Vroueblad julie 2015 lusmaker

Page 1

JULIE 2015

Die Gereformeerde

Vroueblad

Sout en Lig

HET DIE TOEKOMS ‘N KERK? Saamtrekbylaag 2015

Teks & Vers: Beurtkrag

Ons kyk, beleef en leer in Brasilië w w w. g k s a . o r g . z a / Ty d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n


05/6<+

Julie

1((9.(5. 5644,9 1HTTLY VVY ]LYSLKL THHUK! +P[ TVLZ YLLKZ 1HHYNHUN UY NL^LLZ OL[ Âś 9LK

6

10

24

.,9,,3+ 3 4 5

Redakteursbrief Lidmaatpraat Ds. SĂŞ my

JULIE 2015

Die Gereformeerde

Vroueblad Sout en Lig

HET DIE TOEKOMS ‘N KERK? Saamtrekbylaag 2015

Teks & Vers: Beurtkrag

Ons kyk, beleef en leer in BrasiliĂŤ w w w. g k s a . o r g . z a / Ty d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n

Ander Publikasies van die Gksa: (Laerskoolkinders) (tieners en jongmense) Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.

2

Julie 2015

05 +0,7;, 8 10 12 20 22 24

kerk Jy, vrou, is sout en lig Die mense wat jou pad kruis Sout en lig Julle is sout en lig Hoe moet ek verander? Wees sout en lig

3,,-+05., 14 15 16 18 26 28 29 29 29 30 32

, Teken vdirogjoteur omfa jou in in op vriend blad ons .org.za www.gksa

Teks & Vers: Beurtkrag Teks & Vers: Dagboek Boekeblad Bybelse berading Gemeente-Mosaïek: Ons kyk, beleef en leer – in BrasiliÍ Resepteblad: Nylstroom-susters se vullende ontbytgereg Lees in Augustus 2015 Gemeentedagboek Intekenvorm Hartskatte Kaleidoskoop Julie 2015

Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistentredaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Annelize Fourie Prof. Ben de Klerk Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com

Internetadres: www.gksa.org.za/ Tydskrifte/vroueblad-inteken Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld: ! "#$ % & ' #*' #*+; <=>%NN ELEKTRONIESE INTEKENING: R100.00

#$ ' & $ DIE GEMEENTE, POSGELD #$' #*+; UX<YNN Z ' * % & ' #$' #*+; U=NYNN HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 [ # UN<= * * XN [ $# UN<\Y (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.


redakteursbrief

Julle is sout en lig Liewe susters in die Here, Die baie interessante maniere waarop elke saamtrekstreek die simboliek van sout en lig gebruik het om sale te versier en die hele dag in te kleur, het my laat besef dat die tema vir die Sustersaamtrek van 2015 die kreatiewe gawes van ons susters laat loskom het. Maar die tema het ook die harte van die saamtrekgangers aangegryp – dit kan ‘n mens sien aan die terugvoer wat ons gekry het op Facebook en in die wandelgange. Heelwat van die sprekers het hulle bereid verklaar om ook hulle toerustingsgeleenthede te verwerk tot artikels en ons publiseer dit graag hierdie maand vir julle. So kan die onderskeie streke ook hoor wat by die ander streke oor die tema gesĂŞ is. Mag die lees hiervan goeie herinneringe oproep en ons almal weer opnuut aanspoor en sout en lig te wees waar elkeen van ons elke dag lewe. Ons gebruiklike Saamtrekbylaag is ook by hierdie uitgawe van ons blad ingesluit... vir lekker terugkyk en herkou en onthou. Ons het goeie terugvoer gekry op die biljette wat ons tydens die saamtrekke laat invul het – susters kon daarop hulle persoonlike inligting gee vir ‘n gratis blad (meeste van julle se gratis blaaie is reeds versend – in gedrukte en elektroniese formaat), en daar was ook geleentheid om nuut in te teken. Julle blaaie moet nou saam met die ander gepos word. Ongelukkig het ons by sommige streke nog oponthoude gehad. Jammer daaroor. Ons probeer daardie data ook verwerk en elkeen bereik wat ‘n biljet ingevul het of ‘n lys voltooi het. Nogmaals dankie aan Manda Nel wat al die data vir ons ingevoer en verwerk het. Ons het ook gehoor van die afsterwe van Ds. Mechiel Venter, die eggenoot van een van die vroeĂŤr gereelde skrywers van die blad, Leona Venter. Leona, ons innige meegevoel en ons bid dat die Here jou sal vertroos en sal dra in hierdie tyd van hartseer. Totdat ons weer gesels in Augustus: Mag elke leser van ons blad smaak gee waar sy ook al kom en lig wees vir die Here in hierdie wĂŞreld. Gegroet tot volgende maand

Cobie Steyn NS: Al het ons nie meer ‘n brieweblad nie, is jy steeds welkom om vir ons ‘n SMS te stuur na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of ’n brief te e-pos aan cobiesteyn@live.com of jou mening op ons Facebookblad te gaan lug of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons hoor graag wat leef in die harte van die lesers. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)

Foto: Lydenburg. “...die eeu-oue Lamp gee elke aand weer nuwe ligâ€?(BeginreĂŤl van PW Buys se gedig Stylus Virum Arguit uit die bundel Van Sigbare en Onsigbare Dinge)

Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120

Julie 2015

3


in diepte

Matteus 5:16 Laat julle lig sĂł skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. Dit is nou een ding wat nie met ‘n Christen-vrou mag gebeur nie: Sy mag nie misgekyk word nie! Dit beteken nie dat jy heeltyd die middelpunt van belangstelling moet wees nie, maar jy mag nie onopvallend wees nie. Soos sout nie mis geproe kan word nie en soos ‘n lig in ‘n donker kamer nie misgekyk kan word nie, so is die volgeling van Jesus Christus. Jy beĂŻnvloed die omgewing waarin jy beweeg, elkeen van ons op haar eie manier. Jesus beskryf hierdie identiteit van jou Jesus gebruik ‘n beeld om hierdie waarheid uit te druk: “‘n Stad wat bo-op ‘n berg lĂŞ kan nie weggesteek word nieâ€?. ‘n Getroue volgeling van Jesus kan nie weggesteek word nie. Jesus sĂŞ vir ons, volgens Matt. 5, dat hierdie kenmerk dat ons nie misgekyk kan word nie, deel is van ons identiteit. Julle Ă­s lig, julle Ă­s sout. As jy wil weet wie jy is, kyk na sout en kyk na lig. Dit is wat God van ons gemaak het toe sy Heilige Gees ons nuut gemaak het en aan ons die geloof geskenk het. Nou is jy lig en sout in hierdie wĂŞreld. Hierdie identiteit word ‘n opdrag. Ons moet ons identiteit doelbewus uitleef. Matt. 5:16 sĂŞ dit duidelik: “Laat julle lig sĂł skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.â€?

8

Julie 2015

Jy v is sout

DEUR PROF.

Wat is hierdie goeie werke? Jesus het dit reeds gesĂŞ (Matt. 5:3-9). Die goeie werke begin met jou verhouding tot God: Dat jy weet alles kom van Hom af en jy is afhanklik van Hom, dat jy treur oor die sonde in die wĂŞreld, dat jy sagmoedig is, honger en dors na wat reg is, barmhartig, rein van hart en ‘n vredemaker is. Niemand kan jou miskyk as jy daarna soek om so te leef nie. Jesus sĂŞ dat jy salig, gelukkig of geseĂŤnd sal wees.

Hoe kan ek wees wat God my gemaak het? Ons sou ook kon vra: “Waarin lĂŞ my andersheid?â€? In jou eendersheid met Jesus: “Ons almal weerspieĂŤl die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees isâ€? (2 Kor. 3:18). Ek is ‘n sout en ‘n lig wanneer ek my laat vervul met God se Gees. Wanneer ek my wil ondergeskik stel aan die leiding van die Gees en myself oorgee sodat die Gees my kan verander en steeds meer en meer soos Christus laat wees. Dan straal Christus se heerlikheid uit my uit.


in diepte

rou, t en lig

GERT BREED

Dit help dus nie dat ek my bes probeer om sout en lig te wees nie, ek moet my tot beskikking van die Gees stel, sodat Hy my kan vul met Jesus se heerlikheid. Hy moet my meer en meer ‘n lig en sout laat wees. My gebed is dus nie: “Help my vandag, Here, dat ek lig en sout kan wees” nie. My gebed is: “Ek bied U hart en hande as gewillige offerhande, al wat ek is en het – Here ek is u gewillige instrument, gebruik my, wys my wat ek moet sê en doen.” Dan lééf jy, bewus van die Gees in jou, en jy begin luister na sy onderrig, sy troos, sy opdragte. In my gedagtes is ek nie meer alleen aan die probeer om God te verheerlik met my goeie dade nie – en dan vra ek God net om te kom help waar ek nie alleen kan regkom nie. Ek weet nou, die mense wat ek vandag gaan ontmoet is mense in wie God wil werk, Hy is aan die werk. Ek is die sout wat Hy uit die sak haal om te gebruik. Ek is die lamp wat Hy deur sy Gees opsteek om lig te bring in mense se seerkry en donker plekke. Ek moet biddend gereed bly om lig en sout te wees. Biddend my voortdurend tot beskikking van die Gees stel: “Hier is ek Here, stuur my.”

Begenadigdes kan sout en lig wees Ons het aan die begin gesê dat Jesus se uitspraak dat ons sout en lig is, ‘n beskrywing van ons identiteit is. Nou, na die uitstorting van die Heilige

Gees, weet ons nog beter wat Jesus bedoel het, naamlik dat ons nuut gemaak is om lig en sout te kan wees. Ons weet egter ook dat die Gees wat in ons woon aan elkeen van ons genadegawes gee waardeur ons mekaar en ander kan dien. As Jesus sê jy is sout en jy is lig, dan kan jy weet dat Hy deur sy Gees aan jou die wysheid, krag en vermoë sal gee om die geleenthede wat Hy vir jou skep om sout en lig te wees, te kan benut. Genadegawes is nie net uitsonderlike gawes nie, dit is ook die toerusting wat jy ontvang om byvoorbeeld die regte ding op die regte tyd te kan sê, om iemand se hartseer raak te sien, om dalk net vir iemand te glimlag wat moedeloos is. Belangrik egter is dat jy jou identiteit ken as bestuurder van God se ryke genade (1 Pet. 4:10). Jy is ‘n begenadigde van die Here, jy is geroep om sy genade uit te deel aan ander. Jy kan ‘n verskil maak, want jy is anders, anders gemaak deur die Gees. Jy is anders want jy ken die God van genade, en jy het sy genade ontvang om uit te deel as gewillige instrument van sy goeie Gees. Jy vrou, wees sout, wees lig – deel God se genade uit met milde hand onder aanvoering van God se Gees.

Julie 2015

9


leefdinge

Bybelse berading Ek soek dringend hulp! Ek is so lus om my goed te vat en te loop! Ek en my man was die eerste paar jaar so gelukkig getroud. Ons het mekaar in die kerk ontmoet en is nog steeds in dieselfde gemeente. Ons het albei goeie beroepe en het twee wonderlike kinders. Hy het egter bevordering gekry by sy werk en het nou ʼn baie belangrike pos. Hoewel ons finansieel baie daarby baat, ly ons verhouding erg daaronder. Hy kom al hoe later huis toe en is dan doodmoeg. Ek moet soggens vroeg, sowel as na werk, al die verantwoordelikhede van die huis en kinders op my skouers neem. Ek kan glad nie ʼn ongeorganiseerde huis en skedule verdra nie. Die gevolg is dat ek al hoe meer gespanne raak, omdat ek voel dat hy nie meer sy plig as man en pa nakom nie. Hy is ook baie meer gespanne weens die aard van sy werksomstandighede, en al die nuwe vereistes wat dit aan hom stel. Selfs Saterdae “moet” hy ter wille van sy werk, gereeld ontbytsessies bywoon of by die gholfbaan uithang om met sy werkmense te meng. Die res van die naweek is hy te moeg om iets te doen en ons kom al hoe minder by die kerk uit. Nou sit ons al hoe meer vas en het nie meer ʼn goeie woord vir mekaar te sê nie. Al ons gesprekke ontaard in rusies, wat al hoe hewiger word. Dit het nou al twee keer gebeur dat hy my fisiek wegstamp, omdat ek “volgens hom” selfsugtig is en sy situasie nie in ag neem nie. Waar gaan dit eindig? Ek is baie verward! Hoe gaan ek alleen oor die weg kom as ons skei? Dit gaan mos ʼn geweldige invloed op my kinders hê. Is daar nog hoop vir ons huwelik?

18

Julie 2015

E'4 EH9<Q46AGJBBE9 Julle gaan deur ʼn baie moeilike tyd in julle huwelik omdat jou man se bevordering groot veranderinge van julle vereis. Maar ek het nog baie hoop vir julle as ʼn gesin, omdat jy betyds besef dat dinge in die verkeerde rigting beweeg. Hoe gouer julle die woede wat in beide van julle opbou, uit die weg ruim, hoe gouer sal julle mekaar weer in liefde kan begin ondersteun en die vrede ervaar waaraan julle gewoond was vroeër. Ons word immers nie verniet in Ef. 4:26-27 gewaarsku dat: As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ʼn dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie. Julle ondervind tans geweldige konflik omdat julle manier van dink en doen grootliks van mekaar verskil, waarskynlik omdat julle in verskillende huise grootgeword het. (Dit kom feitlik in elke huwelik na vore as groot probleme hulle opwagting maak). Hoe elkeen van julle dink, bepaal immers hoe julle gaan reageer op gebeure, sowel as die keuses wat julle uitvoer. Jou man wil op die oomblik alles in die stryd werp om die hoogste sport in sy loopbaan te bereik. Daarom sal hy al sy energie gebruik ten einde in te pas in sy nuwe posisie by sy werk. Daarteenoor het jy ʼn intense begeerte om jou huidige sekuriteit in julle bestaande geordende lewe te behou. Julle voortdurende rusies is dus niks anders as intense emosionele reaksies op die groot veranderinge wat nou op julle pad gekom het nie. Jou man kan nie verstaan dat jy hom nie in sy nuwe posisie by die werk kan bystaan nie. Jy weer, kan nie verstaan dat jy geen ondersteuning van hom kan kry met die huislike pligte nie en hy stamp jou selfs weg as jy hom daaroor konfronteer. Wat julle albei moet besef, is dat beide van julle op die oomblik baie selfgesentreerd is. Julle moet mooi dink oor die groter doel van julle bestaan en van julle huwelik. Miskien is dit waarom daar ʼn beroep op ons as gelowiges gedoen word om onsself te gee as lewendige en heilige offers wat vir God aanneemlik is. Ook dat ons nie aan hierdie wêreld gelyk moet word nie, maar dat God ons denke moet vernuwe (Rom. 12:1-2). Dit beteken dat ons ons totaal daarop moet toelê om al hoe meer Godgesentreerd te lewe.


leefdinge

Ook in die huwelik moet ons hoogste prioriteit wees om God te eer en verheerlik en nie om ons eie begeertes te bevredig nie. Ons moet ons dus altyd deur die Heilige Gees laat lei ten opsigte van hoe ons voel, reageer en optree teenoor mekaar. In Gal. 5:19-22 word ons sondige natuur, (ons eie ek) waaruit naywer, woede, rusies, en sulke dinge vloei, dan ook lynreg gestel teenoor die vrug van die Gees, waaronder liefde, geduld, nederigheid en selfbeheersing pertinent genoem word. Ons moet minder word sodat God meer kan word (Joh.3:30).

Hoe kan ons keer dat gesprekke in rusies ontaard? t 0PSXFFH EJU PN TBBN OB Î QSPGFTTJPOFMF QFSTPPO UPF UF HBBO PN UF CFQBBM hoe, en wat alles daartoe aanleiding gegee het dat julle reaksies en keuses verskil. As julle sodoende insig het in mekaar se denkraamwerke, sal julle baie meer verdraagsaamheid ten opsigte van die verskille in julle reaksies en keuses kan verkry. t %JOL WFSWPMHFOT BBO (PE TF HSPPU QMBO NFU KVMMF MFXFOT (PE JT UPUBBM JO beheer en volgens sy raadsplan het Hy ons al voor die skepping in Christus uitverkies om sy kinders te wees (Ef. 1:4-5). Weeg die grootsheid van die gedagte op teen die nietige situasies waaroor julle humeur verloor net om julle verhouding groot skade te berokken. Ps. 37:8 stel die sinneloosheid van woede baie mooi: Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. t "T KVMMF HFTQSFLLF OPHUBOT JO XPFEF POUBBSE POUIPV XPFEF POUMPOU gewoonlik net nog woede. Indien jy voel jy word te na gekom, moet jy nie spontaan emosioneel reageer nie. Laat sak jou stem en stel jou standpunt sag, vriendelik en beslis. Onthou ʼn sagte antwoord laat die woede bedaar; ʼn krenkende woord laat woede ontvlam (Spreuke 15:1). t 4PNUZET JT EJU OPEJH PN OFU WFSTLPOJOH UF NBBL FO CZWPPSCFFME KPV HFTJH te gaan was sodat jou ontsteltenis kan bedaar. Dit sal jou die geleentheid gee om te dink oor jou emosies en die situasie weer in die regte perspektief te plaas. t .PFOJF BT KVMMF WBTTJU PPS JFUT PV LPFJF VJU EJF TMPPU HSBXF OJF Wees geduldig met mekaar... Soos die Here julle vergewe moet julle mekaar ook vergewe (Kol.3:13). En dit is volkome! Dit is ʼn opdrag van Jesus (Matt. 18:21-22). t 8FFT WFSBM OFEFSJH JO EJF TJUVBTJF *O 1FU TUBBO EBBS Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. t #JE WPPSUEVSFOE WJS NFLBBS FO WJS KVMMF IVXFMJL %JF HFCFE WBO Î HFMPXJHF het ʼn kragtige uitwerking (Jak. 5:16). In Christus is daar beslis hoop vir julle huwelik!

Julie 2015

19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.