MAART 2017
Die Gereformeerde
Vroueblad VVV... Vergewe, Vergeet, Vorentoe!
KOM KUIER SAAM BY GK NEWCLARE
’n Baba is gebore w w w. g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n
Inhoud Maart 2017 Gereeld
Leefdinge
3 4 5
12
Redakteursbrief Lidmaatpraat Ds. SĂŞ my
14 15 16 18 20 22 24
In-diepte 6
Vergewe
8
Vergeet
10 Vorentoe
Twee lewenslesse op ‘n Maandag Teks & Vers: Grys Area – vergifnis Teks & Vers: Dagboek Boekeblad Bybelse berading: Dr. Trudie Kinta se ma: Kinta & Ma & VVV ’n Baba is gebore Gemeente-MosaĂŻek: Ons kuier by die GK Newclare
REDAKSIEKOMMISSIE: REDAKTEUR ASSISTENTREDAKTEUR GRAFIESE ONTWERP EN UITLEG SEKRETARESSE WEBREDAKTEUR ADDISIONELE LEDE
Cobie Steyn Griet Swanepoel Karien Brink Marlette van Rooyen Grietjie Prinsloo Ds. Johan Botha & Annamie Odendaal
Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad, Posbus 178, Lydenburg 1120, Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 % POS ADRES #OBIE 3TEYN COBIESTEYN LIVE COM Internetadres: www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: -E !NGIE -OKOBI 4EL TYDSKRIFTE GKSA CO ZA Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld: s 62/5%",!$ 3%,& !&(!!, "9 !$-). "52/ 0/3'%,$ 5)4'%3,5)4 R165,00 s %,%+42/.)%3% ).4%+%.).' R100.00 s 62/5%",!$ ). '2/%0 .! $)% '%-%%.4% 0/3'%,$ ).'%3,5)4 R247.00 s 62/5%",!$ 7/2$ '%34552 0/3'%,$ ).'%3,5)4 R268.00 HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 JULIE 2016 TOT 30 JUNIE 2017. (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X
26
30 31 31 31
Gemeente-MosaĂŻek: ’n Sommernet-begin by die GK Randburg Fokus op die gelowige vrou van vandag: Vrou van vandag: gelowig-wees en ek-wees Resepteblad: Ouma Alberta se “party-dipâ€? Hartskatte Lees in April 2017 Gemeentedagboek Intekenvorm
32
Kaleidoskoop Maart 2017
28
29
‘N PUBLIKASIE VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE VAN SUID-AFRIKA MAART 2017
Die Gereformeerde
Vroueblad VVV... Vergewe, Vergeet, Vorentoe!
KOM KUIER SAAM BY GK NEWCLARE
Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.
’n Baba is gebore w w w. g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n
Ander Publikasies van die Gksa: s $IE +ERKBLAD s $IE 3LINGERVEL ,AERSKOOLKINDERS s $IE +RUISPAD TIENERS EN JONGMENSE
Wil jy gesels oor iets? ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: s 3-3 (begin SMS met VB) s % POS COBIESTEYN LIVE COM s Facebookblad: Gereformeerde Vroueblad s 3LAKKEPOS 0OSBUS Lydenburg 1120. (Hierdie besonderhede is nie vir administratiewe soos inskrywings of kansellasies bedoel nie – skakel die Administratiewe Buro in Potchefstroom: (018) 297 3986)
JAARGANG 71 NOMMER 9
2
Maart 2017
VVV ...
brief van die redakteur
“Om iemand volkome te vergewe, beteken nie noodwendig dat ons saam met hulle sal wil gaan vakansie hou nie, maar dit beteken wel dat ons die bitterheid in ons hart oor wat hulle gedoen het, laat vaar” (Uit: Volkome Vergifnis deur RT Kendall; Cum-Uitgewers, 2011; p. 33). Liewe susters in die Here, “Ek sal vergewe – maar vergeet? Nooit!” Hoeveel keer het jy al hierdie woorde gehoor, of dalk sélf gesê? Vergifnis is een van daardie dinge wat ons liewers diep en ver wil wegbêre. Ons kry eerder ‘n stille bevrediging daaruit om ‘n onreg wat iemand my aangedoen het, aan die wêreld oor te vertel. En in die hele proses, koester jy die verbittering in jou hart en stook jy jou eie haat-vuurtjie hier diep in jou binneste. Ons het mooi agterdeurtjies gekry om van hierdie uiters moeilike opdrag van die Here af weg te vlug. So het iemand eendag gesê: “Ek hoef nie te vergewe nie – ek laat dit aan die Here oor, dit is Hy wat moet vergewe!” Daarmee omseil ‘n mens dan jou eie verantwoordelikheid tot vergifnis, want om ander te vergewe is ‘n direkte opdrag wat in die Bybel geskryf staan: “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het” (Ef. 4:32) en “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe” (Kol. 3:13). Wat meer is, in hierdie twee verse word ons vergewensgesindheid direk gekoppel aan God se onvoorwaardelike vergifnis: “... soos God julle ook in Christus vergewe het” (Ef. 4:32b) en “Soos die Here julle vergewe het...” (Kol. 3:13a). Om te vergewe, maak jouself los van bitterheid en wraak, van die aftakeling van jou eie menswees en
gees. By ‘n teologiese byeenkoms van predikante het ‘n dominee eendag dié mooi beeld gebruik (en ek weet ongelukkig nie of hyself of iemand anders dit eerste uitgedink het nie, maar die toepassing bly van pas): Om te bly haat en wrokke te koester, om te wil vergeld, is soos wanneer ‘n mens deur ‘n dodelike slang gepik is. In plaas van dan stil te gaan lê en hulp te soek, beweeg en roer jy – jaag jy die slang. En wat gebeur? Die gif van die slang versprei deur jou lyf en lei tot jou uiteindelike dood. Net so maak haat en bitterheid jou binnekant later geestelik dood. Deur te bly jag maak op die persoon wat jou verontreg het, verlam jy jouself. Laat gaan eerder die wrokke, die bitterheid, die haat – natuurlik kom vergifnis met groot opoffering, die kruisiging van jou eie ek. Maar vergifnis bevry jou van die wraak-wurgketting wat jou wil versmoor, dan eers kan jy begin dink daaraan om die wandaad wat teen jou gepleeg is, te vergeet en wanneer jy nie meer verlam is nie en die “gif” van wrokkigheid uit jou sisteem is, kan jy vorentoe beweeg. Daarom hierdie maand: VVV! Nee, dis nie wat jy dink nie. Dis nie Vreemde Vlieënde Voorwerpe nie. Dis Vergewe, Vergeet en Vorentoe! Tot volgende maand dan,
Cobie Steyn
Errata: In Februariemaand 2017 se blad het ons berig oor Prof. TT Cloete se boek Die misterie van twee vroue. Briewe aan Anna (p. 22-23). Ons het per abuis Prof. TT Cloete se geboortedatum foutief aangehaal. Dit moes lees: Op 29 Julie 2015 sterf ‘n biblioteek. Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons! Besoek gerus ons Facebookblad – daar kry jy pitkos vir die dag en kan jy met geloofsgenote gesels. Kom gesels saam oor die moeilike, maar bevrydende pad van vergifnis.
Maart 2017
3
IN DIEPTE TRILOGIE
DEUR JAAI DU PLESSIS
Maar hoe nou as ek net rustig besig was om te lewe en niemand te pla nie en ek word sonder waarskuwing ‘n ding aangedoen wat ek in my wildste drome nie verwag het nie? Jou ganse spreekwoordelike appelkar het omgeval en die appels van jou hele lewe lê gestrooi oor die aarde. Niks kan ooit weer dieselfde wees nie.
6
Maart 2017
IN DIEPTE TRILOGIE Vergewe deur net te laat gaan Party kere moet jy dinge maar net laat gaan. Op ‘n dag tydens my jare as weduwee het ek met betraande oë besef ‘n verhouding waarin ek betrokke was moet verbreek word. Dadelik, en met so min bohaai as moontlik. Op daardie oomblik was ek met stomheid geslaan en het ek by Koos du Plessis ‘n kalf gaan leen om mee te ploeg en sy “Groet sonder Woorde” se woorde (vry aangehaal) gebruik om mee te groet: “Laat ons nie praat nie, die tyd is verby... niemand is kwaad nie en albei is vry... stilweg word ons wys en ouer, eendag sal ons dalk verstaan... ek groet sonder woorde want hartseer is stom”. Die meer filosofiese benadering het gewerk met hierdie man met sy ingewikkelde binneste: niemand wás kwaad nie... en albei was vry. ’n Mens hoef nie altyd alles tot op die been oop te kloof en uit te pluis nie. Laat los! Laat liewer gaan!
om jouself te verstaan en jou emosies te hanteer. Natuurlik sal jy kwaad wees, kwaad voel, as jy te na gekom is. Dit is ‘n natuurlike, menslike reaksie. Belangrik is dit wel dat jy jou bes sal probeer om nie te sondig terwyl jy kwaad is nie en beslis nie kwaad met kwaad sal probeer vergeld nie (1 Tess. 5:15).
Ander kere is dit meer ingewikkeld en kan dinge nie maar net soos ‘n kers doodgeblaas word nie. Daar is sekerlik ‘n menigte maniere waarop ‘n mens kan reageer in enige situasie. ‘n Indeling wat nog altyd vir my baie sin maak verdeel mense in drie groepe. Jy kry die “As-Gevolg-Van”mense, die “Ten-Koste-Van”-mense en die “Ten-Spyte-Van”mense.
Daar is ’n tussenfase tussen die besef dat iets gebeur het, en jou reaksie daarop. In die sielkunde praat ons van die “self talk” wat in daardie breukdeel van ‘n sekonde plaasvind. Met ander woorde: Iets gebeur, jy praat met jouself daaroor en dit is hierdie na-binne-toe-praat wat bepaal hoe jy gaan reageer en uiteindelik gaan voel, glad nie die oorspronklike gebeurtenis nie. Regtig. Kom ons neem ‘n voorbeeld: ‘n Belegger verdwyn met die meeste van jou geld. Jy kan óf vir jouself sê: “Dit is ‘n absolute katastrofe”, en dan dienooreenkomstig met ‘n emosionele ontploffing reageer. Of jy kan vir jouself sê: “Dit is regtig báie erg, maar die Here het my nog nooit in die steek gelaat nie – Hy sal ook nou na my kyk”, en baie kalmer en rasioneel wees. Na hierdie “self talk” volg jou optrede wat ook onder jou beheer is, en albei beïnvloed jou emosie. Dit is so wonderlik soos wat die Here ons geskape het. As gelowiges kan ons ook staatmaak op die leiding van die Heilige Gees, want ons weet verseker Hy vertolk ons emosies en gevoelens by die Vader, daar waar ons ver tekortskiet (vgl. Rom. 8:26-30).
Langdurige gebroei oor gebeure
Werk hard daaraan om die verontregter te verstaan
Die “As-Gevolg-Van” mense het altyd ‘n rede waarom dit met hulle sleg gaan... en aanhou sleg gaan: “As gevolg van die feit dat ek hierdie ding aangedoen is, gaan dit met my sleg. Dit is íémand se skuld en ek kan niks doen om my situasie te verbeter nie.” Daar word voortdurend gebroei oor die gebeure, want mense moet ingelig word en daar moet onthou word wat gebeur het. Hoe meer jy die verontregting in jou binneste vertroetel, van die verontregter se daad bly oorvertel aan almal wat wil luister, hoe meer voed jy jou haat en woede, en hoe minder kom jy tot volle vergifnis.
Die volgende stap is om te probeer verstaan wat die persoon wat jou benadeel het, se dryfveer was. Hier gaan dit oor verstaan, nie verskonings soek nie. Behalwe vir die bekende feite dat mense wat byvoorbeeld gemolesteer is in hul kinderjare in sommige gevalle ook molesteerders word, is daar ook die realiteit van onvoorsiene gevolge.
Wanneer vergifnis moeiliker word
Heel eerste moet die “As-Gevolg-Van”-mens weer onthou wat in Rom. 8:37 staan: Wat ook al in my lewe gebeur, in Christus is ek meer as oorwinnaar. Géén saak kan veroorsaak dat God sy plan met my lewe nie verwesenlik nie (Die Bybel in Praktyk, p.1742). Gooi dus die slagoffer-mantel af en kyk die probleem in die oë.
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie Om te probeer verstaan is ‘n belangrike vroeë stap in die in-die-oë kyk van ‘n probleem. Probeer miskien heel eerste
In die onlangse verlede het iemand met twee honde gaan stap. Die een hond se tuigie was half gehawend maar die eienaar het nie gedink dit is ernstig nie. Eintlik het sy nie gedínk nie. Die hond het losgekom uit die tuig, ‘n kind aangeval... en doodgebyt. So dikwels ruk dinge handuit nadat iemand selfs doelbewus skade probeer aanrig het, en die skade dan buite beheer voortwoed en die persoon by wie dit begin het, nie by magte is om dit te keer nie.
Volg in Christus se voetspore van vergifnis ’n Mens kan géén beter voorbeeld kry om te probeer navolg nie as dié van Christus toe Hy aan die kruis gebid het: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie (Luk. 23:34).
LIDMAATPRAAT: Ria Julius: Vergifnis maak jou lewe reg. Moet niks opkrop nie. Dit is goed om te vergewe, dit is goed vir ons gesondheid. Ek het almal vergewe wat my seergemaak het en ek doen dit na die voorbeeld van ons Here Jesus wat op die kruis gebid het: “Vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”. Wees versigtig hoe jy jou lewe lei!
Maart 2017
7
LEEFDINGE
Gesprek
met Kinta
Ma & Kinta & VVV! Deur Kinta se Ma (skuilnaam)
20
Maart 2017
LEEFDINGE (Toe Kinta in die kar klim laat sy nie op haar wag nie) Ma, ek verstaan wérklik nie hoekom mense mekaar nie net kan vergewe nie? Ek weet nie wat om te maak met twee van my vriendinne wat glad nie met mekaar wil praat nie? En ek sit nou straks in die middel van die twee se onmin. Middag Kinta, jammer om te hoor jy het nie die beste van dae gehad nie. Gelukkig kan jy eers ’n paar lengtes gaan swem om af te koel voor jy musiekles toe moet gaan. Het Ma gehoor wat ek gesê het? Dinge is glad nie lekker tussen Leigh-Ann en Saartjie nie, en ek moet net bontstaan om nie iemand se kant te kies nie. So, het jy vir my meer detail? Elke storie het mos drie kante, die twee partye s’n en dan die werklikheid. Hierdie storie het baie meer kante, myne ook en sommer nog ander kinders s’n ook. Die ergste van als is dat dit eintlik daaroor gaan dat altwee verlief is op dieselfde ou in ons skool. Leigh-Ann is nou sy meisie in die geheim – of so loop die storie. Soos dit gewoonlik gaan, het iemand toe uitgevind en vir Saartjie gesê en nou praat Saartjie en Leigh-Ann nie met mekaar nie. Die storie het natuurlik nog ’n paar sterte bygekry want mense hou meer van ’n soetsappige storie as die waarheid. So wat is dan die werklikheid? Saartjie is glad nie gelukkig oor die saak nie, want sy voel verraai deur Leigh-Ann. Volgens haar het hulle altwee besef hulle het gevoelens vir Reinhardt en het toe ooreengekom dat nie een van hulle met hom sal uitgaan of die verhouding najaag nie, eerder as om deur hom hulle vriendskap te versuur. Leigh-Ann, aan die ander kant, het blykbaar vir Reinhardt gesê sy wil nie met hom in ’n verhouding wees nie want dit plaas haar in ’n moeilike posisie. Uiteinde is hulle is nie eintlik “saam” nie, maar Saartjie glo nie vir Leigh-Ann nie as gevolg van die skinderstorie. So om Ma te antwoord: in my oë is die werklikheid dat beide nie bereid is om met mekaar eerlik te gesels nie. Wel, wat ek hoor is dat elkeen van jou vriendinne geregverdig voel in hoe hulle die situasie sien. As God ons so moes hanteer het, was ons dalk vir ewig in ons sonde vasgevang gewees. Ons was in vyandskap met Hom maar in sy genade het Christus al ons sonde skoongevee en vergewe. Sjoe, weet Ma dit herinner my nou aan die gedeelte iewers in Psalms wat sê dat die Here ons oortredinge so ver as wat die weste van ooste is van ons af verwyder en dat God ons nie hanteer volgens ons sondes nie. Ja, dis Psalm 103, en dit sê ook dis omdat Hy ons so ontsettend lief het, dat Hy dit doen. Maar hoe op dees aarde laat ek hulle twee dit begryp – terwyl hulle nog so kwaad is vir mekaar. Ek sal graag vorentoe saam met altwee van hulle in vrede wil aan kuier. Om te vergewe en te vergeet is nie eenvoudig nie en dit neem ’n ongelooflike groot geloofsprong vir meeste mense, selfs vir ons wat al ouer is. Ek dink hoe gouer hulle by mekaar kan uitkom, hoe beter. Dit sal ook beter wees as dit nie by een van hulle se huise is nie. Dink Ma ek kan hulle hierheen nooi? Dis ’n brawe gedagte, jy gaan moet diep asemhaal elke keer voor jy jou mond oopmaak en die uitdaging gaan wees om as vrederegter onpartydig te bly. Ek stel verder voor jy bel elkeen van hulle en vertel hulle wat hulle afsonderlike en gesamentlike vriendskap vir jou beteken, dat jy nie wil kant kies nie en dat jy bereid is om by te sit as hulle dinge wil uitpraat. Daarna kan jy dalk Ef. 4:32 vir hulle whatsapp op die driemanskap-group. Ek gaan hulle nou dadelik message op die group en hulle uitnooi vir Saterdag, daar is nooit ’n beter tyd as nóú nie. Dit is ’n nice teksgedeelte Ma, ek het dit gou hier op my Bible App opgesoek, veral die laaste gedeelte van die teksvers wat sê dat ons mekaar moet vergewe soos God ons in Christus vergewe het. (In die agtergrond begin Nicholis Louw se bekende liedjie “Vergeet en Vergewe” oor die radio te speel) Nou toe Kinta, dit klink glad asof die omroeper gehoor het waaroor ons gesels, die liedjie se woorde sinspeel om onvoorwaardelik te vergewe en te vergeet. Daar steek tog baie waarheid in dié woorde, jy kan nie iemand volkome vergewe as ’n mens nie jou woede en wrokke ten volle laat gaan nie. Die ergste is as jy nie vergewe nie, gun jy nie die ander persoon God se genade nie. Net so Kinta, dit bly maar altyd ’n gebedsaak, maar ook ’n hartsaak wat ’n mens uitgesels met God. En ʼn mens self kan ook mos nie vorentoe beweeg met onvergewensgesindheid in jou verlede of hede nie, né Ma?” Verseker nie, Kinta. Maar jy sal moet wikkel in die swembad met jou lengtes vir vandag sodat ons jou nog betyds by jou musiekles kan kry.
Maart 2017
21