in hierdie uitgawe ... 3
Redakteursbrief
4
Verjaardaghoekie
Oplossing
7
HAGGAI –
Die diere in die ark
8
14 HAGGAI –
Blokkiesraaisel
15 Wat kan ek lees?
Die rooi draad (7)
18 Interessant – Die
12 HAGGAI Woordsoek 13 Die verlore seun
tabernakel 20 Gesalfdes van die Here
Slingervel, Jaargang 57 Nommer 970, Augustus 2015
A
s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660
REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522
Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za
Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462
MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Ina Gous
Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 57, Nommer 970, Augustus 2015 ISSN 0037 685 X
2
slingervel augustus 2015
Redakteursbrief Beste maats
A
ugustus. Miskien het julle al gehoor dat die wind vreeslik in Augustus waai. Kyk net hoe wonderlik het God alles geskep. Augustus het die laaste regtige winterdae, en dan kom die wind en waai al die dooie blare weg. In my tuin het die wind verlede Augustus nog 'n paar takke in die bome ook gebreek. Toe besef ek: dis ook die manier waarop die Here die dooie en swak takke uit die bome “snoei”. Dié van julle wat vrugtebome het, sal ook weet dat ons gewoonlik in Julie of Augustus snoei. So word die ouer en swak takke uitgesny sodat die bome ook goeie vrugte kan dra. Jesus gebruik hierdie selfde beeld in Johannes 15. Hier vergelyk Jesus die kerk ook met 'n boom, spesifiek 'n druiwestok. In die Bybel se tyd het almal dit geken. Almal het ook geweet: as jy dit nie mooi versorg en die dooie takke uitsny nie, gaan jy nie goeie druiwe kry om wyn en rosyntjies mee te maak nie. In die kerk is ook mense wat nie lewe soos die Here wil hê ons moet leef nie. Die ouderlinge in die kerk stuur die Here om gereeld te kom huisbesoek doen. Een van die sake wat bespreek moet word, is juis of ons hele gesin lewe soos die Here sê – goeie vrugte dra. Soms is daar maar dooie blaartjies en die bas wat moet weggevat word sodat ons net beter vrugte gaan dra. Soms is daar mense wat nie wil luister vir die Here nie. Dan moet hard gepraat word met hulle. Ons praat van die “kerklike tug”. As hulle glad nie vir die Here wil luister nie, word hulle uitgesny. Dan sien ons wat Jesus ook in Johannes 15 sê: hulle word bymekaar gemaak en verbrand. Daardie dun druiwetakkies kan nie gebruik word om enigiets mee te maak nie. Dis nie eers goeie kompos nie! So maak die Here ook ons kerk skoon sodat ons reg kan leef en werk. O ja! Augustus is vernoem na keiser Augustus van wie ons lees in Lukas 2:1. Groete tot volgende maand!
slingervel augustus 2015
3
Oom Hennie
HAGGAI – blokkiesraaisel
Maats – kom ons blaai bietjie deur Haggai. Ná die volk uit ballingskap teruggekeer het, was hulle baie traag om die tempel te herbou en het al hulle tyd spandeer om hulle eie huise mooi te maak. Voltooi die blokkiesraaisel en gebruik dan julle antwoorde om die Woordsoek te voltooi.
Dwars 5. Die Here gaan dit omgooi (2:22) 6. Trek dit aan, julle sal nie warm word nie (1:6) 7. Hiermee het die Here die volk se handewerk getref (2:17) 9. In hierdie maand het hulle begin om die huis van die Here te herbou (1:15) 11. Hier bêre mens die saad (2:19) 12. Koning van Persië (1:1) 14. Hiermee het die Here die volk se handewerk getref (2:17) 15. Hulle moet 'n vraag van die Here antwoord (2:11) 19. Die volk sê dis nie tyd om hierdie te herbou nie (1:2) 20. Hy sit sy geld in 'n stukkende beursie (1:6) 21. Al drink julle, julle bly só (1:6) 25. Só het die orige tempel gelyk (2:3) 26. Kan vleis (aan die Here gewy) dit ook gewy maak? (2:12) 27. Gaan haal dit op die berg (1:8) slingervel augustus 2015
Af 1. Hiermee het die Here die volk se handewerk getref (2:17) 2. Die Here gaan dit laat bewe (2:6) 3. Die Here gee dit in die tempel (2:9) 4. Die Here gaan dit omgooi (2:22) 5. Die Here gaan dit laat bewe (2:6) 6. Omdat daar droogte is, dan dit nie groei nie (1:11) 7. Dit hou die reën terug (1:10) 8. Hieruit skep hulle het hel e van die wyn (2:16) 10. Hiermee sal die nasies na die Here kom (2:7) 13. Die Here gaan Serubbabel dit maak (2:23) 16. Tot die dag wat die fondamente gelê is, het hulle nie gedra nie (2:19) 17. Serubbabel was hier goeweneur (1:1) 18. So is elke o er wat die volk aan die Here bring (2:14) 22. Dit behoort aan die Here (2:8) 23. Dit behoort aan die Here (2:8) 24. Hy was hoëpriester (1:1) 7
Oom Hennie
HAGGAI – Woordsoek
oplossing op bladsy 14
12
slingervel augustus 2015
Oom Hennie
HAGGAI – Oplossing
14
slingervel augustus 2015