Slingervel januarie 2016 lusmaker

Page 1


in hierdie uitgawe ... 3 4 8

Redakteursbrief Verjaardaghoekie Slingervelvoorbladkompetisie 9 Soek die verskille - Die verlore seun 10 Die rooi draad (slot) 13 Oplossing - Soek die verskille Verbind die kolletjies Wie pas die skat op?

14 Sagaria 1-7: Blokkiesraaisel 15 Sagaria 1-7: Woordsoek 16 Sagaria 1-7: Oplossings van blokkiesraaisel en woordsoek 17 Kinders in die Bybel 18 Wat kan ek lees?

Slingervel, Slin ingervvel Jaargang Jaarrgaang 57 57 Nommer 974, Januarie 2016

A

s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660

REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za

Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522

Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za

Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462

MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Ina Gous Oom Hennie

Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986

Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 57, Nommer 974, Januarie 2016 ISSN 0037 685 X

2

slingervel li l jjanuarie i 2016


Redakteursbrief 2016! Prediker 3 sê dat daar ’n tyd is vir alles. Op die kalender staan dat dit 2016 is en dat dit ’n nuwe jaar met nuwe dinge is wat gaan gebeur. Soos ek in ’n vorige Slingervel vir julle geskryf het, het die Here ná die sondvloed seisoene ingestel. Nou is dit somer, een van die dae herfs, dan winter en lente. Ons lees in die Bybel dat hulle al ’n kalender gehad het. Die eerste dag van die Joodse kalender was die skepping (volgens die Jode se berekening). Die begin van die godsdienstige jaar is met Paasfees, omdat die Here dit so beveel het. Die skole begin 13 Januarie 2016. Op die Joodse kalender is dit die 3e Sh’vat, 5776. Ons kalender werk al van 1581 af. Dis nou nie verskriklik belangrik oor hoe hulle die dae en jare bereken het nie, maar algaande het hierdie kalender ook maar klein aanpassinkies ondergaan. Met die vasstelling van die Kalender is daar basies drie dinge in die natuur wat belangrik is: x Die aarde neem ’n sekere tyd om om sy eie as te draai – en dis nie presies 24 uur soos jy dink nie – dit kan ’n sekonde of wat stadiger wees. x Die maan draai om die aarde. Rofweg neem dit 29½ dae, maar dis ook nie tot op die sekonde waar nie. x Die aarde draai om die son. ¾ Die gemiddelde jaar is 365,2425 dae = 52,1775 weke = 8 765,82 uur = 525 949,2 minute = 31 556 952 sekondes. ¾ ’n Gewone jaar is 365 dae = 8 760 uur = 525 600 minute = 31 536 000 sekondes. ¾ ’n Skrikkeljaar is 366 dae = 8 784 uur = 527 040 minute = 31 622 400 sekondes. Nou weet julle dat vanjaar ’n skrikkeljaar is, en daar is elke keer wanneer die eeu verander (soos 1800, 1900 en 2000) nie ’n skrikkeljaar nie, anders raak die datums verkeerd. Maats – dis iets vreesliks! Mense wat hierdie dinge tot op die sekonde konnde uuitwerk. ititwerrk Watt vir oons ns belangrik is, is wat ons lees in Psalm 31:16: My tye is in u hand. Elke sekonde sorg die Here vir elke kind van hom. Een sekonde gaan niks verander nie. Die Here is in beheer! Groetnis

slingervel januarie 2016

3


Maats, Ons wil graag hê julle moet ons help. Ons wil mooi prente of foto’s hê wat ons gaan gebruik vir die Slingervel se voorblad. Ons gaan vir jou 'n boek stuur as ons jou prent of foto gebruik. Kyk bietjie na die boeke waarvan ons julle vertel het in ons Boekeblad (“Wat kan ek lees?”). Ons gaan ons bes probeer om een vir jou in die hande te kry. Stuur so drie boektitels. Stuur dan sommer ook jou foto saam, dan kan die maats sien wie die kunstenaar of fotograaf is. As jy nie self kan nie, vra iemand om jou te help en e-pos die foto/prent aan slingervel@gksa.co.za

Sluitingsdatum: 31 Maart 2016

8

slingervel januarie 2016


Uit: Die lewe in Bybelse tye. 2001. Lux Verbi.BM

slingervel januarie 2016

17


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.