Slingervel nov des 15 lusmaker

Page 1


in hierdie uitgawe ... 3 4 7 8 1 10 1 14 1 15 1 16 1 18

Slingervel, Jaargang Jaaarggangg 577 Nommer 973, Nov/Des 2015

2 21

Redakteursbrief Verjaardaghoekie November Ma, wat kan ek doen? Die ekstras van 'n selfoon Die rooi draad (10) Waar in die wêreld? Neem fantastiese dierefoto’s Die planeet wat nie meer 'n planeet is nie Verjaardaghoekie Desember Ons Vader – rangskik in volgorde

22 Tien Gebooie – rangskik in volgorde 23 Josua 13 – 19 24 12 dissipels – Blokkiesraaisel 25 12 dissipels – Woordsoek Twaalf Artikels – rangskik in volgorde 26 Maak jou eie geskenkkaartjie 27 Inkleurprent 28 Oplossings – blokkiesraaisel en woordsoek 29 Wat kan ek lees?

A

s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660

2

REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za

Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522

Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za

Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462

MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Ina Gous Francois van Wyk Rialette van Wyk Leo van Schaik Oom Attie Venter

Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986

Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 57, Nommer 973, November/Desember 2015 ISSN 0037 685 X

slingervel li l november/desember b /d d b 2015 2015


Redakteursbrief Maats!

V

erlede maand het ek geskryf oor Oktobermaand, en CL Leipoldt se gedig – waarin gesê word dat die Karoo vaal is ... ook in die FAK-Sangbundel wat ek het, is ’n lied: “Ou Karooland” – waar gesing word dat die Karoo vaal is. Weet julle, die paar keer wat ek deur die Karoo gery het, het ek elke keer gedink hoe waar dit is. Tot ... Op ons voorblad van hierdie maand is ’n foto wat ek onlangs geneem het in die Karoo, op ’n klein dorpie met die naam Rietbron. As ek sê klein dorpie, bedoel ek dit! Geen vulstasie, hotel of klerewinkel nie. Die laerskool het sowat 40 kinders – die hele skool! Nou ja, toe ek die dorpie inry, was die wêreld baie vaal. Tot die wolke. Sjoe, maats, ek het gedink dis die vaalste plek in die wêreld! ... en toe? Toe ek uitklim, sien ek wat ek nie gedink het ek sal sien nie! Dis nie so vaal nie! Al die kleure blomme – want dit het ’n rukkie terug lekker gereën daar. Maar daar was vir my ’n groter verrassing! Die foto wys – so het ek gedink – net klippe. Tot ek my neus nader na die grond toe gebring het!

Maats – ek het een ding besef: Die Here het niks lelik gemaak nie. Ons sien nie altyd die mooi raak nie. Dan kan ons maar dink iets is vaal en lelik, maar dis nie hoe die Here werk nie! Ons het ’n baie belangrike werk! Miskien moet ons bietjie nader aan alles leef en vra: Wat is daar mooi wat ek kan raaksien? Dit geld veral slingervel november/desember 2015

vir die natuur – maar beslis ook vir mense. Ons kan so maklik iets leliks van iemand anders sê, saam met ander oorvertel wat iemand verkeerd doen. Ons mag dit nie doen nie! Ek het vir julle drie werkies! • Of julle tuis bly en of julle op vakansie gaan – stap ’n bietjie in die veld in en kyk mooi watter plantjies julle kan raaksien. • Die tweede werkie: as julle in ’n winkelsentrum loop, by ’n swembad is, maak nie saak waar nie: glimlag vir almal wat jy sien! • Kyk na elke mens wat jy die vakansie sien en probeer iets raaksien wat mooi is. Jy kan dit vir hom of haar ook sê! Verder sien julle hierdie is ons tweede dubbele uitgawe van die jaar. Ons hoop dat daar iets vir elkeen sal wees as jy dalk bietjie verveeld is! Volgende keer wat ek vir julle skryf, is in die Januarie-uitgawe van 2016! Van my, tannie Joey en elkeen wat hierdie jaar in Slingervel geskryf het, wens ons jou die mooiste Christusfees toe! Mag alles wat jy sien en hoor in die Kerstyd jou herinner dat Jesus jou baie liefhet, mens geword het sodat jy kind van God kan word. En 2016: Mag jy in 2016 die krag kry om in alles jou beste te doen – omdat jy dit vir die Here doen. Ek is oortuig dat Hy jou sal seën as dit goed gaan, styf vashou in die goor tye – en dat 2016 vir jou ’n mooi jaar sal wees. SV 3


Ma, wat kan ek doen? M

aats – as ’n vakansie lank is, is hy llaannkk! Wat kan jy doen? Ek sien nou die dag op die Internet iets baie ouliks: ’n kar wat met rekkies ry. Hier is hoe dit lyk:

Kom ons kyk hoe werk dit: 1. Die wiele is enige prop. Plas ek werk die beste. Druk 'n gaatjie in die middel van die proppie en gebruik 'n sosa estokkie vir die as. 2. Hierdie assie hou die rek vas. 3. Vir die asse gebruik ons sosa estokkies. 4. Hier sit ons 'n tandestokkie deur die sosa estokkie. Gom dit vas. Die rekkie hak hieraan vas. Nou wen jy die rekkie op om die sosa estokkie deur die wiele agteruit te draai. As jy hom neersit, ry hy! Nou kan julle jul eie verbeelding gebruik en allerhande nuwe karre maak. Hier is 'n paar idees: slingervel november/desember 2015

x Sit groter en kleiner wiele aan. Wanneer is hy vinniger en wanneer is hy sterker? x Gebruik 'n plas ese bo el en plak strooitjies vas waardeur jy die sosa estokkies druk vir die asse. Dink bietjie hoe gaan jy hom nou opwen ... x Wat van 'n plankie eerder as die bo el? x Wa er verskil maak die dikte van die rek? x Kan jy so 'n 4 x 4 maak? Julle het al die materiaal in die huis - probeer verskillende karre bou. Nou wonder ek ... kan 'n mens so 'n boot bou? Wil jy nie vir my 'n foto stuur van jou kar nie? Stuur hom met Whatsapp na 076 766 3894 of e-pos dit na slingervel@gksa.co.za 7


Waar in die wêreld? Rialette van Wyk Ons het al van tevore geleer van Egipte – ons kan lekker ak witeite doen met die areas waarvan ons al geleer het! Kan jy onthou wat het die Egiptenare gebou? Kan jy die Egiptenaar help om by sy Piramide te kom?

Wat om te doen in die vakansie, en meer van die wêreld te leer!!

O

nthou julle toe ons van die Jordaan geleer het en dat die rivier baie belangrik was vir al die mense vir drinkwater en om hulle graan en ander kos te laat groei?

Iets vir die vakansie! Weet julle dat daar baie mense is wat nie water in die huis het nie. Hulle moet êrens uit 'n rivier of dam kry – en dis nie altyd skoon nie! Ken jy so iemand? Hier is iets wat jy kan bou en hulle kan leer om dit self te bou sodat hulle skoon water kan drink Water is baie belangrik vandag nog – ons het 'n lekker eksperiment wat julle by die huis te doen met water! Het julle geweet ons kan water skoonmaak met klippies en sand? Wat jy gaan benodig, is 'n bo el soos 'n plas ek koeldrankbo el. 'n Sker, 'n paar klippe, growwe sand, fyner sand en 'n ko e lterpapiertjie of net 'n stukkie wa e. Vra vir Ma of Pa om te help en sny die onderkant van die bo el af. Draai die bo el om en sit die lterpapier sodat dit by die prop van die bo el is. Sit eers die fyn sand in en dan die growwe sand en dan die klippe. Gooi 'n bietjie modder in water om dit vuil te maak en gooi dit dan stadig oor die klippe – dit ltreer deur en kom skoner uit! Jy mag dit dalk 'n paar keer moet doen om dit skoon en helder te kry. 14

slingervel november/desember 2015


maak jou eie geskenkkaartjie WAT HET JY NODIG? wit karton of papier groen papier 'n skĂŞr inkleurpotlode of vetkry blinkertjies of kraletjies grom 1 2 3 4 5 6 7

26

WAT DOEN JY?

Neem 'n stukkie karton of papier en vou dit in die helfte. Neem nou 'n stukkie groen papier en sny 4 of 5 driehoeke daaruit. Jy kan ook gewone papier neem en jou driehoeke groen inkleur of verf. Plak die driehoeke bo-oor die onderste een se punt. Hou so aan tot jou boompie klaar is. Teken 'n stammetjie en kleur dit bruin in. Jy kan jou boompie in 'n pot sit. Teken 'n pot. Versier die pot met blinkertjies of kraletjies.

slingervel november/desember 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.