in hierdie uitgawe ... 3
Redakteursbrief
4
Verjaardaghoekie
7
Slingervel-
8
12 Die avonture van Nellie en Gertjie (3) 14 Oplossings:
voorbladkompetisie
Blokkiesraaisel en
Blokkiesraaisel: Rut
Woordsoek
10 Woordsoek: Rut 11 Inkleurprent: Rut en Boas
15 Om spoor te sny, is nie speletjies nie! 18 Wat kan ek lees?
Slingervel, Jaargang 57 Slingervel Nommer 977, April 2016
A
s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 084 551 2107, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660
REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522
Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za
Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462
MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Rika du Plessis Oom Attie Venter
Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 57, Nommer 977, April 2016 ISSN 0037 685 X
2
slingervel li l april il 2016
Redakteursbrief
Maats
M
y hart is baie seer vandag! Ons het nie een enkele prent gekry wat ons vir ‘n voorblad kan gebruik nie! A nee a! Dis nie hoe ek gedink het ons Velliemaats is nie. Kom nou – al teken jy op die rekenaar 'n prent! Ons plaas hierdie maand ook weer een van ons eie maats se werk. Lees gerus Thinus se avontuur in Egipte. Wie van julle wil nog skryf? Ek het nou die dag 'n storie gekry van ‘n maat. Sy het egter iets gedoen wat ons nie mag doen nie - sy het ‘n storie uit haar skoolboek gevat en net so bietjie verander. Dit mag ons nie doen nie. Die groot woord is “plagiaat”. Dit beteken dat jy iemand ander se storie vat en oorskryf, miskien so bietjie verander, en maak of jy die storie uitgedink het. , Kom ek help julle bietjie met die uitdink van ‘n storie ... Sê nou jy lees een aand iets in die Bybel, en wanneer jy droom, is jy daar in die verhaal van die Bybel. Byvoorbeeld: Jy lees 1 Samuel 17. Jy lees van Dawid en Goliat. As jy droom, dan stap jy saam met Dawid na die rivier toe, en ander kant die rivier staan Goliat. Vertel dan waaroor julle gesels. Vra een van ons maats nou die dag: “Waar is die grappies?” Dit is nog iets wat julle vir my kan stuur: grappies! Wat van snaakse dinge wat ‘n boetie of sussie gesê het? My boetjie was nog baie klein, so 3 jaar oud, toe vra ‘n tannie een dag vir hom: “Danie, wat wil jy eendag word?” Danie het nog nooit daaroor gedink nie, en al wat hy kon antwoord, was: “Seker maar ‘n moordenaar of ‘n begrafnisman!” Ek hoop dat ek volgende maand baie dankies gaan skryf vir alles wat julle ingestuur het! Groetnis, Oom Hennie
slingervel april 2016
3
Thinus Vorster
MAATS SE EIE WERK
J
Jan en die mummie!
an is baie bly, want hulle gaan Egipte toe. Vroeg die volgende oggend is hy al wakker. Toe sy ma in sy kamer kom, het Jan al klaar sy tas gepak. Sy ma kyk sy tas deur. “Jan, jy het jou sambreel vergeet”. Toe Jan se ma uitstap, dink Jan: 'n Mens kort mos nie 'n sambreel in Egipte nie. Hulle gaan mos nie op die sand sit en Coke drink nie. Sy sussie Anni het seker 'n paar Barbie-poppe en Cutex ingepak. Jan dink hulle moet dit liewer “grosstex” noem. Toe hulle uiteindelik daar aankom, is Anni al aan die slaap. Dit was 'n langggggg reis. “Kom ons gaan hou piekniek, Anni”, stel sy ma voor, en sy en Anni loop daar weg. Jan kan nie glo sy ma wou regtig gaan piekniek hou nie. Jan en sy pa gaan kyk saam met 'n groepie mense na die piramides. Hulle is so groot! Hulle kyk na die ou skatte van Egipte. Daar is net een ding wat sleg is: Die man wat verduidelik, praat heeltemal 'n ander taal. Jan het nie 'n idee wat die man sê nie. Skielik is Jan heeltemal alleen! Hy het só na die mummie-kat gekyk dat hy nie besef het hoe laat dit word nie! “Ek is alleen heeltemal alleen,” dink Jan en begin huil. “Nie heeltemal alleen nie” sê 'n stem. Jan wip soos hy skrik, dan voel dit of hy vries van skok. Daar agter hom staan 'n mummie! “Toemaar, ek sal jou nie seermaak nie. Al wat ek wil hê, is 'n maatjie,” sê die mummie. Toe Jan weer sy asem terugkry, sê hy: “Ek sal graag jou vriend wees as jy my nie seermaak nie”. “Hoekom huil jy?”vra die mummie.
slingervel april 2016
“Ek het verdwaal” sê Jan. “Toemaar, ek sal jou help. Ek ken die hele piramide,” sê die mummie. “My naam is Ritsroof,” sê hy. Gelukkig kan die mummie Afrikaans praat. Ritsroof wys allerhande Egiptiese goed vir Jan. Daar is goue kat-beelde, baie geld, selfs diamante. Ritsroof leer selfs vir Jan Arabies praat en Egipties skryf. Toe Jan vir Ritsroof vra hoe oud hy is, is Jan baie verbaas! Ritsroof is tweeduisend jaar oud! Jan is net tien jaar oud. Die beste was toe Ritsroof vir Jan geld aangebied het. Jan het natuurlik ja gesê vir geld. Toe hulle uiteindelik by die deur van die piramide kom, is dit al amper tyd vir Jan om huis toe te gaan. Jan wil nie nou al huis toe gaan nie. Hy en Ritsroof het so baie pret gehad. Jan was drie dae in die piramide! Gelukkig kom hulle weer volgende jaar. Sy ma en pa is al baie bekommerd oor hom. Toe hulle weer in die vliegtuig is, vra Jan se sussie vir hom: “Waar was jy die heeltyd, Jan?” “Dis my geheim,” sê Jan. Toe hulle weer mondeling moet praat vir punte, praat Jan oor Egipte. Hy het Arabies gepraat, maar toe sy juffrou op die rekenaar uitgewerk het wat hy gesê het, het hy 100% gekry vir mondeling. Jan het selfs 'n suigstokkie gekry. Met die geld wat hy by Ritsroof gekry het, het Jan 'n nuwe rekenaar gekoop waarop hy alles van Egipte kan leer. Fluit fluit, my storie is uit! SV
11
Oom Attie Venter
Om spoor te sny, is nie speletjies nie!
L
aat val ’n druppel soeterige stroop of ’n stukkie vleis op die grond of stoep, en gou-gou sal die mini-omgewing daar wemel van miere. Dis al klaar ’n wonderwerk – hoe die nesbewonertjies van die nuutgevonde voedselbron te wete gekom het. Om weer die pad terug nes toe te vind, is net so ’n prestasie, as ’n mens dit so kan noem (lees hieroor verderaan). Dan is daar nog die honderde kilometers wat jaarliks deur vlieërs, hardlopers of swemmers (insekte, voëls, visse, buffels …) afgelê word om goeie redes of geen besondere rede nie.
Wit skoenlappers, bye en sprinkane Dit laat mens onwillekeurig aan insekte se trekgewoontes dink. ’n Bekende voorbeeld is die witjies-skoenlapper (sien foto op bl. 17) wat in groot swerms migreer. Van die meganismes wat dit moontlik maak om koers te kry en koers te hou, is nie veel bekend nie. Hierdie swerms se vliegrigting is van die Kaap tot in die Chimanimani-berge (aan die oostekant van Zimbabwe). Bye en sprinkane vorm ook swerms. Hulle volg die maklikste metode: windaf. Individuele sprinkane vlieg nie in ’n bepaalde rigting nie. Die manier waarop ’n sprinkaanswerm bymekaar bly (wanneer hulle vlieg) is nogal interessant (sien foto op bl. 17). ’n Treksprinkaan hou blykbaar daarvan as hy ander sprinkane naby hom sien. Wanneer hy aan die rand van die swerm kom, sien hy natuurlik net sy maters aan die een kant, en draai dan binnetoe. Die buitekant van so ’n swerm bestaan dan altyd uit individue wat besig is om na die middel van die swerm terug te draai.
Die mens, insekte en krewe Kom ons kyk bietjie na die verskynsel van balans. Wetenskaplikes het natuurlik lankal vasgestel dat daar in die binne-oor van ’n mens ’n orgaantjie met drie halfsirkelvormige kanale voorkom. Daarin is sekere haarselle geleë wat geprikkel word as jy jou kop in ’n bepaalde rigting draai. Hierdie prikkels word in senuimpulse omgesit wat die boodskappe na die brein oordra sodat
slingervel april 2016
jy jou balans kan behou. Ongewerwelde diere, byvoorbeeld waterinsekte, het nie ore nie, dus ook nie binne-ore nie. Hulle gebruik weer lig wat help om met die rugkant na bo te swem. As jy ’n akwarium vol waterkewers in ’n donker kamer sit, en jy skyn ’n lig van onder deur die bodem, sal hulle nie net onderstebo swem nie, maar ook tevergeefs op die bodem probeer asem skep en uiteindelik versmoor. Krewe het weer twee organe wat statosiste genoem word. Dit bestaan uit ’n holte wat met sensitiewe haartjies uitgevoer is. Die jong krefie sit ’n klein, ronde klippie hierin om uit te vind of hy skuins of regop staan.
Was ons die uitvinders van die kunsmatige horison? Naaldekokers maak ook van die balans-deur-lig-beginsel gebruik. ’n Mens kan maar net jou hande in verwondering saamslaan. In die middel van elke oog is daar by hulle ’n ry fasette wat direk aan die beheer van hulle vliegspiere gekoppel is. Hier kom nou
15
die groot verrassing: Hierdie fasette werk soos die kunsmatige horison in ’n vliegtuig se instrumentpaneel: die insek bring sy kop altyd só in lyn met die horison rondom dat dié net mooi oor hierdie fasette val. Omdat sy nek beweeglik is, verhoed niks hom om met sy lyf en vlerke lekker skuins om die draaie te gaan nie.
Miere, bye en ander swerms In die donker gange van ’n mier- of byenes is lig van geen nut vir dié diertjies om vas te stel wat bo en onder is. Hulle moet dus van swaartekrag gebruik maak en wel deur middel van voelhaartjies tussen die kop en borsstuk. ’n By of mier se kop is onder swaarder as bo. As hy normaalweg in die nes beweeg, druk sy ken teen sy bors, terwyl die agterkop teen die borsstuk druk as hy af beweeg. As ’n mens ’n gewiggie aan ’n by se agterkop vasmaak, word bo vir hom onder en onder word bo in die nes.
Navigasie Miere, nes en kos – Hierbo het ek genoem dat sekere insekte meesters is in die navigasiekuns, dit wil sê die vermoë om hulle nes of ’n stukkie kos op te spoor. Miere merk die roete terug nes toe deur ’n spesiale reukstof (feronome) van ’n klier op die punt van die agterlyf op die pad te los. Miere uit die nes volg dan met hulle reuksensitiewe voelers die spoor tot by die bron (bv. ’n druppel soet vloeistof). Elke mier wat kos vind, voeg sy merkers by die reeds bestaandes en só trek ’n dik stroom miere naderhand om te aas wat daar te aas is. ’n Mier kan ’n hele paar jaar oud word en leer die beste weiplekke naderhand goed ken. Sulke ervare werkers lei mettertyd die jong miere op om hulle “goeie voorbeeld” te volg. Selfs na ’n winterslaap van maande onthou ou miere die roetes met groot akkuraatheid. Bye, korf en kos – Soos miere is bye meesters in die kuns van navigasie. Vir ’n klein insek om sy korf te “herontdek” nadat hy ’n paar kilometer ver gevlieg het, is bykomende hulp soos sonlig nodig. Die strale van verafgeleë hemelliggame
16
soos die son en die maan is vir alle praktiese doeleindes parallel. Bye wat só ingestel is dat hulle met ’n vaste hoek teen die helderste ligstrale beweeg, sal dus reguit vlieg. Om met behulp van die son te navigeer, moet die by die son kan sien, al is die lug bewolk. Dit kry sy reg met iets soortgelyk aan ’n gepolariseerde sonbril. Sy kan onderskei tussen gepolariseerde en ongepolariseerde lig. (Gepolariseerde liggolwe is liggolwe waarvan die vibrasies in ’n sekere vlak plaasvind.) Die bye sien dus die son duidelik agter die wolke. Wanneer die verkenner tuisgekom het nadat sy ’n belowende blombedding ontdek het, wag daar ’n paar belangstellendes om te sien wat die aankomeling te “sê” het. Dan begin sy dans terwyl die toeskouers haar aangaap. Te oulik wikkel sy haar lyfie. Die by se vertelling bestaan uit ’n kode wat nogal ingewikkeld vir so ’n klein diertjie is. Die ontdekker hiervan is die Nobel-pryswenner Karl von Frisch wat talle en talle eksperimente met bye gedoen het voordat mense hom wou glo! Hier volg ’n vereenvoudigde beskrywing van ’n by se boodskap: Sy voer nou een van twee danse uit – x Die reidans as die bron nader as 90 m van die nes af is. Die verkenner draai afwisselend kloksgewys en antikloksgewys in die rondte. Dié dans dui net die afstand na die bron. Die rigting word bepaal deur die reuk van die nektar of stuifmeel wat aan die verkenner se liggaam bly kleef. Die draers volg dan die reuk (sien die foto’s op bl. 17). x Die kwispeldans word in die vorm van die syfer 8 gedoen. Wanneer die by op die middellyn kom wat deur die middelpunt van die 8 loop, kwispel (wikkel) die boodskapper met haar agterlyf. Hoe vinniger die wikkelbewegings, hoe nader die kos. Die hoek wat die dansrigting met die rigting van die swaartekrag maak, gee die hoek aan wat die rigting na die voedselbron maak met die rigting van die son. HOE’S DAAI! SV
slingervel april 2016
die witjies-skoenlapper
swerm sprinkane
kwispeldans – rigting van die son slingervel april 2016
kwispeldans – syfer 8 17