in hierdie uitgawe ... 3 4 6
Redakteursbrief Verjaardaghoekie Junie Help die skaap om by
21 SEFANJA – oplossing Vrae oor kos in die Bybel
haar lammetjie te kom Verjaardaghoekie Julie
22 Doolhof – God Drie-enig 23 Hoekom is 'n minuut in 60
7 1 10 Die rooi draad (6) 1 14 Dis weer onweer!
Slingervel, Jaargang 56 Nommer 969, Jun/Jul 2015
visse reën?
1 17 SEFANJA – blokkiesraaisel 1 18 SEFANJA – woordsoek 1 19 Inkleurprent – die verlore skaap 20 Kan dit werklik paddas en
sekondes ingedeel ...? 24 Selfone en die Internet 26 Jesus genees die lam man 27 Inkleurprent – die verlore muntstuk 28 Wat kan ek lees? 32 Waar in die wêreld?
A
s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660
REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za
Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za
MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Ina Gous Rialette van Wyk Francois van Wyk Oom Attie Venter
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522 Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462
Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 56, Nommer 969, Junie/Julie 2015 ISSN 0037 685 X
2
slingervel jun/jul 2015
redakteursbrief Maats,
D
ie jaar is halfpad! Ons ouer mense dink dat die jare al vinniger en vinniger verbygaan. Tog draai die aarde elke jaar maar teen dieselfde spoed om sy eie as. Ek dink: hoe besiger ’n mens is, hoe vinniger gaan die tyd verby. Tog is dit goed as ’n mens rus ook. Ons is gewoond aan 5 dae werk en dan die naweek – twee dae. In die tyd van die Bybel – en luister maar as die wet van die Here gelees word – ses dae moet jy arbei. Geen vakansie nie. Net die Sabbat, een dag, en dan weer werk. Dit klink erg, tot ons onthou dat hulle ses jaar gewerk het, en die sewende jaar nie gewerk het nie. Daardie jaar moes die grond rus en daar nie geplant word nie. Dink net – ’n hele jaar rus! Klink dit lekker? Hoe voel jy aan die einde van ’n lang vakansie? Kom ons maak die sommetjie. Ses jaar met net 52 dae af. Dit is 312 dae. Tel nou die 365 dae van die Sabbatsjaar by en dis 677 dae vakansie. Hoe lyk pa en ma se vakansie? Dit is 15 werksdae per jaar – dus 105 dae oor sewe jaar. Sewe jaar se naweke is 749 dae – en ’n totaal van 854 dae. Ons het dus baie meer vakansie as die kinders in die Bybelse tyd. Julle sal sien dat hierdie ’n dubbele uitgawe is. Ons sit bietjie meer in vir die wintermaande en die vakansie. ’n Ander rede is dat ons eintlik bietjie sukkel om die Slingervel betyds by julle te kry. Soms is dit amper die einde van die maand voor ons eers daardie maand se uitgawe kry. Die ergste is dat driekwart van ons Vellies dan al verjaar het!
VRAE Ek het op Whatsapp twee vrae gekry: x Margie Marx wil weet waar sy die boeke kan kry wat ons in die Slingervel resenseer. Antwoord: Margie, die meeste goeie boekwinkels bied jou die boeke aan. By die titel van die boek sal jy ook sien waar die boek is en wat dit kos. In die Mei-uitgawe was die volgende resensie:
x Rika le Roux het ’n baie interessante vraag gevra: As mens jou sonde bely, word jy vergewe. Maar daar staan ook as ons iemand se sonde vergewe, word dit vergewe. As jy dit nie vergewe nie, dan is dit nie. Hoe gebeur dit nou? Antwoord: Rika, een van die belangrikste reëls as ons Bybel lees, is dat ons dit in konteks lees. Dit beteken dat ons die hele gedeelte moet lees om te kyk wie sê iets,
hoekom dit gesê word en wat die boodskap is. Ons moet ook oppas om nie verse of gedeeltes sommer saam te lees as dit nie saam hoort nie. Die eerste saak is: Hoekom word ons sonde vergewe? Ons moet onthou dat ons sonde net om een rede vergewe word, en dit is omdat God dit wil vergewe omdat Jesus vir ons sonde gesterf het. Net God kan sonde vergewe. Nou is dit so dat jy na Matteus 16 en 18 verwys, waar daar van die sleutels van die hemel gepraat word, waar daar oopgesluit en toegesluit word. In albei hierdie gedeeltes is dit nie ’n mens wat kan oop- en toesluit nie, maar die kerk, die gemeente. In Matteus 16 volg hierdie opdrag op die belydenis van Petrus, gegrond op die feit dat die kerk glo dat Jesus die Christus is, met ander woorde die Verlosser en Saligmaker. As iemand wat bely dat Jesus sy Verlosser is, met ander woorde sy sonde vergewe het, ’n sonde doen, moet hy tereggewys word. Matteus 18:15-20 spel presies uit hoe dit gedoen moet word. Hier gaan dit nie oor een mens wat die mag het om sonde te vergewe (of nie te vergewe nie), maar dat die gemeente namens God moet optree. Ons moet ook nooit vergeet wat in Matteus 6:14 en 15 en Matteus 18:35 staan nie: As jy nie bereid is om iemand anders te vergewe nie, kan jy nie verwag God moet jou sonde vergewe nie.
Maats, ek groet julle tot volgende keer! Oom Hennie sslingervel lingervvel jun/jul jun/ /jul 2015
3
Oom Attie Venter
Dis weer onweer! T
oe ons as kindertjies nog baie jonk was, het ons op ’n plaas gebly waar die onweer ontsettend hard kon slaan. Dan het ons maar die huis ingehardloop en aan ons ma se rok vasgeklou. Teen daardie tyd het Mammie lakens oor al die spieëls gegooi en skêre en ander blink metaalvoorwerpe in laaie weggebêre. Deure, venters en gordyne moes toe. Elkeen van ons het seker ’n stille gebedjie opgesê en gehoop op die beste. Vandag nog neem ek niemand kwalik wat hom asvaal skrik as die wolke sulke magnesiumflitsfoto’s van die wêreld neem en die donderslae in jou oordromme bars nie!
Lees hoe ervaar Dawid die donderweer in Psalm 29: Buig voor die Here by sy heilige verskyning! Die stem van die Here weerklink oor die waters. Dit is die magtige God wat die weer laat dreun, die Here self op die groot waters! Die stem van die Here is magtig … vol majesteit … kloof die seders van die Libanon oop. Hy laat die Libanon bokspring soos ’n kalf … (Ps. 29:2-6).
Stem van die Here in die natuur nthou ’n bietjie dat as die Here die natuur gebruik om Hom aan ons te openbaar (bekendmaak), Hy dit op verskillende maniere kan doen, byvoorbeeld deur die skoonheid (mooiheid) van ’n blom of sonsondergang, die ingewikkelde bou en werking van plante- en diereliggame, hoe die seisoene mekaar opvolg sodat mense, diere en plante in hulle groot verskeidenheid (biodiversiteit) kan voortbestaan. Ons kan dit alles in ’n sekere sin beskou as die stem van die Here omdat dit die manier is waarop die Skepper met ons praat sodat ons Hom beter kan leer ken. Maak julle sintuie oop sodat julle daardie stemme kan opvang!
O
Hier word nog ’n manier beskryf hoe die Here Hom in die natuur openbaar. Dawid sien die onweer, weerlig, reën en watervloede as God se stem wat ons almal met ontsag vir Hom vervul. Almal kom onder die indruk van die Here se mag sover as wat die onweer trek. Oor dié groot mag van die Here kan julle ook Psalm 105:20-45 en Psalm 114:3-8 lees. 14
“Staccoto Lightning” by Gri nstorm - Own work. Licensed under CC BY-SA 4.0 via Wikimedia Commons - h p://commons. wikimedia.org/wiki/File:Staccoto_Lightning.jpg#/media/ File:Staccoto_Lightning.jpg
slingervel jun/jul 2015
Hoe ontstaan weerlig? ou nou net in gedagte wat jy hier gelees het terwyl ons verder gesels. Vir myself het die donderslae altyd saans en snags harder as in die dag geklink. Iemand het nogal ’n vraag in dié verband aan geleerdes gevra, en hulle het in ’n radioprogram geantwoord dat daar eintlik geen verskil is nie. Die klank is net angswekkender in die nag omdat ’n mens maar van nature banger in die donker is, en ook omdat daar nie veel ander geluide is wat op jou ore val nie. Donderweer word meestal deur stapel(cumulus-)wolke gevorm. Dié wolke, veral in die binneland, in die somer wanneer die aardoppervlakte redelik warm word, koel die lug af sodat die vog kondenseer om meer wolke te vorm. As die son sak en daardie bron van hitte gaan weg, hou die stapelwolke nog aan met groei. Die druppels in die wolke gee ook hitte aan die omringende ruimte af. Dit koel die wolkoppervlakte af sodat die lug swaarder word en na benede daal. Dit word weer deur warmer lug vervang. As gevolg van hierdie bewegings word die waterdruppels in die wolk van mekaar
H
geskei en op ander plekke saamgevoeg. Hierdie op- en afwaartse lugstome en geweldige onstuimigheid in die wolke lei tot die skeiding van positiewe en negatiewe elektrisiteit. Positiewe ladings bou gewoonlik op in die boonste deel van die wolk en die negatiewe ladings in die onderste deel. As die elektriese spanning in ’n wolk hoog genoeg word, kan weerlig ontstaan deurdat die elektrisiteit soos in ’n vonkprop spring na die naaste plek waar die ladings geneutraliseer kan word. Dan sien ’n mens ’n verblindende lig wat die lug langs ’n kronkelpad deurklief óf na die aarde óf skuins na ’n ander wolk. (Tussen die aardoppervlakte en ’n punt 50 000 m hoog kan ’n spanningsverskil van 400 000 volt wees! Die stroomsterkte is maar ongeveer een biljoenste van ’n ampére per vierkante meter, beweer ’n skrywer in Wêreldspektrum.) Die gedreun en donderende slae word veroorsaak deur die geweldige kompressiegolwe wat ontstaan deur die skielike geweldige verhitting van die lug al langs die blits se pad.
BEVEILIG mdat weerlig so onvoorspelbaar, onverwags en kragtig is, kan ’n mens nie regtig daarteen gewaarsku word nie. Dit is ’n verskynsel wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. ’n Mens behoort egter bewus te wees van sekere veiligheidsmaatreëls wat in ’n groot mate (nie 100% nie!) doeltreffend is. Daardeur kan jy die risiko’s wanneer jy so ’n donderstorm teëkom, baie verminder. Let op die volgende: x Groot strukture, soos geboue wat ’n paar verdiepings hoog is, is aansienlik veiliger om in te skuil as klein, alleenstaande geboue. Ons lees gereeld van gevalle in plattelandse gebiede waar een of meer mense deur weerlig getref word. ’n Voertuig wat van metaal gemaak is, is ook veiliger, byvoorbeeld motors, vragmotors. Vensters moet toe wees. Vermy oop gebiede, asook bome, kragpale en metaalheinings. Weerlig is lief om krieketen gholfspelers raak te piets terwyl hulle na die klubhuis verkas. Indien moontlik, gaan lê in ’n voortjie of holte sodat jou kop nie die hoogste punt in die omgewing is nie. Bly weg van water in swembaddens, damme en riviere. Binne-in geboue moet ’n mens versigtig wees vir telefone en van storte wegbly. Dit is strukture wat in verbinding is met die wêreld daarbuite waar die storm woed!
O
x x x x
slingervel jun/jul 2015
15
Tekens s jy die weerlig sien en jy hoor die donderslae, kan jy maar begin om voorsorgmaatreëls te tref. Hoe meer gereeld en hoe harder die knalle wat op mekaar volg, hoe groter die gevaar. Die klankgolwe van die donderslae beweeg taamlik stadig – rofweg 1 km in 3 sekondes. As jy die sekondes tel tussen die weerligstraal en die eerste klank van die donderslag en dit deur 3 deel, weet jy hoeveel kilometer ver die weerligstraal van jou af neergeslaan het.
A
NOG INTERESSANTE FEITE Navorsers in die VSA het bevind dat x ongeveer 45% van ongevalle wat deur weerlig veroorsaak is, op oop gebiede, byvoorbeeld sportgronde, plaasvind; x 23% waar mense onder bome skuil; x waterverwante aktiwiteite, byvoorbeeld swem, hengel – 14%; x 5% plaas- en konstruksievoertuie wat oop is; x 1% onder mense wat radio’s en ander dergelike toerusting gebruik. (Bron: Radio Pretoria) Dit is gerusstellend om te weet dat weerligafleiers deesdae standaardtoerusting op hoë geboue is.
Moenie skrik as jy hier lees nie! x ’n Weerligstraal kan van 60 meter tot 30 km lank wees x en wel teen ’n snelheid van 145 km per sekonde beweeg (’n ander bron praat van 160-140 000 km per sek.) x Dit is só vinnig dat die menslike oog nie kan sien dat die straal eintlik van die grond na die wolke beweeg nie! x Die geweldige vonk wat ontstaan, kan ’n temperatuur van 30 000oC bereik – omtrent ses maal warmer as die oppervlakte van die son. x Op enige gegewe tydstip woed daar omtrent 1 800 donderstorms regoor die wêreld, wat ± 6 000 blitsstrale teweegbring. (Bronne: Why in the world en Reader’s Digest Book of Facts) SV 16
slingervel jun/jul 2015
Francois van Wyk
Selfone en die Internet H
ierdie is die derde deel in die reeks oor hoe 'n selfoon werk. Vandag gaan ons kyk na die internet.
Met die internet werk alles in pakkies. 'n Pakkie is kombinasie van 8 bits en ons noem dit 'n byte. Aan die begin van die Internet kon jy met bits gewerk het, maar soos tegnologie verbeter het, het daar aanpassings ingekom: • Daar is 1024 bits in 1 kilobits (Kb) • Daar is 1024Kb in 1 MegaBit (Mb) Internetspoed word gemeet word in bits per sekonde (bps). Verskillende selfone en diensverskaffers toon dit soos volg aan:
Soos ons verlede keer gesien het hoe 'n selfoonoproep werk, het die internet dieselfde idee.
protocol)-adres genoem; dit kan 'n 12karakter nommer wees of 'n 16-karakter nommer.
Alles wat mens op die internet kry – of dit facebook of google is – word op groot databanke gestoor. 'n Databank (server) is basies 'n rekenaar met baie stoorspasie. Microsoft sit tans met net oor 'n miljoen databanke en Google het oor die 2.5 miljoen databanke (sien foto’s op die bladsy hier langsaan).
Ons kan egter nie al die nommers onthou nie. Om hierdie probleem op te los, is daar 'n sisteem ontwikkel wat hulle DNS (Domain Name System) noem. As jy dan 'n webbladsy intik, byvoorbeeld www.ssplus.co.za, gaan soek jou internetverskaffer (Telkom, MTN of Vodacom) die naam in hulle eie DNSlys. As dit nie daar is nie, konnekteer dit aan ander DNS’e en soek deur hulle lyste tot die IP-adres gekry word. Dit word dan by hulle lys gevoeg. Dit is waarom dit
Elkeen van die databanke het 'n nommer wat jy kan gebruik om by hulle uit te kom. Die nommer word 'n IP (internet 24
slingervel jun/jul 2015
gewoonlik so lank neem as jy die eerste keer na 'n webadres besoek. Nou is die nommer van die databank (ons GKSAwebwerf is byvoorbeeld 54.236.189.64) op jou foon en kan jy aan die databank konnekteer om informasie af te trek en dit aan jou te vertoon.
-
Waar gebruik jy die Internet baie? Kom ons kyk na Whatsapp. As jy 'n boodskap stuur aan iemand, konnekteer jou foon aan die databank en laai die boodskap daar op. Dit is wanneer die eerste regmerkie verskyn. Jou boodskap is nou in die databank. Whatsapp werk die hele tyd in die agtergrond en vra die databank vrae:
-
sslingervel lingervvel jun/jul jun/ /jul 2015
-
Tik iemand vir my 'n boodskap? As die databank “ja” sê, sien jy aan die bokant “typing ...” Is daar enige boodskappe vir my? As “ja”, laai die boodskap op jou foon. Is die boodskap wat ek gestuur het, al gekry? As “ja”, sit die tweede regmerkie by. Is die boodskap wat ek gestuur het, gelees? As “ja”, maak die regmerkies blou.
Dit is die konsep waarop al hierdie tipe programme werk. In die laaste van hierdie reeks artikels gaan ons kyk na ander funksies van 'n selfoon, soos GPS en die raakskerm. SV
25