Vroueblad des 2016 jan 2017 lusmaker

Page 1

DESEMBER 2016 JANUARIE 2017

Die Gereformeerde

Vroueblad VANDAG! Gister is verby... s "ELÐ IN DIE toekoms s *ESUS GISTER VANDAG EN TOT IN EWIGHEID DIESELFDE s +INDERS +ERSFEES

w w w. g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n


INHOUD

Des 2016~Jan 2017

6

8

40 36 38

GEREELD DESEMBER 2016 JANUARIE 2017

Die Gereformeerde

Vrouebl Vroueblad Gister is verby... VANDAG! s "ELĂ? IN DIE toekoms s *ESUS GISTER vandag en tot in ewigheid dieselfde s +INDERS Kersfees

w w w. g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n

Ander Publikasies van die Gksa: s $IE +ERKBLAD s $IE 3LINGERVEL (Laerskoolkinders) s $IE +RUISPAD (tieners en jongmense) "IED OOK VERRYKENDE GEESTELIKE LEESSTOF EN KAN BESTEL WORD BY DIE !DMINISTRATIEWE "URO (018) 297 3986. Redaksiekommissie: 2%$!+4%52 Cobie Steyn !33)34%.42%$!+4%52 Griet Swanepoel '2!&)%3% /.47%20 %. 5)4,%' Karien Brink 3%+2%4!2%33% Marlette van Rooyen 7%"2%$!+4%52 Grietjie Prinsloo !$$)3)/.%,% ,%$% Ds. Johan Botha & Annamie Odendaal

3 4 5

Redakteursbrief Lidmaatpraat Ds. SĂŞ my Gister is verby... Vandag as jul sy roepstem hoor! Vandag... wat ĂĄlle ander dae verander het!

LEEFDINGE KERSFEES 12 16 17 18 21 22 24 26 30 32

Kersfeesprogram vir Oukersaand Teks & Vers: Vandag Teks & Vers: Dagboek Boekeblad: Boeke vir die Kersvakansie Advertensie: Lux Verbi Bybelse berading: Kersfees Kinta se Ma: Vandag! Kinders & Kersfees Resepte vir jou Kerstafel SĂŠla

LEEFDINGE ALGEMEEN 28 Bekendstelling: Die Gereformeerde Vroueblad kry eie webwerf

IN DIEPTE NUWEJAAR 34

Jesus Christus... gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde

Desember 2016 | Januarie 2017

40 42 43 44 47 48 50 52 54 55 56 59 59 60 62 64

Deo VolentĂŠ Teks & Vers: Toekoms Teks & Vers: Dagboek Boekeblad: Boeke vir Nuwejaar Advertensie Cum-boeke Bybelse Berading: Waarom ‘n joernaal of dagboek hou? Kinta se ma: Skooljaar 2017 in die Here se hande Gemeente-mosaĂŻek: Ons kuier by die GK Durban-Noord Gemeente-MosaĂŻek: Saamtrekstreke 2017 Gemeente-MosaĂŻek: Bybelstudie Saamtrek & wenke Essays: Gretha WĂŻĂŻd Lees in Februarie 2017 Gemeentedagboek Fokus op vroue in die Bybel: Maria Hartskatte: Vandag is die eerste dag van die res van jou lewe Kaleidoskoop Desember 2016 / Januarie 2017

Redaksionele Inligting Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: www.gksa.org.za/Tydskrifte/ vroueblad-inteken

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

2

MĂ´re is in die Here se hande BelĂŞ in die toekoms

LEEFDINGE NUWEJAAR

IN DIEPTE KERSFEES 6 8 10

JAARGANG 71 NOMMER 7

Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld: s 62/5%",!$ 3%,& !&(!!, "9 !$-). "52/ 0/3'%,$ 5)4'%3,5)4 2 s %,%+42/.)%3% ).4%+%.).' 2

s 62/5%",!$ ). ' 2/%0 .! $ )% ' %-%%.4% 0/3'%,$ ).'%3,5)4 2 s 62/5%",!$ 7/2$ '%34552 0/3'%,$ ).'%3,5)4 2 ()%2$)% 4!2)%7% '%,$ 6!.!& *5,)% 4/4 *5.)% (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X


REDAKTEURSBRIEF

Vandag! Geliefde susters in ons Here Jesus Christus, Ons het hierdie keer nogal op die oog af ‘n “vreemdeâ€? tema vir ons Kersuitgawe gekies: Vandag! Maar as jy mooi nadink oor die woorde van Heb. 13:8: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheidâ€? sal jy die ratio agter ons keuse verstaan. Jesus Christus bestaan tog nie net van sy aardse geboorte af nie – inteendeel, in die Geloofsbelydenis van NicĂŠa bely ons: “Ons glo... in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore: Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom hetâ€? en verder bely ons dat Jesus Christus “ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal hetâ€?. Dit is hierdie neerdaling van Hom uit die hemel wat deur die engel aan die herders geopenbaar word: “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!â€? (Luk. 2:11). En hierdie “vandagâ€? waarvan hier gepraat word, het ‘n totale ommekeer in die mense wat in Hom glo se lewens teweeggebring. Juig en jubel saam met ons hieroor in hierdie uitgawe. Ons bied ook ‘n Kersprogram wat gesinne op Oukersaand kan gebruik, HEERLIKE RESEPTE VIR DIE +ERSTAFEL BOEKBEKENDSTELLINGS VAN ." 5ITGEWERS Cum-boeke en Lux Verbi, en twee essays uit die nuutste publikasie van Analise WĂŻĂŻd, Met liefde wat saamgaan, met die vriendelike vergunning van Lux Verbi – vars uit die oond! Julle hoor ook meer van ons webblad wat vroeg volgende jaar gaan realiseer. Hou ons Facebook-bladsy in die komende maande fyn dop: ons sal op Facebook vir julle vertel wanneer ons blad aktief gaan raak en sal dan ook die skakel wat julle moet volg op Facebook bekend maak. Dan, soos met elke Kersuitgawe, bederf ons julle. Hierdie jaar kry elke leser vier kaartjies wat jyself kan inkleur of verf vir daardie spesiale mense in jou lewe. Hieronymus Brink, ons bladuitlegkunstenaar Karien se man, het vir ons vier van sy kunswerke geskenk vir die kaartjies. Geniet die kreatiwiteit! Baie dankie, Hieronymus, vir jou groot geskenk! Mag elkeen van julle ‘n geseĂŤnde Kersfees ĂŠn ‘n geseĂŤnde Nuwejaar hĂŞ. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom...

Cobie Steyn

“In die nag by hulle weiding hoor die herders stemme sing. Helder klink die goeie tyding deur ‘n engeleskaar gebring. Juigend sing die hemelkore:“Christus is vandag gebore.� (Lied 363:1) /NS IS OP Facebook 'EREFORMEERDE 6ROUEBLAD 'AAN Like ONS

!24)+%,3 /& "2)%7% +!. '%34552 7/2$ !!. $)% '%2%&/2-%%2$% 62/5%",!$ E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586 (begin SMS met VB:); Slakkepos: Posbus 178; Lydenburg 1120

Vir administratiewe sake: Skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.

"ESOEK GERUS ONS FacebookbLAD n ONS Likes TREK AL OOR DIE EN DAAR KRY JY PITKOS VIR DIE DAG EN VERRYK JOUSELF DEUR MET GELOOFSGENOTE TE GESELS +OM GESELS SAAM OOR VROUWEES IN DIE (ERE EN OOR +ERSFEES EN .UWEJAAR Desember 2016 | Januarie 2017

3


IN DIEPTE KERSFEES

Deesdae oorheers oorloë die wêreldtoneel, daar is verskeie siektes wat uitbreek wat ons steeds nie onder beheer kan kry nie, daar is grootskaalse armoede en onreg in mense se lewens, swaar belastings word gehef om die staat te help bou, kleiner volkere word onderdruk deur ‘n groot moondheid met ‘n vreemde kultuur... “Verseker ’n artikel in een of ander Afrikaanse dagblad van vandag,” sou jy sê? Verkeerd! Dit is hoe die wêreldtoneel gelyk het toe daar meer as tweeduisend en sestien jaar terug ‘n engel aan skaapwagters, wat op ’n oop veld naby Bethlehem skape opgepas het, verskyn het met dié aankondiging: “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” (Luk. 2:11). Aardse koninkryke kom en gaan. Hoeveel aardse koninkryke kan jy tel wat al bestaan vir etlike duisende jare? Want aardse koninkryke, lande en volke bestaan uit onvolmaakte, sondige burgers. En onvolmaakte sondige burgers stry en baklei onder mekaar en as volk mét ander volke.

$IE ØÞ VANDAE In die Ou Testament sien ons God se volk wat Hy uit genade uitgekies het, geroep het en aan wie Hy ‘n land gegee het om in te woon, verval en vergly in sonde: die Israeliete was bloedbroers, een nasie, met die wet as riglyn vir hulle lewe, maar hulle “vandae” (elke dag se lewe) is gekenmerk deur selfsug, bedrog teenoor mekaar en hulle het mekaar misbruik. Hulle was ook in oorloë gewikkel met ander volke en is dikwels in ballingskap weggevoer vanweë hulle ongehoorsaamheid. So lees ons in Jesaja 59 dat hulle lewens al hoe leër en sinloos geword het – hulle sondes het hulle aangekla! Woorde soos hande wat met bloed bevlek is en vingers wat onreg pleeg, leuens wat gepraat word en onreg wat bedink word, oneerlikheid en uitsprake wat nie betroubaar is nie (vgl. verse 3-4), wil ‘n mens laat uitroep: Maar Jesaja praat van óns vandag! Van hoe ons lewens in ons land lyk en van ons vrees en bekommernis oor die chaos van vandag. Onsself verval in sonde en leef dikwels ontrou teenoor God, sodat ons, net soos die volk van ouds wil sê: “Ons wag op lig, maar dit bly donker, ons wag op ‘n straaltjie lig, maar ons pad bly pikdonker” (Jes. 59:9).

10

Desember 2016 | Januarie 2017

VAND WAT ÁLLE VANDA VERAND DEUR COB

In hierdie donker, moedelose omstandighede van Israel belowe die Here dat Hy na Sion toe kom as Verlosser (vgl. Jes. 59: 20). Die omstandighede van die Joodse volk was nie juis anders toe die engel na die skaapwagters toe gekom het op die oop veld nie – hulle is oorheers deur die Romeine, daar was die verwagting op tydelike politieke bevryding, ook dat die beloofde Verlosser hulle sou kom bevry van hulle fisieke nood, van armoede en siekte. Mense wat hulle eie agendas gehad het, het tydelike oplossing gesoek het vir die nood van elke “vandag”! Mense wat seker ook al moes wonder: gaan God se beloftes van die “Wonderbare Raadsman,


IN DIEPTE KERSFEES

(dit is die eerste Latynse woord waarmee vers 14 begin en beteken maar net “eerâ€?) inspireer komponiste deur eeue heen, laat kore sing en eggo in Kersliedere en liturgiese liedere, want dit was diĂŠ vandag wat alle ander “vandaeâ€? vir ewig kom verander het. Laat ons daarom ook juig: Ere aan God! VĂĄndag is daar vir ons in die stad van Dawid die Verlosser gebore. Daar is toe nie vir Israel ‘n politieke redder gebore nie – Hy het later op die oog af “magteloosâ€? aan ‘n kruis gehang met die spotnaam bo Hom uitgestal: “Dit is Jesus, die koning van die Jodeâ€? (Matt. 27:37). Daar het ook nie vir hulle oplossings gekom vir hulle sosiale probleme van armoede en verdrukking nie – Hy het kom sĂŞ dat ons nie moet bekommer oor wat ons sal eet of drink of aantrek nie, maar ons moet ons allereers beywer vir die koninkryk van God en dan sal Hy ons ook al hierdie ander dinge gee (vgl. Matt.6:34).

DAG ... E ANDER AE KOM DER HET! BIE STEYN

Magtige God, Ewige Vader, Vredevorsâ€? (Jes. 9:5b) óóit waar word? Mense wat gevra het: Sal daar uit Bethlehem-Efrata wĂŠl iemand kom wat aan God behoort en sal regeer in Israel? (vgl. Miga 5:1).

6ÉNDAG IS DAAR DIE 6ERLOSSER GEBORE Maar dan wĂłrd hierdie beloftes waar: “Vandag (soos lank terug deur die profete belowe op baie plekke in my Woord – eie invoeging ter verduideliking, Red.) is daar vir julle... die Verlosser gebore, Christus die Here!â€? (Luk. 2:11). Oor dĂĄĂĄrdie vandag jubel en juig ’n leĂŤrskare engele net nĂĄ die aankondiging: “Eer aan God in die hoogste hemel!â€? (vers 14b). Oor dĂĄĂĄrdie vandag jubel baie kore nóú nog: die sogenaamde Gloria

.UWE VANDAE Maar daardie “vandagâ€? was ‘n keerpunt in die geskiedenis van die ganse mensdom. Op daardie “vandagâ€? het God neergebuig na ‘n mensdom in nood en Hy het baie meer gebring as tydelike oplossings vir hulle daaglikse probleme en bekommernisse. Hierdie Koning het kom werk op plekke waar gĂŠĂŠn aardse koning kan inkyk en waaraan gĂŠĂŠn aardse koning enige werklike, blywende verandering kan maak nie: die harte van mense. Jesus Christus se koms na die aarde het mense wat in Hom glo nuwe harte kom gee “wat tot in ewigheid ons s’n sal wees, en wat die vernuwing van alle lewensterreine moontlik maakâ€? (Die Bybel in die Praktyk, 1993, p. 1513). Christus se menswording daardie “vandagâ€? in die stad van Dawid was die eerste stap in die rigting van die oplossing van die eeu oue probleem: die breuk wat daar tussen God en mens gekom het vanweĂŤ die mens se sonde. Dit was maar die begin van sy pad van lyding hier op aarde, sodat Hy volkome versoening kon kom bewerk tussen God en mens. In Hom as Koning, as Hoof van sy kerk, ontvang alle mense wat in Hom glo genade – ongeag hulle ras, geslag, stand, rykdom, armoede of opvoeding! Deur Jesus Christus se koms kry ons deel aan ‘n ewige Koninkryk wat nooit sal vergaan nie. Deur Jesus Christus se geboorte daardie dag, is ons dae van geestelike armoede as’t ware getel en kan ons vandag en mĂ´re en oormĂ´re in sy rykdom bly voortleef: “Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon wordâ€? (2 Kor. 8:9).

LIDMAATPRAAT 3INETTE 6AN 2OOY "OOYSEN Met Kersfees vier ons Jesus se geboorte. Wat ’n genade dat sy lewe, en veral sy dood, vir ons ’n weg na die ewige lewe oopmaak. My hoop is dat ons opnuut in afhanklikheid van God sal leef in 2017 en elke dag uit dankbaarheid meer soos Jesus sal probeer wees en nog meer ons ou sondige self sal afsterwe.

Desember 2016 | Januarie 2017

11


LEEFDINGE NUWEJAAR

Deo Volente DEUR GRIET SWANEPOEL

40

Desember 2016 | Januarie 2017


LEEFDINGE NUWEJAAR

“Dominee, ek kom D.V. vandag dorp toe, maar definitief Vrydag!â€? SĂł het ‘n omie uit die Bosveld eenkeer vir my man sy dag se planne verduidelik. D.V ... Deo Volente ... As die Here wil... En definitief. Hoe pas dit nou bymekaar? Daaraan sit ek en dink voor ek met my stiltetyd begin voor my nagdiens. My dag begin mos in die nag. Ek is opgewonde voor my stiltetyd. Die afgelope maand het ek saam met Paulus gereis in die boek Handelinge.

Paulus het mos al lankal die ramp voorspel. Mooi Hawens sou soveel beter gewees het, dink ek. Ek sit behoorlik op die punt van my bed. Paulus onder die krag van God bemoedig die verslae en uitgebrande skeepslui en ander gevangenes‌

Ek het die boek amper klaar gelees. Ek voel nog nie gereed vir die afskeid nie.

Paulus, die gevangene, neem nou die posisie in as die skeepskaptein. Hy toon soveel leierskap. Hy versterk hulle met die woorde van God: “Daar sal nie eers ‘n haar van hulle hoof afval nie!â€? Watter ongelooike troos in ‘n tyd van nood. Paulus moedig hulle aan om te eet... Hy bemagtig hulle vir die storm wat kom.

Ek maak oop by Handelinge 27. Vanaand gaan ek saam met Paulus reis na Rome. Dit gaan nie sonder drama wees nie. Hy gaan reis in ‘n vragskip met die stuurman en matrose. Dan is daar ook ‘n kosbare vrag koring, medegevangenes, soldate en Julius, ‘n ofďŹ sier van die keiserlike regiment... Nou wonder ek of diĂŠ Julius ook dalk ‘n weglĂŞ-sersant-majoorsnor gehad het wat met sulke skerp punte gedraai is? Ek dink hy moes sagte oĂŤ gehad het. Hy het dan vir Paulus toegelaat om sy medegelowiges te besoek wat vir hom voorsien het van lewensmiddele – die een en ander. As ek nou daar was sou ek vir hom by die gelowige vroue gereĂŤl het vir ‘n dik gehekelde kombers vir die reis, ‘n paar dik warm kouse, ‘n botteltjie Vicks en blikkie Zambuksalf, ’n bietjie wyn vir die maag (dit help vir alles — by my ouma geleer!), neute, biltong, droĂŤ vrugte, van my eie appelkooskonfyt en ‘n pak growwe beskuit. Die vaart begin met ‘n sterk wind wat die bemanning dwing om veranderings te maak. Baie tyd gaan so verlore. Hulle moet KOERS VERANDER 5ITEINDELIK KOM HULLE BY -OOI (AWENS AAN Die die plek was reg om te oorwinter. Daar sou hulle beskut wees, raai Paulus hulle aan. Paulus weet van al die gevare. Die Here het dit aan hom geopenbaar. As die hemelruim vol winterswolke hang, kan die stuurman nie die rigting bepaal nie. Hulle was afhanklik van die son en die sterre vir rigting. Dit voorspel tog net onheil. Rigtingloos op pad na ‘n ramp, dink ek. Ag toggie‌ Hulle wil nie vir Paulus luister nie. Die ervare skeepskaptein (so het hulle gedink) weet tog meer as ‘n gevangene. Die boodskapper van God word geminag... Dit kan net ellende bring. Wag kom ons lees verder... Die wind is stormagtig. Hulle sukkel. Later word die storm so hewig dat hulle die koring wat hulle vervoer oorboord moes gooi. Daarna volg die swaar skeepstoerusting. Die bemanning aanvaar maar later die komende waterdood – die grootste vrees vir enige seeman! ... Lukas beskryf die stryd tussen die wind, die see en die storm sĂł werklik dat ek self voel hoe die seewater teen my spat. Ek sien hoe angsbevange matrose ankertoue in die woeste see uitgegooi vir ‘n bietjie troos.

Hulle hoor hulle gaan al hulle besittings verloor (weg is my mooi gehekelde kombers!). Groot is hulle blydskap oor hulle hulle lewens gaan behou. Planne word nou gemaak om die skip in die baai met ‘n strand te kry wat hulle by daglig sien. Dit was die eiland Malta. Daar steek die boeg van die skip toe in ‘n sandbank vas. Die skip word stukkend geslaan deur die rukwind en woeste golwe. Nou kom die duiwel al weer met ‘n slinkse plan. Die gevangenes moet doodgemaak word voor hulle kan ontsnap. Paulus is ‘n gevangene. Die ou vuil duiwel is ook so hardwerkend. Eers laat hy die mense op die skeepskaptein vertrou, toe maak hy almal op moedeloos en nou beplan die ofďŹ siere al moord teen die apostel wat die heidene moet gaan bedien. Die duiwel wil ’n mens tog so gou oortuig van ‘n donker prentjie. Die Blye Boodskap van die evangelie lyk nou of dit saam met Paulus in die seewater gaan verdwyn. God is egter die oorwinnaar. Hy is in beheer. Almal word gered, 276 mense. Selfs diĂŠ wat nie kon swem nie. ‘n Wonderwerk vir almal om te beleef. Die God van Paulus word geprys. Hy het redding gebring. Ons staan voor 2017. Dit lyk na ‘n stormagtige en onseker jaar. Die wĂŞreld wil nie hoor van ons boodskap oor Mooi Hawens nie. Ons gaan dalk noodgedwonge voortgesleep word in die stormagtige wintersee deur ‘n aardse skeepskaptein. Dalk gaan omstandighede ons dwing om van ons kosbare besittings oorboord te moet gooi om aan die lewe te bly. Dalk kom daar tye wat ons ook soos die matrose in die stormwind so benoud sal raak dat ons nie kan eet nie. Dan moet ons kan opstaan soos Paulus en vir die wĂŞreld wys dat ons moed het. In die grootste storm weet ons nou dat daar nie eers ‘n haar van ons kop verlore sal raak nie. God alleen is elke dag in beheer van ons lewens. D.V... Deo Volente... As die Here wil... DeďŹ nitief!

Desember 2016 | Januarie 2017

41


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.