NOVEMBER 2015
Die Gereformeerde
Vroueblad Godsvrug WEES HEILIG, WANT EK IS HEILIG
‘n Bakkie jellie en Groblersdal vier vla vir pa 75-jarige fees
w w w. g k s a . o rg. z a / Tyd s k r i f t e / v ro u e b l a d - i n t e ke n
INHOUD
November 6
JAARGANG 70 NOMMER 6
10
12
GEREELD 3 4 5
Redakteursbrief Lidmaatpraat Ds. SĂŞ my
NOVEMBER 2015
Die Gereformeerde
Vroueblad God Godsvrug ods dsv svr vru rug ug Die mooi in niks
IN DIEPTE 6
8 10
Groblersdal vier 75-jarige fees
Verryk jou volharding met godsvrug In God se teenwoordigheid Wees heilig, want Ek is heilig
w w w. g k s a . o rg. z a / Tyd s k r i f t e / v ro u e b l a d - i n t e ke n
Ander Publikasies van die Gksa: • Die Kerkblad • Die Slingervel (Laerskoolkinders) • Die Kruispad (tieners en jongmense) Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.
2
November 2015
en vir joteur omfa, k e T
g jou doin Teks & Vers: Godsvrug d vrien blaindop Teks & Vers: Dagboek ons .org.za Boekeblad w ww .gksa Bybelse berading LEEFDINGE
14 15 16 18 20 22 24 26 27 28 29 29 29 30 31 32
Gesprek met Kinta ... Godsvrug Gemeente-MosaĂŻek Groblersdal vier 75-jarige fees Gemeente-MosaĂŻek: Ons kuier by GK Rustenburg Gemeente-MosaĂŻek: Saamtrekstreke Gemeente-MosaĂŻek: Bybelstudie en Saamtrekwenke Resepteblad: Vakansiekoekies Lees in Desember 2015/Januarie 2016 Gemeentedagboek Intekenvorm Hartskatte Lens op die Bybel Kaleidoskoop November 2015
Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistentredaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Karien Brink (bladuitleg) Annelize Fourie Prof. Ben de Klerk Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com
Internetadres: www.gksa.org.za/ • VROUEBLAD (IN GROEP NA Tydskrifte/vroueblad-inteken DIE GEMEENTE, POSGELD Navrae: INGESLUIT): R231.00 Rekenings, adresveranderings, • VROUEBLAD (WORD GESTUUR, intekening, bladbouers: POSGELD INGESLUIT): R250.00 Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 3986, tydskrifte@gksa.co.za JULIE 2015 TOT 30 JUNIE 2016. Eienaars en uitgewers: (Intekening word as voortgesit Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA beskou solank dit nie gekanselleer Intekengeld: word nie.) • VROUEBLAD (SELF AFHAAL Drukkers: BY ADMIN BURO, POSGELD V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, UITGESLUIT): R154,00 ISSN 0378 407 X • ELEKTRONIESE INTEKENING: R100.00 Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diÊ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.
redakteursbrief
Godsvrug Liewe susters in die Here, Hierdie maand is ons by een van die begrippe van die “leer van geloofsgroeiâ€? (2 Pet. 1) wat ons oor die afgelope tyd “geklimâ€? het, wat moeilik nog inpas in ons moderne idioom: “Godsvrugâ€?. Maar dis heerlik om te weet dat die Here mense begenadig om hierdie woord vir ons aarde toe te bring, te kom toepas in ons alledaagse lewe. Lees maar hoedat Albert Coetsee diĂŠ woord vir ons maklik maak en betekenis gee: Om toegewyd aan God te lewe. Dan kom Amanda en sĂŞ om toegewyd aan God te leef, moet jy aan Hom vas wees, naby Hom lewe en Jacomien delf sommer diep in die opdrag van God self: Wees heilig, want Ek is heilig. Om toegewyd aan God te leef, om dus die selfbeheersing met godsvrug te verryk, moet jy jouself en jou hele lewe, dit wat jy is en het, tot beskikking van die Here stel. Dit herinner skerp aan Maria se woorde toe die engel aan haar verskyn het om Christus se geboorte aan te kondig: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesĂŞ hetâ€? (Luk. 1: 38). Godsvrug, toewyding aan die Here vra jou volle aandag, al jou krag en energie – jou hele menswees volledig aan God oorgegee. Dit beteken dat mense altyd sal kan sien dat jy jouself volledig aan God oorgee: Agter die stuur van jou motor, in jou huis waar jy ontspan voor die televisie, op die sportveld, in die erediens, by jou werk – waar jy ook al heen beweeg en in watter kringe jy ook al leef. November is die maand wat pa die motor en die Ventersleepwa nagaan en ma solank die kleinkoekies en die beskuit begin bak. Dit is diĂŠ tyd van die jaar wat jy moeg van lyf en moeg van kop raak, suf gewerk en geleef en met reikhalsende verlange uitsien na die Desembervakansie wat om die draai wag. Ek bid dat die komende rustyd ook weer vir elkeen van julle die geleentheid sal gee om stil te word voor die Here, om bestekopname te maak van waar jy in jou verhouding met jou hemelse Vader staan, sodat jou toewyding aan Hom weer kan verinnig. Hartlike Vrouebladgroete
Cobie Steyn NS: Al het ons nie meer ‘n brieweblad nie, is jy steeds welkom om vir ons ‘n SMS te stuur na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of ’n brief te e-pos aan cobiesteyn@live.com of jou mening op ons Facebookblad te gaan lug of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons hoor graag wat leef in die harte van die lesers.
Foto: Lydenburg.
“Ek wil in u waarheid wandel, toegewy en dienend handel, met my hele hart U prys, altyd eer aan U bewysâ€? (Psalm 86-2: 4; laaste 4 reĂŤls). Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!
ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120
(Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)
November 2015
3
in diepte Die afgelope paar maande is ons besig om die “leer van die geloof� uit
! “geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, DIE VOLHARDING MET GODSVRUG, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.�
Verryk jou volharding met godsvrug! DEUR DR. ALBERT COETSEE (GK UITSCHOT)
6
November 2015
in diepte Waaroor gaan dit hier? By monde van die apostel Petrus openbaar die Here dat gelowiges nooit passief mag wees in hulle geloofsvorming nie. Ons mag nooit agteroor sit en tevrede wees met die vlak van ons geestelike volwassenheid nie. Inteendeel, ons moet alles in die stryd werp om ons geloof te verryk. Ons moet des te meer daartoe strewe dat God nog meer en meer in en deur ons lewens verheerlik word. Dit doen ons volgens 2 Pet. 1:57 wanneer ons bou op die gawes wat God ons gee deur ons geloof te verryk met sekere eienskappe of deugde. Die vyfde eienskap in hierdie lys waarmee ons ons geloof moet verryk, is “godsvrug”.
Wat is “godsvrug”? Ek gaan my verstout om te sê dat die woord “godsvrug” nie meer in algemene gebruik is vandag nie. Vra jou tiener wat “godsvrug” beteken, en dit sal waarskynlik vir jou duidelik wees dat die woord verouder het. En net soos met baie ander Afrikaanse woorde, is dit eintlik baie jammer dat dit die geval is. Die Griekse woord wat in 2 Pet. 1:6 vertaal word met “godsvrug”, is eusebeia. In antieke Grieks het die woord verwys na die gepaste houding wat iemand teenoor die gode of sosiale strukture moes inneem. Op soortgelyke wyse word die woord ook in die Nuwe Testament gebruik – maar dan met een reuse (en baie logiese) verskil: In die Nuwe Testament verwys die woord na die gepaste houding wat gelowiges moet inneem slegs teenoor die enigste ware God! En wat of hoe is hierdie houding? Dit is ’n houding van absolute eerbied en respek. Dit is ’n lewenswyse wat deurdrenk is met die besef van wie God is, en hoe oneindig ver verhewe Hy bo die mens is. Dit is ’n lewe wat geleef word in totale toewyding aan God. In die lig van bogenoemde kan ons godsvrug ook vertaal met “hoogste eerbied”, “eindelose respek”, “grootste ontsag” of “volkome toewyding ” (en ja, die adjektiewe is telkens nodig). Die HAT verklaar godsvrug juis as volg: “Godsdienstige toegewydheid; godvresendheid, vroomheid”. Die woord godsvrug bevat dus baie
sterk die gedagte van “toewyding aan God”. Dit is ook presies hoe die 1983/92-Afrikaanse Vertaling die woord eusebeia op verskeie plekke (vgl. 1 Tim. 2:2; 4:7-8; 6:11; 2 Pet. 3:11) vertaal. Baie woordeboeke vertaal godsvrug ook met “piëteit” of “vroomheid”, wat baie gepaste vertalings is mits jy dit verstaan as uitdrukkings van die Bybelse, nieskynheilige toewyding wat ons aan God verskuldig is.
Wat word van ons verwag? In 2 Pet. 1:6 beveel die Here ons by monde van die apostel Petrus om naas deugsaamheid, kennis, selfbeheersing en volharding, ons geloof ook te verryk met godsvrug. In die lig van die bogenoemde verklaring beveel die Here ons dat ons alles in die stryd moet werp om meer en meer toegewyd aan Hom te lewe. Ons moet al hoe meer en meer wegdoen met al die dinge wat ons toewyding aan Hom laat verslap, en al hoe meer en meer die dinge doen wat ons toewyding aan Hom laat toeneem. Dit sluit baie nou aan by dit wat die Here ons beveel by monde van die apostel Paulus in 1 Tim. 4:7, waar die woord eusebeia ook voorkom: “Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe”. En is “oefen” nie ’n baie gepaste woord om ons opdrag mee te beskrywe nie? Net soos ’n atleet homself fisiek tot die uiterste toe oefen deur sy allerbeste te gee, so moet ons ons allerbeste gee vir die Allerhoogste deur sonder opbou geestelik te oefen om in toewyding aan Hom te lewe. Net soos ’n atleet alle onnodige laste van hom afgooi sodat hy so gemaklik as moontlik kan oefen, so moet ons alle laste van ons afgooi wat ons kan verhinder om te groei in ons toewyding aan God (soos byvoorbeeld skewe prioriteite). Net soos ’n atleet altyd sy doel voor oë hou, so moet ons sonder ophou mik na ons geestelike doel: Om volkome toegewy te lewe aan God in Christus.
Hoe kry ons dit reg?
Onder andere deur te bid en deur te doen (Latyn: Ora et labora): In die eerste plek mag en moet ek en jy elke dag bid dat die Heilige Gees ons sal lei om in alles aan God toegewy te lewe. Ons moet bid dat Hy ons sal wys op die dinge wat maak dat ons in ons toewyding verslap, en dat Hy ons sal wys op die plekke in ons lewens waar ons nog meer in ons toewyding kan groei. In die tweede plek groei ons in ons toewyding aan God deur ons geloof in die praktyk van elke dag uit te leef. Hoe meer ons ons geloof uitleef in die magdom situasies waarin ons elke dag kom, hoe fyngevoeliger sal ons word oor wat dit beteken om in toewyding aan God te lewe. Dit sal daartoe lei dat ons onsself telkens in elke situasie afvra: Watter optrede sal wys dat ek toegewy aan God lewe (Ef. 5:10)? Mag ons deur God se genade des te meer daartoe strewe dat Hy nog meer en meer in en deur ons lewens verheerlik word deur elke dag meer en meer in toewyding aan Hom te lewe.
L I D M A AT P R A AT
Emma du Preez: Om in hierdie tyd van vandag, 2015, te leef verg van Christene volharding in die geloof. Deur die kruis op te neem, en met selfbeheersing, moet ons alles in die stryd werp om ons naaste te bereik (te betrek) deur ons geloofslewe en voorbeeld. In die samelewing en waar ons ookal met ons naaste in aanraking kom moet ons lewe toon hoe goed die Here vir ons is. Uit die godsvrug kom broederliefde na vore wat ons vir mekaar gee volgens Gal. 5: 22.
Nou hoe kry ons dit reg om meer en meer in toewyding aan God te lewe?
November 2015
7
LEEFDINGE ~ GEMEENTE-MOSAĂ?EK
Here, U was vir 75 jaar DEUR RIA LINDEQUE
In ʼn dankfees aan die driemaal Heilige God vir sy ryke seÍninge was die terrein van die Gereformeerde Kerk Groblersdal van 11 tot 13 September 2015 met feestelikheid getooi.
November 2015
Voorbereidings Oor ʼn tydperk van ongeveer agtien maande is hierdie naweek met fyn noukeurigheid beplan. Die tuin is minder arbeidsintensief uitgelê; onderhoudwerk aan die geboue is opgeskerp; oudlidmate is opgespoor; uitnodigings is uitgestuur; navorsing oor die geskiedenis van die gemeente is gedoen en “onthoustories”’ is aangeteken. Die “storie” van die kerk is in ʼn feesalbum opgeteken en ʼn egte leeraktesak, met ʼn spesiaal ontwerpte logo, is as aandenking beskikbaar gestel. Soos in oorlede ds. Peet Venter (predikant 1954-1957) se geliefde woorde: “Dáár ver, in klein vammelewe”, is die hele fees om ʼn nagmaalnaweek gereël. Vrydagmiddag het feesgangers begin arriveer, braaivleisvure het hoog gebrand, ou bande is hernu en nuwe bande gesmee. Die nuwe lapa en braaiarea is gesellig in gebruik geneem.
Geestelike verryking Die geestelike ervaring wat in die naweek opgesluit was, was kosbaar. Die twee oudste broeders in die gemeente, LAS van Wyk en Dries Vermeulen, het ʼn gedenkplaat met die woorde: Geseënd is die... (Matt. 5) onthul. Dit het die oorheersende tema van die naweek geword. Ds. LSD du Plessis het Saterdagmiddag, tydens die voorbereidingsdiens, die betekenis van die woord “makarios” (salig, geseënd, waarlik gelukkig) in sy vertikale, Christelike betekenis as die hoogste vreugde in ons hart, as ewige dimensie, uitgelig. Twee jong susters het onder die boodskap van die belofte dat die Here hulle in alle omstandighede sal vashou en seën, hulle geloof bely. Ds. Peet Smit (predikant 1958-1961) het Sondagoggend die nagmaaldiens gelei met die fokus op salig die wat honger en dors na die geregtigheid, die vrug van die verdienste van Christus aan die kruis. Geestelike honger en
dors na ons Skepper is ʼn begeerte tot volkome vergifnis en ʼn smagting na die sekerheid wat die sakramente en sy Woord aan ons gee. Ds. du Plessis het die nagmalformulier voorgelees, ds. Smit het die eerste nagmaalstafel en ds. Hessel Dijkstra (predikant 1975-2002) die tweede nagmaalstafel bedien. Soos gebruiklik is direk ná die nagmaal oorgegaan tot die nabetragtingsdiens. In aansluiting by die woorde op die hoeksteen van die eerste kerkgebou, asook die teksgedeelte tydens die 50-jarige feesvieringe, het ds. Dijkstra klem gelê op Psalm 100:2: Dien die Heer met blydskap. Ons is opgeroep tot vreugdevolle diensbereidheid om te leef in die versadiging van niks sal my ontbreek nie, en om God se naam in die feestelike geleentheid van die erediens te bely. Hy het vir ons weerlose kinders gebid dat die bereidheid om geroepe te wees om vir God te lewe in hulle sal groei en dat hulle omring sal wees met mense wat vir God omgee.
Saamwees rondom ’n tafel Verfrissende vrugtedrankies, smaakvol gedekte tafels en die geur van ʼn keurig voorbereide ete deur die susters, het na afloop van die voorbereidingsdiens die feesgangers uitgenooi na die eerste kerkgebou, die huidige saal. Prof. Gert Jordaan, ʼn katkisant uit die gemeente, het met ʼn kostelike beskrywing van die opgrawing van ʼn oer-gereformeerde, al die aandag op sy boodskap gevestig. Die gesellige atmosfeer is opgeluister met samesang, met onder andere die ou voortrekkerwysies van Psalm 100 en Psalm 146. LAS van Wyk het interessante stories uit die geskiedenis van die kerk oorvertel. Sondagoggend na die diens is oor ʼn laaste koppie koffie met ʼn koeksister gegroet tot DV ʼn volgende keer. Dank aan elke betrokkene vir sy/haar besondere bydrae tot die sukses van ʼn naweek waarin ons met dankbaarheid kon terugkyk, maar ook met geloofsekerheid kan vorentoe kyk.
November 2015