in hierdie uitgawe ... 3
Redakteursbrief
4
Verjaardaghoekie
8
Slingervel-voorbladkompetisie
9
Semafoor
10 Die avonture van Nellie en Gertjie (4) 12 Buitengewone troeteldiere 14 Die ietermago – 'n skaars, unieke dier 16 Waar in die wêreld? Slingervel, Jaargang 57 Nommer 978, Mei 2016
17 Inkleurprent 18 Wat kan ek lees?
A
s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 084 551 2107, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660
REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522
Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za
Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462
MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Rika du Plessis Oom Attie Venter Rialette van Wyk Oom Hennie
Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 57, Nommer 978, Mei 2016 ISSN 0037 685 X
2
slingervel li l meii 2016
oe ko m ?
Redakteursbrief
H
Dagsê Vellies!
M
W a
eimaand. Ons is nou al in die tyd wanneer dit langer donker is as lig in die dag. So stadig maar seker kruip die winter nader en een van die dae moet ons dik klere aantrek. Hoe gaan dit met die skool? Ai, huiswerk en opdragte is nie aldag lekker nie. Ek het elke week die Graad 7 klas vir ’n Bybelperiode. Sjoe, maats – ek wonder of al die kinders so min weet van die Bybel! Ja, hulle weet van Adam en Eva, hulle weet van die 10 plae in Egipte, maar hulle weet min hoekom dit gebeur het en hoekom dit in die Bybel opgeteken is. Weet julle wat is baie belangrike woorde? “Hoekom?” en “Waarom?” As julle iets lees of hoor, en iemand sê iets, vra: “Hoekom?” Byvoorbeeld: Ons lees by die kruisiging van Jesus dat die twee misdadigers se bene gebreek is, sodat hulle van die kruise afgehaal kon word voor die aanbreek van die Sabbat. Hier word ’n rede gegee, maar daar is twee “hoekoms” wat ons kan vra: “Hoekom die bene breek?” en: “Hoekom voor die aanbreek van die Sabbat?” Tweede vraag eerste: Ons moet onthou dat die Sabbat Vrydagaand sononder tot Saterdagaand sononder geduur het. Dit was ook die Paasfees. Hulle wou nie gehad het dat as die mense Saterdag doodgaan, hulle gedwing word om die liggame van die kruis af te haal nie. Eerste vraag: Ons besef nie altyd dat die rede vir ’n kruisdood versmoring van die persoon is nie. Die gekruisigde het doodgegaan omdat hy nie asem kon kry nie. Verder het mense soms dae lank aan die kruis gehang voordat hulle dood is. Daarom het hulle Pilatus gevra dat hulle bene (Engels “legs”) gebreek word sodat hulle nie hulleself kon opstoot om asem te kry nie. Maats – as julle dus iets in die Bybel lees, vra bietjie: “Hoekom is dit in die Bybel geskryf?” As Pappa of Mamma nie kan antwoord nie, vra die dominee, of stuur vir ons die vraag sodat ons die antwoord kan gee in die Slingervel. Ek dink nie dat daar enige iets in die Bybel geskryf is sonder rede nie. As jy nie die rede verstaan nie, vra. Groete tot volgende maand!
a r o m
?
slingervel mei 2016
3
Oom Hennie
SEMAFOOR Maats, andag wil ek julle aan n ou kuns voorstel: die semafoor. “Semafoor” is kommunikasie met twee vlae. Dit dateer uit die dae voor daar iets was soos selfone, telegraaf of selfs seinligte. Hulle het die alfabet uitgebeeld met verskillende posisies waarin die twee vlae gehou is. Daar was selfs torings met die vlae op, sodat die vlae oor groot afstande gesien kon word en so boodskappe gestuur kon word. Frankryk het 556 sulke stasies gehad! Napoleon het dit in die oorlog gebruik om vir sy soldate boodskappe te stuur. Vandag nog word dit gebruik om boodskappe te stuur. As iemand jou taal en die semafooralfabet ken, is jou boodskap natuurlik nie geheim nie. Dis ook baie moeilik om dit in die nag te gebruik. Tog kan dit heerlike pret wees as die Velliemaats dit gebruik om op kampe en uitstappies boodskappe te stuur, veral as die selfoon se battery pap is, of daar nie sein is nie. Kyk op die internet onder die Engelse naam “semaphore”. Kom ons speel bietjie daarmee. Ek gee vir julle twee sinnetjies in semafoor-skrif. Dan wil ek hê julle moet die boodskap ontsyfer wat ek vir julle gee:
V
“Vertaal” nou die volgende sin:
slingervel mei 2016
9
Oom Attie Venter
DIE IETERMAGO
'n skaars, unieke dier E
k het al in die verlede die opmerking gemaak dat daar nie so iets as “snaaks” in die natuur is nie. As ’n plant of dier vir ons snaaks of selfs wanskapig lyk, is dit nie om ons te laat lag nie, maar omdat dit die Skepper se manier is om hom in die natuur te laat oorleef. Party se liggame is bedek met hare, ander met vere of skubbe. Die vorm van die liggame wissel van rond, silindries, van bo na onder afgeplat, ander sywaarts afgeplat. Dink maar aan die verskeidenheid oë, ledemate, ensovoorts, ensovoorts. Wie van julle het al ’n ietermago in lewende lywe gesien? Miskien in ’n dieretuin, maar in die veld is hulle maar skaars. Die ietermago lyk vir ons (wat hom ten minste al in ’n boek as ’n tekening of foto gesien het) net so eienaardig as sy naam. In elk geval is hy seker een van die mees besondere diere van Afrika. Sy wetenskaplike naam is Manis temminckii en hy is ’n lid van die familie Manidae, wat alle geskubde miervreters of “Pangolins” insluit.
’n kleiner soort met ’n lang, dun stert wat veral gebruik word wanneer hy in bome rondklim. Hierdie twee soorte is tot Midde-Afrika beperk. Die derde soort wat inheems in Suidelike Afrika is, kom noord van die Oranjerivier deur Botswana en Namibië tot in die Kongo voor. Daar is glo nog enkeles in die Limpopoprovinsie. Die grootste soort word twee meter lank en die kleinste soort een meter.
SKUBBE EN ANDER KENMERKE VERSPREIDING Daar is sewe soorte, vier in Afrika en drie lede van die familie kom ook in Asië voor. Daar is byvoorbeeld die reuse-ietermago en 14
Een van die uitsonderlike kenmerke van die ietermago is die feit dat sy liggaam met slingervel mei 2016
sterk, reptielagtige skubbe bedek is, hoewel hy ’n soogdier is. Die skubbe is uitgroeisels van die vel en pas soos dakpanne oor mekaar. Deel van die kop, die binnekant van die pote, asook die keel en pens is nie met skubbe bedek nie, maar met hare. Hy besit nie tande nie, maar wel ’n rekbare, klewerige tong. Sy enigste verdediging is om die liggaam in ’n stywe bol te rol, beskut deur die taai skubbe. Die dier is maar lomp en stadig van beweging, vandaar die nodigheid aan beskerming deur skubbe.
te laat wip om die miere wat dalk daaronder beland, af te skud. Volgens ’n sekere skrywer is daar natuurkundiges wat meen dat ietermago’s net van miere leef. Aangesien rysmiere ’n baie voedsame kossoort in die diereryk is, kan ons met veiligheid aanneem dat ietermago’s dit weet en dat dit dus ’n belangrike item op hulle spyskaart is.
TUISTE Die agterpote is stewiger as die voorpote en wanneer die dier loop, gebruik hy dikwels net die agterpote. Die lang stert dien dan om sy balans te behou. Die voorpote is van sterk, gekromde naels voorsien en wanneer hy op al vier pote loop, word die voorpote omgevou sodat hy nie op die sole loop nie, maar op sy kneukels (wat my laat dink aan die lomp manier waarop die dinosourusse voortgestrompel het, soos dit op TV voorgestel word).
NOG GEWOONTES Dit is ’n besondere skaam, sku dier. Alle ietermago’s is nagdiere wat gedurende die dag slaap en snags hulle voedsel soek. Die boombewoners verkies prooi wat hulle neste van sagte materiaal bou, maar die grondbewoners wat baie sterk is, kan die hardste mierneste en termiethope aandurf. x Die reuksin is skerp en wanneer hy op ’n mier- of termiet-(rysmier-)nes afkom, word dit dadelik met die sterk naels oopgekrap. Die dier steek dan sy lang, klewerige tong, wat altyd deur die besonder groot speekselkliere natgehou word, daarin en lek die miere op. x Die naels word ook gebruik om die bas van verrottende takke af te stroop om die miere by te kom. As die dier bedags op ’n streep miere afkom, word hulle gou-gou opgelek. x Die kake dra nie tande nie, en die miere word heel ingesluk, soms tot 400 gram op ’n dag. x Die oë word deur dik ooglede beskerm, want in elke mierkolonie is daar soldate met sterk kake wat ’n pynlike byt kan toedien. x Die dier besit ook die vermoë om sy skubbe slingervel mei 2016
Die boombewoners skuil in hol boomstamme, terwyl die grondbewoners gate grawe waarin hulle bly. Wanneer gevaar dreig en hulle nie naby ’n gat is nie, rol die diere hulle op (soos hierbo beskryf). Die boombewoners kan hulle op dieselfde manier om ’n sterk tak rol.
BEVOLKING Van die aanteelgewoontes van hierdie dier weet ons maar min. Hulle is alleenlopers wat net in paartyd bymekaar kom. Daar word maar een kleintjie op ’n slag gebore, en dié word op sy ma se stert gedra totdat hy sterk genoeg is om self te loop. Die kleintjie is pienkerig en die skubbe verhard eers na ’n paar dae. Wanneer gevaar dreig, rol die ma haar om die kleintjie op sodat dit altyd heeltemal beskerm is. Aangesien die ietermago so ’n skaars dier is en sy vreetgewoontes so moeilik is om te bevredig, is daar maar min van hulle in gevangenskap. Daarbenewens is hulle hoofsaaklik nagdiere en van nature baie sku, met die gevolg dat hulle nie maklik in die natuur gesien word nie. Dit is miskien hulle redding! Ongelukkig word hulle habitat geleidelik vernietig: woude maak plek vir saailande en miershope word platgeslaan. So word miere en termiete se habitat onleefbaar gemaak, en saam met hulle verdwyn die verskillende miervreters. Uiteindelik sal ons land, die tuiste van dié eienaardige dier, des te armer wees en ons as mensdom sou gefaal het in ons plig om die aarde “te bewerk en te bewaak”. SV
15
Kleur die prent in volgens die genommerde kleure ... Wat is dit?
slingervel mei 2016
17