Vroueblad april mei 2016 lusmaker

Page 1

APRIL & MEI 2016

Die Gereformeerde

Vroueblad Die Vader stuur sy Seun SODAT DIE WÊRELD KAN WEET...

EK SIEN ‘N NUWE HEMEL KOM

Memoires oor Venda

w w w.gksa.org.za/Tydsk rif te/vroueblad-inteken


INHOUD

April Mei 6

24

20

GEREELD 3 4 5

APRIL & MEI 2016

Redakteursbrief Lidmaatpraat Ds. SĂŞ my

Die Gereformeerde

Vroueblad roueb Die Vader stuur sy Seun SODAT DIE WĂŠRELD KAN WEET...

EK SIEN ‘N NUWE HEMEL KOM

Memoires oor Venda

w w w.gksa.org.za/Tydsk rif te/vroueblad-inteken

Ander Publikasies van die Gksa: (Laerskoolkinders) (tieners en jongmense) Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.

2

IN DIEPTE 6 8 10

12 14 15 16 19 20 22

JAARGANG 70 NOMMERS 10 &11

Die Vader stuur sy Seun Die Seun gee Homself Jesus het werklik opgestaan

24 26 28 30 32 34 36 38 40

LEEFDINGE

42

Memoires oor Venda Teks & Vers: WĂŞreldwyse wĂŞreld Teks & Vers: Dagboek Boekeblad Advertensie: Cum-boeke ’n Oorvloed lyding en ‘n oorvloed bemoediging Van Kersfees tot Mei

44 45 45 45 46 47 48

Die Ander Trooster Die kerk nie wees agtergelaat nie Ek sien ‘n nuwe hemel kom Bybelse berading: Dr. Trudie Kinta se ma oor die redding in Christus Dra mekaar se laste Genade oneindig groot Gemeente-MosaĂŻek: Ons kuier by Die GK Laeveld Gemeente-MosaĂŻek: Feesviering – 50 Jaar van genade Resepteblad: Potjiekos – warm rysslaai en kerriewiele Advertensie: Lux Verbi Lees in Junie 2016 Gemeentedagboek Intekenvorm Hartskatte Lens op die Bybel Kaleidoskoop April & Mei 2016

, Teken vdirogjoteur omfa jou in in op vriend blad ons .org.za www.gksa

Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redakteur) Griet Swanepoel (assistentredakteur) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Prof. Ben de Klerk Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: www.gksa.org.za/

Tydskrifte/vroueblad-inteken Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld: BY ADMIN BURO, POSGELD UITGESLUIT): R154,00 ! "# #"! "#"$% R100.00

#" $ ' " DIE GEMEENTE, POSGELD INGESLUIT): R231.00 * $ ! + POSGELD INGESLUIT): R250.00 HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 JULIE 2015 TOT 30 JUNIE 2016. (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

April & Mei 2016


redakteursbrief

Sodat die wĂŞreld kan weet... Gelowige vrou, Seker een van diĂŠ mooiste gebede in die Bybel kry ons in Johannes 17 waar Jesus vir sy dissipels bid. Dit is ‘n intieme gesprek met sy Vader waarin Hy vra dat wanneer Hy weggaan van die aarde af, God die Vader die dissipels sal bewaar sodat hulle hulle eenheid in Christus sal kan behou (vers 11); dat die Vader hulle sal bewaar van die Bose (vers 15) en hulle toegewyd sal maak aan God deur die waarheid van die Woord (vers 17). En dan kring Jesus se gebed uit van die dissipels af, na “diĂŠ wat deur hulle (met verwysing na die dissipels – eie nota) tot geloof in my sal komâ€? (vers 20). Jesus bid hier vir die Nuwe Testamentiese kerk wat deur die verkondiging van die dissipels (later apostels) tot stand sou kom. En wĂŠĂŠr bid Hy vir eenheid in die kerk (vgl. verse 21-23). Hierdie deel van die gebed om eenheid tussen God drie-enig en sy kerk, en eenheid tussen gelowiges onderling, “eindigâ€? met diĂŠ woorde: “Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wĂŞreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet, net soos U My liefhetâ€? (vers 23). Dit is hierdie woorde wat vandeesmaand ons tema geĂŻnspireer het: “Sodat die wĂŞreld kan weet...â€? Verdiep jou aan nie minder nie as ses IN DIEPTE-artikels oor Paasfees en Hemelvaart, met hierdie tema as uitgangspunt. Dan sal julle op die buiteblad (en ook op die skutblad) sien dat ons hierdie maand ‘n dubbele uitgawe, April en Meimaand, die lig laat sien, daarom ook die twee volumenommers: 10 ĂŠn 11 (en ‘n dikker tydskrif). Die redaksie het besluit om ons publikasiedatum “aan te skuifâ€? sodat lesers hulle tydskrif betyds uit die posbus kan haal. Hierdie aksie wat ons neem beteken dat jy nou in Meimaand al jou Junie-uitgawe van die Vroueblad ontvang, in Junie jou Julieuitgawe... en so sal dit voortgaan. Hopelik gaan hierdie plan van aksie ook verhoed dat lesers weer ‘n keer hulle Kersuitgawe eers gedurende Januariemaand uit die pos haal. SeĂŤnwense & Christusgroete

Cobie Steyn Wil jy gesels oor iets? t 4.4 CFHJO 4.4 NFU 7#

t & QPT DPCJFTUFZO!MJWF DPN t FacebookCMBE (FSFGPSNFFSEF 7SPVFCMBE t 4MBLLFQPT 1PTCVT -ZEFOCVSH

Besoek gerus ons Facebookblad – kry pitkos vir die dag en verryk jouself deur met geloofsgenote te gesels.

)JFSEJF CFTPOEFSIFEF JT OJF WJS BENJOJTUSBUJFXF TPPT JOTLSZXJOHT PG LBOTFMMBTJFT CFEPFM OJF o TLBLFM EJF "ENJOJTUSBUJFXF #VSP JO 1PUDIFGTUSPPN

Ons Facebookblad het nou die 1000-Likes-merk oorgesteek.

Foto: Lydenburg.

Geloofsbelydenis Ek stamel eeu-ou woorde oor my God: Vleeswording, Lyding, Kruis en Gees. Ek glo dit alles, Heer, maar weet hoe bot ek is in my probeer om mĂŠns van God te wees. (Gedig deur IL De Villiers; Aangehaal uit: Die Braambos Brand, saamgestel deur CJM Nienaber en M Nienaber-Luitingh)

Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120

April & Mei 2016

3


DEUR DR. EDMUND DE BEER

Het jy al iemand ná sy begrafnis weer lewend gesien? Aangesien daar geen mens op aarde leef wat reeds gesterf het nie, word Jesus se opstanding tans wêreldwyd bevraagteken...

Jesus het werklik opgestaan 10

April & Mei 2016


in diepte

Getuienis van Jesus se opstanding Daar is oorweldigende getuienis dat Jesus wérklik uit die dood uit opgestaan het. Paulus vertel byvoorbeeld (1 Kor. 15:5-8) dat Jesus na sy opstanding aan onder andere Sefas (Petrus) en die ander dissipels verskyn het. Hy het by geleentheid ook aan “meer as vyf honderd broers tegelyk” verskyn. Toe Paulus sy eerste brief aan die Korintiërs geskryf het, het die meeste van die vyfhonderd mense wat Jesus ná sy opstanding gesien het, nog geleef. As iemand Paulus se woord in twyfel getrek het, kon hulle die waarheid van Jesus se opstanding by enige van daardie ooggetuies bevestig. Lukas (1:1-4) het voordat hy sy evangelie geskryf het baie navorsing gedoen om die waarheid oor Jesus se lewe en werk vas te stel. In sy navorsing het hy vasgestel dat Jesus werklik uit die dood uit opgestaan het (Luk. 24:1-12). Matteus, Markus en Johannes bevestig hierdie waarheid in hul onderskeie evangelies. Die gelowiges in die vroeë kerke het geglo Jesus het opgestaan op grond van ooggetuies (onder andere die apostels) wat ons Here na sy dood gesien. Die vroeë kerkvaders het dit ook bevestig. Meer as 5 000 Griekse manuskripte van gedeeltes van die Nuwe Testament bevestig die waarheid van Jesus en sy evangelie. Vergelyk dit byvoorbeeld met die vyf kopieë van die Griekse geskiedskrywer Herodotus (5de eeu v.C.) wat ons tans het. Niemand betwyfel Herodotus se geskiedenisbeskrywings nie – al is dit afskrifte wat eers 1 300 jaar na sy lewe gemaak is. Hoeveel te meer kan ons die waarheid dat Jesus uit die dood uit opgestaan het, en wat deur soveel getuienisse en geskrifte bevestig is, as waar aanvaar.

Geloof is nodig Alhoewel die getuienis dat Jesus uit die dood uit opgestaan het, oorweldigend is, kan baie mense dit nie aanvaar nie.

Dit is so anders as ons ondervinding met die dood. Dit is natuurlik geen vreemde reaksie nie. Die Ateners het al vir Paulus uitgelag toe hy vir hulle van Jesus se opstanding uit die dood vertel het (Hand. 17:32). Christene wat dit goed bedoel, maak soms die fout om aan mense wat nie Jesus se opstanding aanvaar nie, te probeer bewys dat Hy wel die dood oorwin het. Ons kan egter nie Jesus se dood met slim argumente bewys nie. Hoe is dit dan moontlik dat daar wel mense is wat sy opstanding aanvaar? ’n Mens kan Jesus se opstanding alleen vir die waarheid aanvaar wanneer jy glo. Om te glo, is immers om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie (Heb. 11:1). Om oortuig te wees dat Jesus uit die dood opgestaan het, is een van die dinge wat ons nie kan sien nie.

Waarom glo sommige mense en ander nie? ’n Mens kan nie geloof aanleer nie, jy kan dit nie koop of verwerf nie. Jy kan nie met slim redenasies mense tot geloof debatteer nie. ’n Mens kan net glo wanneer die Heilige Gees jou tot geloof bring. Geloof is iets wat God se Gees op ’n onsigbare manier in mens werk. God maak ons geestelik blinde oë deur sy Gees oop sodat ons glo. Dit is die rede waarom ons weet dat God die Here Jesus uit die dood opgewek het (2 Kor. 4:13, 14).

Maak Jesus se opstanding saak? Daar is mense wat hulself Christene noem, maar wat nie aanvaar dat Jesus uit die dood uit opgestaan het nie. Maak dit werklik saak of Hy uit die dood uit opgestaan het? Natuurlik maak dit saak! Paulus het dit reeds duidelik gemaak dat as Jesus nie opgewek is nie, was sy prediking sonder inhoud en was die gelowiges se geloof ook sonder inhoud. Dit beteken dat Hy sy lewe verniet daaraan gewy het om die evangelie te verkondig.

Meer nog, as Jesus nie regtig uit die dood uit opgestaan het nie, was hy – Paulus – besig om leuens te vertel (1 Kor. 15:14, 15). As Jesus nie opgewek is nie, beteken dit dat ons nie bevry is van die mag van die duiwel en van sonde nie. Die dood is immers die duiwel se groot wapen (1 Kor. 15:17, 25, 54). As Jesus nie uit die dood opgewek is nie, is die ewige dood ons voorland. Ons weet egter Jesus het uit die dood opgestaan het en daarmee die mag van die dood oorwin. Sy opstanding is die bewys dat al ons sondeskuld inderdaad betaal is en dat ons liggame eendag ook sal opstaan.

Ons kan saam juig: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal” (1 Kor. 15:54). L I D M A AT P R A AT

Petro P t M Malan: l Het H t Hy... H vir my? Want ek is tog so opgeblase in my geloof en eie opvatting dat dit tog nie kán dat Jesus voor my kom staan en vir my vra: “Vrou waarom huil jy? Wie soek jy?” (Joh. 20:15) nie. Is sy opstanding vir my ’n werklikheid? Mag God my in sy groot genade soek en die werklike vrede van sy opstanding vir my leer.

April & Mei 2016

11


leefdinge

Memoires oor Venda

DEUR GRIET SWANEPOEL

“Jesus is ever shining… He is ever shining…” Só sing ‘n saal se nagskof voor hulle begin werk. Dit bring groot heimwee in my. 12

April & Mei 2016


leefdinge Ek dink terug aan al ons spore daar in die verre noorde. In ons tyd op universiteit was daar ‘n studenteorganisasie, bekend as Hulpprojek. Dié organisasie het kerke gebou in die destydse tuislande. Só beland ek vir die eerste keer in Venda. Ek was toe ‘n derdejaar student. Ons het in ‘n Bybelskool naby Sibasa gebly. Dit is tóé wat ek die Vendalied vir die eerste keer gehoor het. “ Jesus is ever shining…He is ever shining…” Op ‘n Sondag in dié tyd, was ons studente op pad na ‘n sendingpos. Ons het almal in die ou stompneus bus gery. Daar was nie selfone nie, nie ABSremme nie. Ook nie volle óf beperkte 4×4-vermoëns nie. Die pad was glad, modderig en onbegaanbaar weens die aanhoudende reën. Die laagwater brûe was heeltemal oorstroom terwyl riviere se stormvloedwater daaroor spoel. Ons moes berg-af oor so ‘n laagwaterbrug om by ons bestemming uit te kom. Ons het psalms gesing en gegly... Dit het gelyk na ‘n stryd tussen lewe en dood. Agter die stuurwiel was die man van my drome. Naby die brug gly die ou bus eers links en toe regs en toe gly die bus perfek terug in posisie om oor die laagwaterbrug te ry. Ons was veilig aan die anderkant. Die Vendas by die sendingpos het ons ingewag met: “Jesus is ever shining… He is ever shining…” My tweede besoek aan Venda was ‘n paar jaar later. Pasgetroud. Ons twee was kampouers vir die Hulpprojekaksie. Die aand van ons vertrek hoor ek dat daar ‘n pa is wat my soek. “Is jy die kampma?” vra hy. Hy verduidelik hoe sy dogter hom gesmeek het om op die studenteprojek te gaan. Hy wou nie instem nie. Toe verseker sy hom dat daar ‘n intensiewe sorg verpleegsuster saamgaan. Hy oorhandig sy dogter plegtig aan my. “Hier is my enigste kind – bring haar net veilig terug!”

Die groot verantwoordelikheid om daar in die verre-Noorde, vir ‘n klomp vrolike en sorgvrye studente ma te speel het soos ‘n onverwagse wind aan my hart geruk. Dié keer moes ons ‘n kerk bou in die noorde van Venda. Die vorige kerk was van hout, maar ons nuwe projek was stene. Ons het by ‘n tipe warmwaterbron vakansieoordjie gebly en kon saans ‘n bietjie afkoel. Daar was baie skakeling met die jong Christene van Venda. Die laaste aand voor ons vertrek lê al die studente om ‘n reuse bosveldvuur op hulle slaapsakke. Hulle lag, sing en kuier soos net studente maar kon. Toe kom daardie rukwind aan my hart waarvoor ek so bang was. Daar is ‘n vreeslike geskreeu. Ek hardloop nader. My hart ys toe ek sien wie dit is… Dáárdie oom se enigste dogter… Sy het op haar kussing op die slaapsak gelê en aan die slaap geraak terwyl die ander studente nog kuier. ‘n Swart skerpioen met sy krulstert en giftige angel het haar onder die ken gesteek. Ek het dadelik geweet ons het groot moeilikheid. Ek het my reuse noodhulptas en ‘n bottel water gegryp. Ons is weer in die stompneus bus. Sonder ABS-brieke, sonder enige 4×4-vermoëns, sonder selfone. Ons jaag die donker in. Ek dokter en kalmeer so in die ry. Agter die stuurwiel – die man van my drome. My man ry vir lewe en dood. Dit is ‘n asemophouende veertig kilometer tot by die hospitaal. Tussen die medisyne, salf aansmeer en kalmeer, bid en smeek ek onophoudelik in my gedagtes. Sy hang later by die venster van die bus uit vir asem. Toe ons by die hekke van die hospitaal inry trek haar longe oop. Ons sit by haar in die hospitaal. Dankbaar en aangeraak deur die nood waardeur ons gegaan het... Toe ons teen sonsopkoms by die kampterrein terug is, wag die jong Vendas ons in. En ons sing… “Jesus is ever shining…He is ever shining…”

My derde besoek aan Venda was heeltemal ’n ander scenario. My man was pas bevestig, ook met ‘n sendingopdrag. Ons het die vorige dag ‘n sendingpos in Venda besoek. Die evangelis was in groot nood. Hy het vir my man vertel dat hy dringend ‘n battery nodig het. My man ontkoppel ons Peugeot 504-battery terwyl die motor luier en gee dit vir die evangelis. Dan plaas hy die evangelis se pap battery in ons voertuig. Moeg en uitgeput van die hitte en dag se werk is die battery-omruilery by ons tuiskoms skoon vergete. Die volgende oggend is dit Sondag en my man het ‘n ruildiens gehad. Die Peugeot kry toe stilstuipe. Ons moet meters ver stoot voor sy uiteindelik saamwerk. Die een agter die stuurwiel is die man van my drome en hy jaag weer vir lewe en dood. Sonder ABSbrieke en sonder selfone met ‘n flenter battery. Die dorp is ‘n volle honderd kilometer ver. My man kyk uit vir ‘n goeie afdraande voor ons tot stilstand kom by die kerkgebou. Na kerk is die Peugeot steeds steeks oor die ou verweerde battery. Hulpvaardige kerkraadslede kom aangehardloop. “Dominee, weet jou gemeente in watter toestand jou kar is?” vra een van die manne skoon uitasem gespook. Daar is egter nie eers tyd om te verduidelik nie. Ons moet nog verder ry om na ‘n ander sendingpos toe te gaan. Toe ons uiteindelik in die snikhete middag in die sinkdak-kerkie kom, preek my man uit Sondag 19 van die Heidelbergse Kategismus. Hy verduidelik hoe Jesus Christus Hoof van die kerk is maar ook Regter oor die hele wêreld is. Ons hoef niks te vrees nie. Hy is in beheer. En die Vendas sing vir ons: “Jesus is ever shining... He is ever shining…”

April & Mei 2016

13


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.