

“Loof, loof die HEER van alle here! Verhoog sy Naam en gee Hom ere!â€? (Psalm 105-1:1; eerste 2 reĂŤls). Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120

#FTPFL HFSVT POT FacebookCMBE o LSZ QJULPT WJS EJF EBH FO WFSSZL KPVTFMG EFVS NFU HFMPPGTHFOPUF UF HFTFMT

)JFSEJF CFTPOEFSIFEF JT OJF WJS BENJOJTUSBUJFXF TPPT JOTLSZXJOHT PG LBOTFMMBTJFT CFEPFM OJF o TLBLFM EJF "ENJOJTUSBUJFXF #VSP JO 1PUDIFGTUSPPN (018) 297 3986)

Junie 2016

3


Hanna loof die Here...

HY VERHOOR GEBEDE EN GEE UITKOMS DEUR JAAI DU PLESSIS

T

oe ek hardop wonder waar ek met Hanna moet heengaan in hierdie artikel, stel my man voor ek gaan kyk in “The Way” (’n geïllustreerde uitgawe van “The Living Bible”) waar hulle Hanna kronologies in die Bybel plaas. Dit lewer toe niks opwindends op nie, maar my oog val op ’n opmerking deur die samestellers daarvan. Hulle skryf: “It’s no coincidence that the Bible is the all-time best seller... That’s because it touches people right where they live, where they hurt.” Toe weet ek waarheen.

10

Junie 2016


in diepte Bid tot die Here in jou smart Hanna. Sy gaan reguit met haar smart van kinderloosheid na die Here toe (1 Sam. 1:9-13). In Israel was dit destyds vir ’n vrou ’n skande om nie kinders te hê nie. Sy kies om nie in haar ellendes te gaan lê nie. Teenspoed en verdriet hoef nie haar lewe te oorheers nie. Met die hulp van die Here kan dit omgekeer word (Die Bybel in Praktyk, p.373). Hy verhoor haar gebed en gee uitkoms (1 Sam. 1:20). Hy vervul haar begeerte tot moederskap en sorg dat Peninna haar nie langer kan verneder en pynig met die geniepsige “godsdienstige angel” (Die Bybel A-Z p.282) waar die veronderstelling duidelik is dat dit die Here is wat haar kinderloos laat bly nie (1 Sam. 1:6). Absoluut verstommend kry Hanna dit reg om haar gelofte na te kom en die twee- tot driejarige Samuel aan God terug te gee en in die sorg van Eli by die tempel te laat. Toe God aan Hanna die seun gee waarna sy so uitgesien het, het Hy ook aan Israel die laaste en grootste van al die rigters gegee, en die eerste (na Moses) van die groot profete (Handboek by die Bybel, p.231).

Loof die Here vir gebedsverhoring Ons ken haar aangrypende loflied wat ook ‘n dankgebed genoem kan word in 1 Sam. 2:1-10 waarin sy in nederigheid op die Here vertrou. Dit is pragtig en inspirerend. Maar... Werk dit nog so?

Loof die Here – Hy is in beheer! Johanna het twee kinders gehad. Sy en haar suster sou met hulle dogtertjies Staatsteater toe gaan terwyl hulle mans met die seuntjies vir die aand sou tuis bly. Haar seuntjie (PieterAdriaan, pas drie) het ’n loopneusie gehad maar homself en sy gesin ewe gelukkig besig gehou met sy speelgoed. Toe hulle moet ry en sy hom groet sê hy vir haar: “Mamma, liewe Jesus bly in die hemel en ek gaan na Hom toe”. Dit vang haar onkant. Sy het nog nie juis met hom gesprekke oor geloofsake gevoer nie. Hulle is al amper laat en sy wil nie hierdie gesprek afjaag nie. ’n Liefdevolle drukkie en ’n

vaste voorneme om môre hierdie geloofsgesprek met hom te voer kry gelyk gestalte. Ons twee het in ’n teetuin in ’n kwekery gesit toe sy met my die besonderhede van sy laaste woorde aan haar deel. Haar blou oë het grys en hartseer geword toe sy sê: “Môre! Môre sal ek met hom oor die Here praat. Vir Pieter-Adriaan was daar nie nog ’n môre nie. Die loopneusie was nie net nog ’n verkoue nie. ’n Virus het sy hartspier aangeval en hy is daardie nag dood.” By nabetragting is almal wat hom geken het dit eens dat nie die woordeskat, die sinskonstruksie of die begrippe van “Jesus bly in die hemel” en “na Hom toe gaan” al eie aan Pieter-Adriaan se leefwêreld was nie. Hierdie meedeling kon net direk van die Here af gekom het. Sy het lank na die rivier en die bome gekyk. Toe sy terugdraai na my toe was haar oë weer blou en kalm. Sy sê vir my: “Weet jy, nou is ek een van daardie bevoorregte mense wat nie net hoef te glo die Here is regtig nie want ek wéét die Here is regtig. En ek weet PieterAdriaan is by Hom en wanneer ek ook eendag daar kom sál ek my kind weer sien.” In 1 Sam. 2:18-21 lees ons die Here het Hanna met nog vyf kinders geseën het. Al kon nie een van hulle Samuel se plek inneem nie, kon (en het) sy hom besoek. In teenstelling met Hanna het Johanna na Pieter-Adriaan nie nog kinders gehad nie. God is groter as rampe en teleurstellings. Hulle verander in geleenthede wanneer hulle in God se diens gestel word (Die Bybel in Praktyk, p.371). ’n Klein seuntjie in nood (Kobus) en ’n moederhart in nood kom by mekaar en hulle word lief vir mekaar soos moeder-en-seun. Die jare het aangestap en aan die verkeerde kant van vyf en vyftig is Johanna alleen. Haar dogter woon elders en is gevestig in haar beroep. Kobus (nou reeds volwasse) is die een wat by “Tannie Johanna” kom bly om haar te ondersteun. Die Here het vooraf geweet sy gaan later in haar lewe iemand soos dierbare Kobus nodig hê, en het die uitkoms lankal

voorsien... nog voordat daarvoor gebid is!

Kom loof saam! In hierdie gebroke wêreld kan ’n mens net dankbaar saam met Johanna haar lofsang sing:

“Ek hoef nie net te glo die Here is regtig nie, want ek wéét die Here is regtig. En ek weet Pieter-Adriaan is by Hom!” Én saam met Hanna (1 Sam. 2: 1-10):

“Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het. Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie (verse 1-2)... ’n Mens oorwin nie deur eie krag nie! (vers 9c)”

L I D M A AT P R A AT

Fransa Vorster: Twyfel f en moedeloosheid. Dit is iets wat oor ons elkeen se pad kom. Maar watter wonderlike geloofsvoorbeeld sien ons nie by Hanna nie? Die dankbaarheid en vreugde word so wonderlik in haar gebed uiteengesit. “Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here.” As ons maar net elke dag hiervolgens kan leef! Die Here is altyd getrou.

Junie 2016

11


leefdinge

Tegnologie-Tsunami! DEUR

Word wakker en dink krities! “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is” – Romeine 12: 2

22

Junie 2016


leefdinge Hier in Romeine 12:2 word ons as Christene opgeroep om nie aan die sondige wĂŞreld gelyk te word nie, maar tot God te bid om daagliks ons denke te transformeer sodat ons ook die wysheid en insig van God sal ontvang om te kan onderskei tussen reg en verkeerd en voluit in hierdie wĂŞreld sal leef soos wat Hy graag wil hĂŞ ons moet lewe.

Tegnologie deel van God se skepping Dit bly steeds wonderlik om te besef dat die heelal en al hierdie ongelooflike tegnologietoepassings reeds deur God voor die grondlegging van die wêreld geskep is en in stand gehou word, maar dat dit slegs oor tyd deur mense ontdek word om so toepassings te ontwerp en te ontwikkel. Meeste van ons word tans oorweldig deur die verbysterende spoed waarteen die groot hoeveelhede en variasies van tegnologieÍ, tegnologietoepassings en sosiale media na ons toe aangerol kom – soos ’n massiewe tsunami wat ons oorspoel en waarvoor ons min antwoorde het.

Die mens se gebruik van tegnologie Ons kan mense wat verskillende tegnologieĂŤ, toepassings en sosiale media gebruik, in drie breĂŤ groepe verdeel, naamlik: t %JF WSPFĂ‘ PQOFNFST FO HFWPMHMJLF WPPSMPQFST UFO PQTJHUF van die gebruik van nuwe tegnologie, toepassings en sosiale media; t %JF NJEEFMHSPFQ XBU CFSFJE JT PN OVXF UFHOPMPHJF FO toepassings af te laai en te gebruik, maar slegs waar en wanneer hulle dink die gebruik daarvan sal hulle lewe vergemaklik en hulle meer produktief maak; t %JF EFSEF HSPFQ XBU EJLXFMT PPL OB WFSXZT XPSE BT die agterosse. Hulle is die mense wat traag is om nuwe tegnologie aan te koop en te gebruik en is heeltemal gemaklik met dit wat hulle het. Hulle word moeilik oortuig dat die nuwe weergawes van tegnologie of sosiale media noodwendig beter uitkomste sal gee as wat hulle tans ervaar. In 2001 het Marc Prensky* bekend geword toe hy mense in twee hoofkategorieĂŤ ingedeel het, naamlik digitale immigrante (“digital immigrantsâ€?) of digitale boorlinge (“digital nativesâ€?). Hy het hierdie indeling gebaseer op die tydperk waarin mense gebore is: voor die tagtigerjare of daarna waartydens baie meer tegnologie waaronder meer soorte selfone, slimfone, draagbare rekenaars en toepassings ontwikkel is. Hy het onder andere daaroor gespekuleer of mense wat aan meer tegnologie blootgestel word, anders dink en optree en daarom ook op ander maniere met mense interaksie het en verskillende voorkeure mag ontwikkel om effektief te leer. Oor die jare het daar dan ook verskillende menings oor hierdie indelings ontstaan, aangesien daar baie mense is, ongeag of hulle ’n digitale immigrant of boorling (oud of jonk) is, wat baie bedrewe en gek oor tegnologie, -toepassings en sosiale media is.

Waar staan jou gesin, familie en vriende? Neem nou ’n paar minute om krities na te DINK en te reflekteer oor genoemde indelings en jouself, en selfs ook jou gesinslede – in watter van die drie genoemde groepe

val jy en die mense om jou? Moenie hierdie betekenisvolle geleentheid tot nadenke geringskat nie of reken dat dit glad nie op jou, jou gesin, familie en vriende van toepassing is nie. Word of wees wakker en dink regtig krities na oor hoe en wanneer jy tegnologie gebruik? Wat is die werklike waarde daarvan? Watter aktiewe en sinvolle bydrae kan dit lewer om “af-lynâ€? in die hier en nou voluit te lewe? Daarteenoor mag dit dalk ook so wees dat jy een van die min mense is wat heeltemal tevrede is om die minimum tegnologie in jou daaglikse lewe te gebruik en eintlik heeltemal apaties staan teenoor al die nuwe en wonderlike uitvindsels. Jy kyk dalk net toe hoe baie mense in jou gesin-, familie- of vriendekring baie opgewonde raak oor al die nuutste tegnologiese uitvindings op die mark en hoedat hierdie onderwerp dan hulle gesprekke totaal oorheers. Omdat mense rondom jou opgewonde is oor tegnologiegebruik en jy daagliks sien hoedat hulle dit gebruik, mag jy dalk tog besluit om meer tegnologie in jou daaglikse lewe in te span. Maar voordat jy tot hierdie stap oorgaan, dink eers na en vra jouself af watter impak die gebruik van tegnologie op jou as totale mens (verstand, liggaam en gees) gaan hĂŞ. Dink ook na oor watter impak dit gaan hĂŞ op jou verhouding met God en jou verhouding met jouself, asook op jou verhoudings met jou gesinslede, familie en vriende. In 1 Tess. 5:23 word drie dimensies van jou menswees onderskei: “Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!â€?. Om die volle impak van tegnologie op ons menswees beter te verstaan, asook om moontlike verslawing teen te werk, onderskei ek graag vyf dimensies van menswees wat deur die gebruik van tegnologie geraak word en noem een voorbeeld by elkeen. In die daaropvolgende artikels in hierdie reeks sal ons dan dieper ingaan op elk van hierdie dimensies: t *OUFMMFLUVFFM PG LPHOJUJFG "GOBNF JO LSFBUJFXF EFOL en leervermoĂŤns en gevolglike laer intelligensie weens “multitaskingâ€?; t &NPTJPOFFM 5PFOBNF JO BOHT FO TUSFT t 4PTJBBM JOUFS FO JOUSBQFSTPPOMJLF WFSIPVEJOHT Agteruitgang van sinvolle verhoudings tussen gesinslede; t -JHHBBNMJL 5PFOBNF JO WFUTVH FO TXBL TQJFSPOUXJL keling by kinders; t (FFTUFMJL "GOBNF JO TLFQQJOHTEPFMHFSJHUIFJE FO EJF sinvolheid van Christelike waardes. Te midde hiervan wil ek dit onomwonde stel dat ek oortuig is dat ons, as mense op hierdie aarde, slegs ten dele ken en nooit ten volle sal begryp hoe ongelooflik wonderlik, maar ook kompleks die mens en die heelal geskape is nie – ver bo ons menslike verstand se begrip (1 Kor. 13:12). Kontak Dr. Kruger gerus indien julle gemeente haar wil nooi om ‘n praatjie oor hierdie onderwerp te kom lewer. marlena@mindunique.co.za; www.mindunique.co.za *Verwysingsbron: Marc Prensky. “Digital Natives, Digital Immigrants, Part II: Do They Really Think Differently? Verkrygbaar by <http://www.marcprensky.com/writing/>

Junie 2016

23


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.