SEPTEMBER 2015
Die Gereformeerde
Vroueblad Volharding OM ENDUIT VOL TE HOU
Ek sal haar nooit vergeet nie Resep: Vandisie-frikkadelle w w w. g k s a . o r g . z a / Ty d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n
INHOUD
September 6
10
12
GEREELD 3 4 5
Redakteursbrief Lidmaatpraat Ds. SĂŞ my
SEPTEMBER 2015
Die Gereformeerde
Vroueblad Volharding g OM ENDUIT VOL TE HOU
Ekk sall E haar nooit vergeet nie
IN DIEPTE 6
8 10
Verryk die selfbeheersing met volharding Om end-uit vol te hou Volharding vra deursettingsvermoĂŤ
Resep: Vandisie-frikkadelle w w w. g k s a . o r g . z a / Ty d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n
Ander Publikasies van die Gksa: (Laerskoolkinders) (tieners en jongmense) Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.
2
September 2015
JAARGANG 70 NOMMER 4
LEEFDINGE 12 14 15 16 18 20 22 24 26 27 28 29 29 29 30 31 32
, Teken vdirogjoteur omfa jou vriendinblaindop ons .org.za w ww .gksa
Jy is nie alleen nie Teks & Vers: Volharding Teks & Vers: Dagboek ^
Gemeente-MosaĂŻek: Ek sal haar nooit vergeet nie ^ _< ` B $ > Gemeente-MosaĂŻek: Saamtrekstreke ^ _< ` B
^ q Resepteblad: Vandisie-frikkadelle Lees in Oktober 2015 Gemeentedagboek Intekenvorm + Lux Verbi ^ QNHJ
Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: Cobie Steyn (redaktrise) Griet Swanepoel (assistentredaktrise) Marlette van Rooyen (sekretaresse) Annelize Fourie Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157 E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com
Internetadres: www.gksa.org.za/ "#$%& '! => #$& >! Tydskrifte/vroueblad-inteken =& &<&&> &? $ &' Navrae: => & '%= B #QUH NN Rekenings, adresveranderings, "#$%& '! W$# & %%#? intekening, bladbouers: $ &' => & '%= B #QJN NN Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 +=&# =& !#=&W& &' "!>!* H 3986, tydskrifte@gksa.co.za X%'=& QNHJ $ UN X%>=& QNHY Eienaars en uitgewers: (Intekening word as voortgesit ! beskou solank dit nie gekanselleer Intekengeld: word nie.) "#$%& '! &'* !*+!!' Drukkers: ; ! <=> %#$? $ &' V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, %= & '%= B #HJK?NN = > NU[\ KN[ ] &'& #$>=& & => & &>=> B R100.00 Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.
redakteursbrief
Om te volhard Liewe susters in die geloof, Somtyds speel daar tonele voor â&#x20AC;&#x2DC;n mens af wat jy altyd saam met jou sal dra. Een van daardie tonele was toe ons jongste seun, skamerig, eerder lief vir die lang pad alleen aandurf, in sy matriekjaar langafstand gehardloop het vir die jaarlikse huissport. En die oudste staan aan die begin van haar finalejaar universiteitstudie en middelkind is op pad vir sy tweede universiteitsjaar en albei is nog tuis, want die universiteite heropen tog later as die skole. Daardie dag het die hemelsbreĂŤ verskil tussen skolier wees, skaam wees vir jou maats, en universiteitstudente soos â&#x20AC;&#x2DC;n seeroog uitgestaan toe die twee oudstes soos een man, kliphard langs die veld, telkens wanneer â&#x20AC;&#x153;boetieâ&#x20AC;? nog â&#x20AC;&#x2DC;n rondte hardloop, geskreeu het: â&#x20AC;&#x153;Ons weet jy kan! Ons weet jy kan!â&#x20AC;? â&#x20AC;&#x201C; so al op die ritme van sy gehardloop. Interessant gewees om hom telkens dop te hou as hy verbykom: Eers was daar â&#x20AC;&#x2DC;n bietjie verergdheid op die gesig, toe â&#x20AC;&#x2DC;n skaam glimlag en toe die moegheid intree, sommer net â&#x20AC;&#x2DC;n verleĂŤ, gelate, amper dankbare laggie vir die lawwe toejuiging. Toe het â&#x20AC;&#x153;Ons weet jy kan!â&#x20AC;? â&#x20AC;&#x2DC;n familiegesegde geraak as ons mekaar vinnig moet bemoedig voor uitdagings. Ons artikelskrywers het deeglik gefokus op die verryking wat volharding in selfbeheersing vir elkeen van ons se geloof bring, maar dalk bietjie vergeet dat daar in HebreĂŤrs 12:1 ook gepraat word van die â&#x20AC;&#x153;skare geloofsgetuies rondom onsâ&#x20AC;?. En daardie verwysing gryp terug na hoofstuk 11 wat vertel van Abel, Henog, Noag, Abraham, Isak, Jakob... lees maar self al die name wat daar genoem word. Hierdie mense was sĂŠker van die dinge waarop hulle gehoop het en was oortuig van die dinge wat hulle nie gesien het nie (vgl. Heb. 11:1). Hierdie skare moedig ons ook aan om die wedloop van die geloof, die wedloop van die lewe, enduit klaar te maak. As gelowiges moet ons mekaar ondersteun en bemoedig om die wedloop van die geloof enduit klaar te maak. Ons moet asâ&#x20AC;&#x2122;t ware mekaar toejuig en versterk met diĂŠ woorde: Ons weet ons kan, deur Christus wat ons die krag gee. Volhard op die baan van die wedloop van die geloof.
Cobie Steyn NS: Al het ons nie meer â&#x20AC;&#x2DC;n brieweblad nie, is jy steeds welkom om vir ons â&#x20AC;&#x2DC;n SMS te stuur na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of â&#x20AC;&#x2122;n brief te e-pos aan cobiesteyn@live.com of jou mening op ons Facebookblad te gaan lug of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons hoor graag wat leef in die harte van die lesers. (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie â&#x20AC;&#x201C; skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)
Foto: Lydenburg.
U het my op Ĺ&#x2030; reis gewaai van kleingeloof tot angs dat ek U nog te goed sal ken in die storm wat my sending op die aarde is; U hou my haweloos, in elke swik en kantel van my skuit hoor ek U vra: waarom volg jy my? U woede skeur my seil, my ore bars van U stilswye maar ek weet: ek sal tog eendag sonder ster of roer op die rif van U genade loop. (Gedig van Dolf Van Niekerk; Uit: Gerrit Komrij se Die Afrikaanse poĂŤsie in Ĺ&#x2030; duisend en enkele gedigte; Uitgewery Bert Bakker, 1999)
Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!
ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120
September 2015
3
in diepte
OM ENDUIT VOL TE HOU DEUR DS. ABEL STEYN (GK LYDENBURG)
Om enduit te volhard – hoe doen ’n mens dit as dit vir jou voel asof al jou krag uit jou uitgepers word en jy voel soos ’n uitgedrukte lemoen?
8
September 2015
in diepte
D
ie antwoord is eenvoudig... en veral as dit rol uit die monde van jou vriendinne: “Jy moet net op die Here vertrou”. Of jy hoor dalk ook nog: “Jy moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor jou kom”. Dit is waar, maar dit bly steeds vir jou swaar om aan te hou hardloop, of is dit te bly fietstrap, in die lewe. Ken ’n mens nie daardie gewaarwording van golf op golf wat op jou afstorm en jy voel asof jy nie meer kan nie en asof jy gaan verdrink?
Die uitdagende opdraandes Toe ek begin het om ernstig fiets te ry, het ek saam met ’n maat die opdraandes rondom Sabie van naderby leer ken (dié van julle wat al in Sabie-omgewing met ‘n motor rondgery het, sal weet waarvan ek praat!). Op sommige dae het ek gedink dit is heeltemal waansinnig om met ’n fiets uit te ry na die Mac Macvalle toe of om teen Longtompas uit te trap. Dan het die moegheid en ja, die moedeloosheid my oorval . Sonder om vir my fietsrymaat te sê ek voel moedeloos, het ek met omsigtigheid dan vir hom gevra: “Hoe ver moet ons nog trap voordat die bult begin uitplat?” En sy antwoord aan my: “Abel, dit is nog nét 200 meter.” Daardie 200 meter het vir my soos 200 kilometer gevoel en dit het ’n ewigheid geduur voordat ek begin voel het dat ons nou makliker begin trap. Nodeloos om te sê ek het geweet dit was nie altyd “nog net 200 meter” nie, maar ek het geleer om aan te hou totdat ek begin voel het die bulte gaan nou makliker.
Die geheim van volharding Dit is die geheim van die lewe – en om meer spesifiek te wees dit is die geheim van die volharding in die geloof. Om aan te hou en uit hou selfs by breekpunt verby. As gelowige word jy nie gevrywaar van beproewings in jou lewe nie. Dit is juis in tye van swaar beproewing dat jou geloof in die lewende God getoets word. En dit is juis in sulke tye wat ’n mens baie broos is, dat jy blootgestel is aan versoekings: Om kwaad te word vir die Here, om in Hom te begin twyfel en selfs jou rug vir altyd op die Here te draai. Die waarheid en die werklikheid van ’n Christen se lewe is dat Iemand reeds die oorwinning vir jou behaal het. Ons Here Jesus Christus het die wedloop van die lewe vir jou gehardloop en Hy het die wenpaal reeds vir jou bereik.
PAULA LIEBENBERG: Volharding en deursettingsvermoë is woorde wat aan ons as vroue goed bekend is. Dit is twee woorde wat op verskeie plekke in die Bybel voorkom (bv. Jak. 1:4 en 2 Pet. 1) Om te volhard beteken om enduit aan te hou. 22 Januarie 2015: Ek bereik aftree-ouderdom. Ná meer as dertig jaar in die onderwys lê ek die tuig neer. Vir 25 jaar was ek verbonde aan my laaste skool... ‘n Groot geselligheid word deur leerders en onderwysers beplan. Maar 22 Januarie 2015: Ek sit langs my man se bed in die hospitaal. Die prognose: Meneer Vorster, jy het longkanker wat reeds na verskeie ander liggaamsdele versprei het. Hoe kan dit wees…? Hy was dan nie siek nie. Drie weke later sterf Daan. Wat nou…? Waar gaan ek die krag en deursettingsvermoë kry om enduit te volhard in hierdie beproewing wat so onverwags oor my pad gekom het? Familie en vriende troos. Die skool lewer ’n huldeblyk. Een donker nag blaai ek gebroke deur die Bybel en daar staan dit helder en duidelik geskryf: My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want soos julle weet as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom...(Jak. 1:1-4) Ses maande later. Ek verlang nog elke oomblik van die dag, maar ek kon berusting vind, want ek het deursettingsvermoë en krag van Bo ontvang om hierdie alleenstryd te kan stry. God gee aan ons almal sonder voorbehoud dit wat jy kortkom.
Jou Polly Shortts uit... saam met die Here Dalk is jy besig om nou ’n ultramaraton in jou lewe te hardloop en Polly Shortts lê uitdagend en ver voor jou uitgestrek. Deur gebed en smeking kan ’n mens aanhou en uithou selfs as dit vir jou voel jy het nie meer ’n greintjie krag oor nie. Die gelowige wat ‘n ultramaraton van sy lewe moet klaarmaak, is soos ’n blinde maratonhardloper of ’n blinde fietsryer wat ’n maat het wat saam met hom of haar hardloop of fiets trap: Jy is nie alleen nie – die Here is by jou! Hy motiveer jou deur sy Woord en Gees om aan te hou en uit te hou, en om getroos te weet: Daar is nog net 200 meter voor, al voel dit vir jou soos 200 kilometer. September 2015
9
leefdinge
Ek sal haar nooit vergeet nie &'74 &#.'0' &' 8'06'
Dit reĂŤn buite. Ek en drie dogtertjies sit bo-op Ĺ&#x2030; stapelbed en doen Bybelstudie. Ons praat oor die skeppingsdae en die kinders se kennis verstom my. Stadig maar seker ontwikkel daar Ĺ&#x2030; liefde in my hart vir die kinders. Daar is vir my niks beters om te doen hierdie Desembervakansie as om die Woord van die Here met die kinders te deel nie... 22
September 2015
leefdinge
Ek was vir 4 jaar by die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort se evangelisasie-aksie, Koningskinders, betrokke. Ons het name en adresse van kinders by die skole gekry en by hulle huise gaan aanklop. Die kinders word dan genooi vir ’n kamp. Vir ’n week lank is jy as groepleier die kind se ouer – en die kind mag nie onder jou oë uitgaan nie. Die tye by Koningskinders was van die lekkerste tye in my lewe. Maar ook van die seerste en hartseerste. Al was ek deur die Here gebruik om aan die kinders die evangelie oor te dra, het Hy my ook deur hulle gevorm. Ek sal nooit vergeet toe ek die eerste keer vir Talita* (skuilnaam) gesien het nie. Dit was ’n reënerige dag en al die kinders wat op die kamp moes gaan, het in ’n ry onder die afdak by Laerskool Rachel de Beer gestaan. Met haar luidrugtige stem en plomp lyfie kon ’n mens nie anders as om haar raak te sien nie. Toe ek haar die eerste keer raaksien, was sy besig om ’n seun deur die gesig te slaan met ’n kussing. “Tannie, hy sê ek is vet,” het sy van haar laat hoor toe ek haar ’n kwaai kyk gee. Ek was maar net 17 jaar (en self nog ’n skoolkind) en het nie geweet wat om vir haar te sê nie. Ek het net stilletjies gehoop dat dié meisietjie nie in my groep sal wees nie.
Maar daardie middag moes ek uitvind sy ís in my groep. Sy het my onmiddellik aanvaar as haar liewe tannie, maar sy was ’n groot uitdaging vir my. Haar klere was almal of té groot – of té klein... Toe ons eenmaal plakkie-hokkie gespeel het en haar broek heeltyd afsak, het een van my medeleiers na die tyd met my kom praat en vir my gesê ek moet iets daaraan doen: “Dit is ’n verleentheid vir almal.” Ek het die trane weggedwing en met Talita gaan praat. “Talita, het jy nie ’n belt vir daai broek nie?” het ek gevra. “Ja, tannie. Ek het.” “Waarom gebruik jy dit nie?” vra ek. Sy het grootoog vir my gekyk en ’n tou uit haar sak gehaal. “My ma het dit vir my gegee om my broek vas te maak, maar dit sit nie lekker nie…” Ek was sprakeloos. Ek het weggeloop dam toe en net voor my uitgestaar... ‘n Tou? Een oggend was die melk vir die ontbytpap suur, maar die reël vir die kamp was: ‘Wat jy opskep, moet jy opeet.’ Veral as ʼn leier moes ek vir die kinders ʼn voorbeeld stel. Ek het toe maar geworstel deur die ontbyt. Talita het nog meer sout in die wonde gesmeer, toe sy van haar laat hoor: “Tannie, altyd as ek klaar
geëet het, is daar nog leftovers tussen my tande...” Stadigaan het my verhouding met Talita begin groei. Elke aand voor sy gaan slaap, het ek saam haar gebid. Sy het my ten minste een keer per nag wakker gemaak: Sy het ’n nagmerrie gehad; sy moet toilet toe gaan; sy kan nie slaap nie; sy is dors. Dit was skrikwekkend om te sien watter groot invloed ek op die kind het. Nadat sy al ’n jaar na ons opvolgaksies gekom het, was dit duidelik dat ek haar rolmodel was. Toe sy hoor my bynaam is Delete, het sy ’n hemp gekoop waarop die woord ‘delete’ staan. Toe ek op die volgende kamp pienk Crocs dra, het sy ook pienk Crocs gekry. As ek kliphard gesing het, het sy ook kliphard begin sing. As ek op en af gespring het, het sy ook. As ek my gesig met ’n gemaakte gilletjie in die meel gedruk het, het sy dit ook gedoen. Ek is seker as ek in die vuur gespring het, sou sy ook. En dit het my bang gemaak – ek het besef dat ek ’n groot verantwoordelikheid het. Vandag is ek nie meer deel van Koningskinders nie, maar hulle sal altyd ʼn spesiale plek in my hart hê. Soms sien ek nog Talita se mollige gesiggie en hoor haar stem. Sy het ’n groot invloed op my gehad – en ek sekerlik op haar. Ek sal haar nooit vergeet nie.
September 2015
23