Slingervel maart 2016 lusmaker

Page 1


in hierdie uitgawe ... 15 Inkleurprent:

3

Redakteursbrief

4

Verjaardaghoekie

Die barmhartige

8

Slingervel-

Samaritaan

voorbladkompetisie 9

Soek die verskille

10 Die avonture van Nellie en Gertjie (2) 12 Ampsgewaad

16 Soek die verskille – oplossing 17 Waar in die wêreld kry ons woestyne? 18 Wat kan ek lees?

14 Ouma en Oupa Slingervel, Jaargang 57 Nommer 976, Maart 2016

A

s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660

REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za

Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za

MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Rika du Plessis Rialette van Wyk Tannie Ingrid Oom Kobus van Tonder

Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522 Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462

Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986

Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 57, Nommer 976, Maart 2016 ISSN 0037 685 X

2

slingervel li l maart 2016


Redakteursbrief Hello Vellies! k luister nou een oggend na oom Kobus van der Walt wat op RSG op 'n Saterdagoggend praat oor omgewingsake. Dit gaan nou oor die natuur en alles wat in die land in die natuur aangaan. Was dit nou interessant toe hy vertel het wat reënwater sou kos as 'n mens dit moes koop.

E

Vir dié van julle wat op plase bly: as jou pa 10 mm reën op die 1000-hektaar plaas moet koop, sou dit hom R2 500 000.00 gekos het. Dis vreeslik baie geld. Hier in die Noordwesprovinsie waar ek woon, is die gemiddelde reënval 350 mm per jaar. Dit is R87 500 000.00 per jaar!

ons sorg. Wat beteken dit as jy een dag gesond is? Toe ek nou die dag dokter toe is, kos dit my R300.00 net vir die dokter, en die medisyne R200.00. Nou dink ek dat elke dag wat ek gesond is, die gesondheid wat die Here my gee, R500.00 is. Dis R182 500.00 per jaar – wat 'n motor elke jaar is... Maats, so kan ek aangaan en aangaan en aangaan. Julle betaal dit nie uit julle sakgeld nie – maar jou pa sou dit moet betaal. Hy hoef egter nie, want die Here gee gesondheid. Hoe sê ons vir die Here dankie? In die eerste plek op ons knieë – bid en sê dankie. Tweedens kan ons ook by die kerk saam met die gelowiges bid en dankie sê. Derdens kan 'n mens vir die Here 'n geldjie gee! Ons gee kollekte in die kerk, en ons gee kerklike bydrae. Anders as Jan Taks het ons nie 'n vaste bedrag wat ons moet betaal nie. Ons moet slegs besef: Die bedrag sê hoeveel ek dankbaar is omdat die Here my versorg het. Groetnis tot volgende keer!

Vir julle wat in die dorp woon: 'n Gewone erf is 1 000 m2. Dit beteken dat 10 mm reën jou pa R2 500.00 sou kos, en twee jaar se reën beteken dat jou vir jou jou eie klein motortjie kon koop! Dit is net een van die maniere waarop die Here vir slingervel maart 2016

3


Tannie Ingrid

Ouma en Oupa Hallo ou Vellies, nuwe Vellies en klein Velletjies! andag wil ek vir julle ’n regte egte ouma-storie vertel. Ek kan net sien hoe party van julle sug … oumas en oupas is dan stokou mense sonder tande, mense wat oopmond met pienk tandvleise snork as hulle slaap en na kamferroom en vicks ruik, en wat jy moet soen as jy hulle groet terwyl jy tot in jou tone toe gril. Wie wil nou ’n storie van hulle hoor? Ons ander Vellie-maats weer sal beslis sê aikona, oupas en oumas is die allerliefste mense onder die son, dis iemand by wie mens stilletjies kan gaan kla as ma of pa onnodig raas en oumas ruik na rooswater en babapoeier, terwyl oupas vir mens moerbeie pluk en die eerste kuikentjies gee om vas te hou. So dink elk van ons verskillend oor oupas en ouma, nè? Luister gou eers nou na die volgende storie voor ons verder gesels: Ouma Mart (skuilnaam) het in ’n klein kamertjie in ’n ouetehuis gebly. Sy was 83 jaar oud en het geen kinders gehad nie. Soms het ’n veraf familielid haar besoek, maar meestal was sy stoksielalleen. Ja, die ouetehuis se personeel het daagliks by haar ingeloer om te hoor hoe dit met haar gaan, maar hulle was so besig om ook die ander oupas en oumas te versorg dat hulle nooit lank kon gesels nie. Ouma Mart self het ook nie graag by die ander inwoners in die ouetehuis gekuier nie, hulle het hulle families en kinders gehad wat kom kuier het en sy wou nie hulle pla nie. Uiteindelik is sy toe oorlede. In haar laaitjie by haar bed het ons op die dag van haar dood op ’n ou ver enterde stukkie toiletpapier afgekom waarop sy geskryf het: “Kan ek groot asseblief na ’n ander kamer toe skuif, ek is so eensaam.” In haar kas het ons haar poppe gekry – groot en klein, ’n klomp gebreide speelgoed en gehekelde kleertjies vir al die poppe. Ouma Mart se storie, liewe Vellies, is ’n ware storie en een van baie soortgelykes wat ouetehuispersoneel vir julle sal kan vertel. Kan julle dink hoe eensaam mens régtig diep in jou hart is as jy na ’n ander kamer toe wil skuif sodat jy darem net mense wat verby jou kamerdeur loop, kan sien? Kan julle dink hoeveel dae sy moes gewens het haar poppe kon met haar praat, kon armpies om haar nek gooi en vir

V

14

haar sê hulle is vir haar lief, kon saam met haar lag oor klein ou dingetjies? Hoe erg moet dit vir mens wees as jy voel dat jy niemand in die lewe het wat vir jou omgee nie? Soos ek julle ken, vra julle seker nou, in egte Vellie-gees, wat kan júlle doen om ’n verskil te maak in ons weesoumas en -oupas se lewens in die ouetehuise, nè? Daar is so baie om te doen! Betrek byvoorbeeld julle onderwysers en begin ’n aanneemoupa en -ouma skoolprojek, stig onder mekaar ’n klub waarin julle beurte maak om die ouetehuis gaan besoek, gaan loer sommer na skool saam met ma of pa in by die ouetehuis en kry die name van al die weesoumas en -oupas. Gaan kuier as julle kans kry so paar minute by hulle, ek kan julle belowe hulle sal jul geselskap en skoolmanewales terdeë geniet. Maak vir hulle verjaarsdagkaartjies, los vir hulle ’n boodskappie by Ontvangs – daar is soveel moontlikhede! Kom ons maak 2016 die jaar van omgee vir ons oupas en oumas! SV slingervel maart 2016


Rialette van Wyk

Waar in die wêreld kry ons ... WOESTYNE

ns lees baie in die Bybel van woestyne – ons lees baie kere hoe die Here sy volk toets in die woestyn. Ons gaan in die volgende paar maande lees van verskillende woestyne en dan ook kyk waar in

O

die Bybel hoor en lees ons van die woestyn. Dit is belangrik dat ons weet wat is 'n woestyn: Dit is 'n groot area wat baie dor is. Omdat daar baie min reënval is, kan daar nie baie plante groei en nie baie diere lewe nie. Kan julle dink aan enige diere wat wel daar kan leef? Dink bietjie daaroor, dan bespreek ons hulle volgende maand! Die temperatuur wissel baie in woestyne – in die dag is die son baie warm en die lug baie groot, die fyn sand hou nie baie hitte nie, net soos by die see, as die sand jou voete brand, dan kan jy die boonste lagie wegskop en dan is die sand koeler, net so is dit ook in 'n woestyn. Omdat die sand nie baie hitte hou nie, raak dit sommer baie vinnig koud sodra die son sak, en dan word dit bitter koud. Hierdie uiterstes maak dit byna onleefbaar vir mense. Ons gaan in die volgende paar uitgawes praat oor 'n paar woestyne – die Kalahari is naby ons, die Sahara-woestyn, om mee te begin. SV slingervel maart 2016

17


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.