ONS VOORBLADFOTO Ontmoet vir Elne en Gerrit du Plooy van Oranjeville (lidmate van die Geref. Kerk Heilbron). Hulle is die 2 oudste kinders van Gerrit en Mart Mari du Plooy. Die foto is op hulle oupa en ouma se plaas geneem.
in hierdie uitgawe ... Slingervel, Slingerv vel Jaargangg 58 Nommer 981, September 2016
A
s julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my Ö 'n sms te stuur of te whatsapp na 084 551 2107, Ö of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za, Ö of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660
3 Redakteursbrief 4 Verjaardaghoekie 9 Inkleurprent – Numeri 10 Ons anagram 12 Die avonture van Nellie en Gertjie
(slot) 14 Die olyf 16 Oplossing: ons anagram 17 Inkleurprent volgens kleure 18 Boekeblad Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986
REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za Tipografie en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za
Intekengeld R255,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) (Sien die intekenvorm op bl. 8 vir meer inligting oor intekengeld.) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986
MEDEWERKERS Riana Jonker Susan Lourens Rika du Plessis Oom Attie Venter Oom Hennie Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522 Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462
2
Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 58, Nommer 981, September 2016 ISSN 0037 685 X
slingerv slingervel vel september 20 2016 016
Redakteursbrief Beste maats
K
an jy onthou hoe jy gelyk het toe jy laas in die spieël gekyk het? Daar was so 'n rukkie gelede op televisie 'n advertensie waar daar vir mense gevra is waarvan hulle die minste hou as hulle in die spieël kyk. Sjoe – maar die mense het gekla: ek is te vet; my boude is te groot; ek het te veel sproete; my hare is te krullerig; my hare is te reguit, ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts. Toe moet hulle sê waarvan hulle hou! So 'n klomp uhh!’s en aah!’s het ek nog nooit gehoor nie. Ek kan nie van een onthou wat vinnig kon sê waarvan hulle hou nie! Nou wil ek vir jou vra: waarvan hou jy nie? Waarvan hou jy? Ek wil hê jy moet saam met my lees wat staan in Psalm 139: 13 – 16: U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborgetoe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. U het my aanmekaar geweef ... Weet julle, die dokters het al baie navorsing gedoen, en hulle het agtergekom dat die mens se DNA binne 48 uur gevorm is. In jou DNA is vasgevang hou lank jy gaan word, wat die kleur van jou oë en hare gaan wees, hoe jy gaan lyk. Alles! (Alles behalwe hoe vet ons word – ons eet mos te lekker!) Dit alles het die Here binne-in jou mamma gedoen nog lank voor sy geweet het dat jy haar babatjie gaan wees. Die Here het jou met sy eie vingers gemaak – Hy weet alles van jou af. Hoe wonderlik is dit nie! Hy sorg vir ons! Dan staan daar ook: al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Die Here het iets geskryf! Net van jou! Wat het Hy geskryf? Mmmm. Ek wonder. Ongelukkig weet ek nie wat die Here spesi ek van jou geskryf het nie. Maar ek weet dat die Here jou gemaak het met 'n baie spesiale werkie hier op die aarde – in jou huis, kerk, skool en dorp. Hy weet wat dit is – en jy moet weet wat dit is! Op jou knieë kan jy die Here vra wat jou werkie is. Hy antwoord partykeer op snaakse maniere! Soms vra iemand jou om iets te doen wat jy nog nooit gedoen het nie. Hoekom jou dit vra? Dit kan die Here wees wat hom gebruik om vir jou te wys wat jy moet doen, en soms wat jy nie moet doen nie. Die belangrikste is dat jy moet weet dat die Here jou spesiaal gemaak het. Daar is nêrens in die wêreld nog 'n jy nie. Kyk in die spieël. Die Here het jou wonderlik gemaak. Gaan en hou van dit wat die Here gemaak het. Hy maak nie foute nie – Hy maak spesiale kindertjies met spesiale werkies hier op die aarde. Hoor hoe mooi het oom Totius dit vir ons berym in Psalm 139:7 – U oog sien in die dieptes neer, U 't my gebeente aanskou, o HEER, toe ek, van mense ongemerk, soos kunsborduursel fyn bewerk, gemaak is in die aarde onder 'n toonbeeld van u skeppingswonder. SV
slingervel september 2016
3
Ons anagram Maats – ek wonder hoeveel van julle weet wat 'n ANAGRAM is? 'n Anagram is wanneer 'n mens 'n woord se letters skommel en 'n ander woord daarmee maak. Byvoorbeeld: VISMOTTE word TOM IS VET. Hierdie maand is dit moeilik! Ek gaan vir julle die geskommelde woorde gee, en nou moet julle die regte woorde uitwerk. As jy regtig vashak, kan jy in die Bybel gaan loer – maar probeer dit eers regkry op jou eie.
Reg maats – soek nou die woorde! (oplossing op bl. 16)
10
slingervel september 2016
soek die woorde
slingervel september 2016
11
anagram oplossing
ANTWOORDE RES WIL SIEN LES RUIT TE BRIEK UI MES VAAE ROOI SPIERE KON REBE VOL OI RYP TAS VUL MIEPE VANTA LEI RAT WEN PLATE
16
SILWER LENSIES BITTER KRUIE MUISE OOIEVAAR SKERPIOEN BEER VLOOI PATRYS PLUIMVEE LEVIATAN WATERPLANTE
WIERRE GRIL VIS VUIL ROTSS SIR PES ROOM ORIE BUL RITME TOOR VIGS ROT KLEM MANK MOP TOM IS VET ROOI WEK VLIESDELLE RIF FASE
RIVIERWILGERS VOLSTRUIS SIPRES LOURIERBOOM MIRTE GROOT VIS KOMKOMMERPLANT VISMOTTE WIEROOK VELDLELIES SAFFIER
slingervel september 2016