in hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief 4 Verjaardaghoekie 7 Die profete in die Bybel – Woordsoek 8 Die profete in die Bybel – Blokkiesraaisel 9 Help die skaap om by die lammetjie uit
10 14 16 17 20
te kom Die rooi draad (9) Die son en sy wind Die profete in die Bybel – oplossings Wat kan ek lees? Godsdiens in die Kasteel
Slingervel, Sling r l Jaargang J rg ng 57 Nommer 972, Oktober 2015
A
s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660
REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za
Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522
Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za
Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462
MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Ina Gous Kobus van Tonder Leo van Schaik Oom Attie Venter
Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 57, Nommer 972, Oktober 2015 ISSN 0037 685 X
2
slingervel li l oktober k b 2015
Oom Leo van Schaik
Die profete in die Bybel Hallo maats, 16 profete het in die Ou Testament boeke geskryf. Hulle is: AMOS, DANIEL, ESEGIEL, HABAKUK, HAGGAI, HOSEA, JEREMIA, JESAJA, JOEL, JONA, MALEAGI, MIGA, NAHUM, OBADJA, SAGARIA, SEFANJA Kom ons soek hulle!
oplossing op bladsy 16 slingervel september 2015
7
Oom Leo van Schaik
Die profete in die Bybel Vir die Vellies wat hou van uitdagings: hier is 'n blokkiesraaisel, en jy moet die regte plek vir elkeen van die 16 profete kry.
oplossing op bladsy 16 8
slingervel oktober 2015
Die profete in die Bybel – Woordsoek-oplossing
Die profete in die Bybel – Blokkiesraaisel Antwoorde
16
slingervel oktober 2015
Oom Attie Venter
Die son en sy wind D
at daar ’n son is, weet ons almal. Kyk net boontoe (in die dag, natuurlik) en jy sal hom sien en voel. Veral in die somer! Maar dat daar winde is wat op die son waai, was ek tot onlangs nie so oortuig van nie. Dan kan daar net sowel son-oseane wees waarop skepe vaar wat deur hierdie winde aangedryf word – en dít klink vir my so ’n bietjie dik vir ’n daalder! (Later sal ons sien dat hierdie “wilde” bewering nie so vergesog is nie.)
Tydens ’n sonsverduistering sien ’n mens ’n helder verligte laag soos ’n atmosfeer om die son wanneer jy deur ’n sonfilter kyk. Dit is die korona. Sy geweldig hoë temperatuur (miljoene grade C), sterk magnetiese velde en allerlei elektroniese kragte wat dit voortbring, veroorsaak dat die sonwind wat die ruimte uitgeslinger word, snelhede van tot 800 km per sekonde bereik. (Ontsnappingsnelheid op die son se oppervlakte is 618 km/s.)
Wat is die son? Ek het intussen so ’n bietjie in boeke rondgeblaai, in Wikipedia rondgeskarrel en op ’n paar interessante feite afgekom: x Hierdie hemelliggaam is ’n allemintige groot ding. As hy hol was, sou jy ’n miljoen aardes in sy binneste kon inpas. En soos julle weet, is die aarde self nie ’n ou klein balletjie nie! Met behulp van jou passer, trek ’n sirkel van 10 cm deursnee. Maak merkies 1 mm uitmekaar oor die middellyn en teken 1 mm-“aardetjies” oor die deursnee van die sirkel. Jy kan dus 100 aardes oor die middellyn van die son inpas. Dit is dus nie vergesog om aan te neem dat ’n sonwind, indien so iets wel bestaan, ’n aardetjie skoon weg van die son kan blaas nie! x Die son se deursnee is sowat 1 393 000 km en gemiddeld sowat 149 500 000 km vanaf die aarde. In wetenskaplike taal sê ons die aarde is 1 AE (Astronomiese Eenheid) vanaf die son. x Om ’n wind te kan voortbring, moet daar gas oor die oppervlakte wees. Om die waarheid te sê, die son is ’n bol van gas, so groot as wat hy daar is. x Sy massa is 1 989 100 000 000 000 000 000 miljard kilogram.
Geweldige massa en kragte Die getal deeltjies wat as sonwind ontsnap, is só baie dat dit gelykstaande is aan die aarde se massa elke 150 miljoen jaar! Tot dusver het die son ±0,01% van sy massa deur sonwind verloor. Anders gestel: Elke sekonde word energie vrygestel gelykstaande aan 100 000 000 000 ton materie wat ontplof. ’n Oppervlakte op die son met die oppervlakte van ’n posseël skyn met die krag van 1 500 000 kerse. As die son uit steenkool, olie en gas bestaan wat op die “gewone” manier verbrand om energie vry te stel, sal die son net vir ’n paar dae kan brand.
Wind Die sonwind is ’n plasmastroom wat deur die boonste atmosferiese laag van die son vrygestel word. Hierdie stroom bestaan hoofsaaklik uit geïoniseerde elektrone en protone met geweldig hoë kinetiese (warmte) energie. Hierdie energie verkry hulle hoofsaaklik van die korona wat rondom die son strek.
Die magnetosfeer Om die invloed van die sonwind op die aarde en sy inwoners te verstaan, moet ons iets van die aarde se magneetveld weet. Ek haal ’n gedeelte aan uit Slingervel van September 2000, getiteld “Hemelse Gordyne”: Laat ’n sterk staafmagneet op die tafel lê, met ’n stuk plat karton daarop. Vra jou wetenskaponderwyser vir ’n bietjie ystervylsels. Strooi dit op
14
Samestelling en spoed Die sonwind bestaan uit twee dele: ’n vinnige en ’n stadiger deel. Eersgenoemde het ’n spoed van ±400 km/s (ander bronne praat van 800 km/s), terwyl die stadige een naastenby 175 km/s haal. Die vinnige deeltjies ontsnap uit openinge in die korona. Die stadige een is min of meer tweemaal so dig as sy eweknie en ontstaan hoofsaaklik uit reuse “vlamme” wat die son verlaat en weer terugval. Die sonwind skep as’t ware ’n baie dun atmosfeer wat vanaf die son tot verby Pluto strek! Die hele sonnestelsel is dus binne die son, by wyse van spreke.
slingervel oktober 2015
die karton en tik liggies daarop. Die vylsels rangskik hulleself volgens die magneetveld se magneetlyne. Nou ja, die aarde het ook so ’n magneetveld wat rondom hom strek, kompleet asof daar ’n staafmagneet binne-in is. Die kern van die aarde bestaan dan ook uit gesmelte yster wat ’n magnetiese stof is. Hierdie magneetveld beïnvloed die beweging van die sonwind op ’n baie interessante manier. ’n Groot deel van die sonwind wat die aarde bereik, word deur die magneetveld gedeflekteer (van rigting verander) en gaan ongemerk die ruimte in. ’n Deel word deur die magneetveld opgevang (onthou, die elektries-gelaaide deeltjies van die sonwind het ook elkeen sy magneetveldjie) en dan gaan dit na een van twee plekke: die magnetiese noordpool of die magnetiese suidpool van die aarde. Die ruimte buite die aarde (of enige ruimteliggaam) waar die sonwind so afgekeer word, word die magnetosfeer genoem. Kleurespel Wanneer die deeltjies met die boonste, dun lae van die aarde se atmosfeer in aanraking kom, bots hulle met die atome van die lug. Laasgenoemde word nou elektries opgewek soos in ’n buislamp. Hierdie “buislamp” is egter honderde of duisende vierkante kilometer groot. Die verdunde lug in die boonste luglae begin dan gloei en so ontstaan gordynvormige ligte – ’n ontsaglike mooi kleurespel. Vir ’n waarnemer is die poolligte fassinerend. Gedurig aan die verander en beweeg. Strale en boë begin 100 km bo die aarde
slingervel september 2015
se oppervlak en strek feitlik vertikaal vir honderde kilometer ver. In die noordelike halfrond word hulle die noorderligte of Aurora Borealis (foto hierbo) genoem en in die suide die suiderligte of Aurora Australis. Kan ’n mens laat skrik! Min of meer elke 11 jaar word die sonvlekke (draaiende kolke op of net onder die son se oppervlakte) baie bedrywig en groot. Openinge in die korona vergroot ook en laat die gelaaide deeltjies (die sonwind) in groter massas deur. Na ’n reis van 3 of 4 dae bereik hulle die aarde en slaag hulle daarin om die aarde se magneetveld te vervorm. Die resultaat is ’n geomagnetiese storm – ’n versteuring van die magnetosfeer. Dit kan sulke afmetings afneem dat die aarde se toerusting van satelliete heeltemal omvergegooi kan word. In Kanada het so ’n storm op 13 Maart 1989 – die ergste wat tot dusver opgeteken is – die hele provinsie van Quebec getref sodat die hele gebied in duisternis gehul was! ’n Ruimtewandelaar moet ook maar ligloop vir hierdie sonwinduitbarstings (volgens ’n kort video-demonstrasie, Google). As so ’n persoon teenspoed optel, kan dit selfs ’n hele satellietsendingprogram laat verongeluk. Nog is’t einde niet • Komete – As jy ’n komeet met ’n stert sien, sal jy dalk wonder hoe dit kom dat die stert altyd weg van die son wys. Dis niks anders nie as die sonwind se werk. Laasgenoemde oefen ’n druk op die gas en stof wat in en op die komeet aanwesig is en dryf dit as’t ware uit die komeet, sodat dit ’n stert van miljoene kilometer lank vorm. • Ruimteseile – Ek het aan die begin van hierdie artikel die opmerking gemaak dat sonwind dalk skepe kan aandryf. Wel, die moontlikheid het sterk onder wetenskaplikes begin posvat. Die idee is dat reuse “seile” by ruimteskepe aangebring kan word, wat deur sonwind aangedryf sal word – eers baie stadig, aangesien die drukking (per m2) swak is. Dan al vinniger totdat ’n geweldige spoed bereik word. Dit kan interplanetêre ruimtereise dalk ’n werklikheid maak – en dit sonder brandstof! SV
15