SEPTEMBER 2016
Die Gereformeerde
Vroueblad Mekaar:
~ Kortste deďŹ nisie van kerk ~ Aanvaar mekaar ~ Sing onder mekaar
Fokus op Naomi
w w w. g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n
September INHOUD
6
8
20
GEREELD SEPTEMBER 2016
Die Gereformeerde
Vroueblad Mekaar:
~ Kortste definisie van kerk ~ Aanvaar mekaar ~ Sing onder mekaar
3 4 5
Redakteursbrief Lidmaatpraat Ds. Sê my
IN DIEPTE 6
Mekaar: kortste definisie vir kerkwees 8 Aanvaar mekaar 10 Sing onder mekaar
Fokus op Naomi
w w w. g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n
Ander Publikasies van die Gksa: • Die Kerkblad • Die Slingervel (Laerskoolkinders) • Die Kruispad (tieners en jongmense)
Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro: (018) 297 3986.
2
September 2016
JAARGANG 71 NOMMER 4
LEEFDINGE 12 14 15 16 18 20 22 24 26 27 28 29 29 29 30 31 32
Tabita se getuigskrif Teks & Vers: Mekaar Teks & Vers: Dagboek Boekeblad Bybelse berading: Dr. Trudie Geloofsvriendinne ondersteun mekaar Kinta se ma praat oor Mekaar Gemeente-Mosaïek: Ons kuier by die GK Benoni Gemeente-Mosaïek: Saamtrek 2017 Gemeente-Mosaïek: Bybelstudie Saamtrek 2017 Resepteblad: Bak jou eie brood (2) Lees in Oktober 2016 Gemeentedagboek Intekenvorm Hartskatte Fokus op vrouens in die Bybel: Naomi Kaleidoskoop September 2016
Redaksionele Inligting Redaksiekommissie: REDAKTEUR Cobie Steyn ASSISTENTREDAKTEUR Griet Swanepoel GRAFIESE ONTWERP EN UITLEG Karien Brink SEKRETARESSE Marlette van Rooyen WEBREDAKTEUR Grietjie Prinsloo ADDISIONELE LEDE Ds. Johan Botha & Annamie Odendaal Posadres: Die Redakteur: Die Vroueblad Posbus 178, Lydenburg 1120 Faks: Die Vroueblad 086 714 6157
E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com Internetadres: www.gksa.org.za/ Tydskrifte/vroueblad-inteken Navrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers: Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA Intekengeld:
• ELEKTRONIESE INTEKENING: R100.00 • VROUEBLAD (IN GROEP NA DIE GEMEENTE, POSGELD INGESLUIT): R247.00 • VROUEBLAD (WORD GESTUUR, POSGELD INGESLUIT): R268.00
HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 JULIE 2016 TOT 30 JUNIE 2017. (Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.) • VROUEBLAD (SELF AFHAAL Drukkers: BY ADMIN BURO, POSGELD V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, UITGESLUIT): R165,00 ISSN 0378 407 X Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.
REDAKTEURSBRIEF
Mekaar Geloofsvriendinne, ’n Orrelisvriend van ons het eendag op ’n kostelike manier vertel hoe hy vir die eerste keer by ‘n gemeente gaan begelei het – onbewus van hoe geneig die lidmate was om stadig te sing en die note ‘n bietjie uit te rek. Toe hy met die eerste lied met ‘n goeie polsslag voorgaan in begeleiding, behou sommige lidmate teenwoordigheid van gees en probeer byhou, terwyl ander stemme yl agterna koor en die woorde en wysie verloor. Toe merk hy so ewe droogweg op: “Toe word sing ónder mekaar sing sónder mekaar!” Die lewe werk ook dikwels so. Die Here, en die volgende sê ek met groot respek, die groot Liedskrywer en Toonsetter van dié lewenslied, gee vir ons in sy Woord die “begeleiding” – al wat ons moet doen is luister, sy ritme wat Hy aangee gehoorsaam en saamsing in dié koor van alle kore. In sy Woord gee die Here vir ons veilige riglyne waarbinne ons moet leef – juis dan vir sy kerk hier op aarde gee die Here dit, veral in die briewe van die Nuwe Testament wat aan die vroeë kerke gerig is. Een van die refreine wat ons dikwels hoor in hierdie briewe aan die gemeentes is: Mekaar. As gelowiges maar net hierdie één refrein kan hoor, dit hulle eie kan maak en daaruit wil lewe, sal die kerk van ons Here Jesus Christus hier op aarde ‘n lig vir die wêreld wees, ’n stad op ’n berg. “Mekaar” is dan hierdie maand die refrein wat deur ons blad weerklink, met die lig van die Woord wat telkens duidelik daarop val. Van die skrywers praat oor hoe lidmate mekaar moet liefhê en bedien in gemeenteverband, in die Teksgedeelte van Teks & Vers fokus Marlette op die mekaar-aspek in ons huwelike en vriendskappe, en Kinta se ma en Jo van Hartskatte maak dit in ons harte wakker dat ons die mekaar-refrein van die kerk ook moet laat uitkring na ons vriende en “hulle” wat (nog) nie deel is van “ons” nie. Kom ons bedien mekaar met die Here se liefde Christusgroete
Cobie Steyn
“Leer ons liefde vir mekaar, maar bo al vir U, o Here” (Skrifberyming 9-3: 1, reëls 7-8; Teks: Izak de Villiers). Ons is op Facebook: Gereformeerde Vroueblad. Gaan Like ons!
ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD: E-pos: cobiesteyn@live.com; Faksnommer 086 714 6157; SMS: 082 555 9586; Slakkepos: Posbus 178, Lydenburg 1120 Wil jy gesels oor iets? • • • •
SMS: 082 555 9586 (begin SMS met VB) E-pos: cobiesteyn@live.com Facebookblad: Gereformeerde Vroueblad Slakkepos: Posbus 178 Lydenburg 1120.
(Hierdie besonderhede is nie vir administratiewe soos inskrywings of kansellasies bedoel nie – skakel die Administratiewe Buro in Potchefstroom: (018) 297 3986)
Besoek gerus ons Facebookblad – kry pitkos vir die dag en verryk jouself deur met geloofsgenote te gesels. Ons blad staan al tans op oor die 1 500 Likes!
September 2016
3
IN DIEPTE
“MEKAAR” ~
DIE KORTSTE DEFINISIE VIR KERKWEES DEUR DR. PIETER HEYSTEK (GK MONTANAPOORT)
Kerkwees op aarde... Kerkmens te wees en die volkome andersheid om as Koningskind te lewe, te weerspieël. Kerk as bruidskerk. Kerk as diegene wat aan Jesus Christus behoort. Kerk en Koninkryk te midde van aardse tyd en omstandigheid. Kerk as liggaam van Christus. Kerklidmate as eiendoms-mense van die Koning van die kerk. Kerk... meer as “kerk-toe-gaan” en Sondae!
H
oe definieer ‘n mens kerk? Hoe formuleer jy die “waaromword-jy-‘n-Christengenoem” definisie? Artikel 29 van die Nederlandse Geloofsbelydenis sê van kerklidmate: “Ons kan hulle uitken aan die kenmerke van die Christene, naamlik: −
dat hulle die enigste Verlosser Jesus Christus aangeneem het,
−
dat hulle die sonde ontvlug,
−
geregtigheid najaag,
−
die ware God en hulle naaste liefhet,
−
nie links of regs afwyk nie,
−
hulle sondige natuur met sy werke kruisig.
Dit is kind van die Here wees – kerkwees per definisie. Maar ’n definisie kan soms moeilik verstaanbaar wees. Juis daarom gee God ’n maklik verstaanbare definisie van kerkwees in sy Woord.
6
September 2016
’n “Gewone” woord in God se Woord: In die Nuwe Testament spesifiek, kom ’n woord voor. ’n Doodgewone woord met ’n uniek-eie “gewone”, maar veelseggende, betekenis – meer as sestig keer op Nuwe Testament bladsye ingeskryf. Sonder dié spesifieke woord is die Nuwe Testament, maar veral die Paulusbriewe, ánders omdat dit armer sou wees. Die woord is mekaar. ’n Gewone woord wat sê: • • • • • •
Nie alleen nie. Nie net ek nie. Nie een(saam) nie maar gemeen(saam). Ek en jy. Ons. Twee saam of meer saam.
Mekaar is die definisie van hoe ons as Christene in die gemeente (die kerk) én in die lewe teenoor mekaar behoort op te tree. ‘n Woord wat verhoudinge tussen God se kinders in onderlinge gemeenskap definieer.
Inderdaad ook iets wat Christene nie net teenoor mekaar belewe nie (Hand. 2:42) maar ook met God en Jesus Christus (1 Joh. 1:3) én ook met die Heilige Gees (2 Kor. 13:14). Mekaar, wat “gewoon” die ondersteunende en gemeenskapskeppende aktiwiteite wat gelowiges uitvoer, (veral in die gemeente) waardeur Christene aan(mekaar) gebind word en so die sorgende en helende krag van die evangelie ervaar, beskryf. Die geestelike “pligpleging” van Christene teenoor mekaar waardeur God se kind gestimuleer word om in geloof en heiligmaking te groei, want wie in Christus is, word met mekaar meegevoer as vennote van en vir mekaar in die wêreld in ‘n permanente betrokkenheid by mekaar (Heb. 10:24). Mekaar: om in mekaar se lewens te belê en kerk te wees.
Mekaar, ‘n “gewone” maar tog ‘n opdragwoord: Die “mekaar-uitsprake” is meer as net uitsprake. In die Paulusbriewe is dit opdragte. Opdragte van ons Vader wat
IN DIEPTE wil hê dat Christene hulle sentrale roeping teenoor mekaar sal nakom. En indien aanvaar sou word dat Paulus se eerste brief aan die Tessalonisense in ongeveer 50 n.C. geskryf is, dan is die eerste “mekaar”-opdrag:
“En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle” (1 Tess. 3:12)”. Die tweede “mekaar”-opdrag is 1 Tess. 4:9, en die derde 2 Tess. 1:3. En die kernwoord wat meehelp om die sentrale roeping van die Here se kinders te verwoord is “mekaar”. Mekaar lief te hê... . so anders as om net jouself lief te hê. Ons. Mekaar. En ‘n mens lees die mekaar-woord anders. Met verwondering. ‘n Doodgewone woord wat as deel van God se Woord ‘n hoofletterwoord word. ‘n Woord wat opdragte verwoord en aan Christenwees en kerkwees ‘n ryke inhoud gee.
Die definisiewoord “mekaar” – Die Paulusplan: Die kernvers om die “mekaar”-opdragte in Paulus se briewe te verstaan is Rom. 3:24: “Maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.” Die fondament waarop elkeen van Paulus se “mekaar”-opdragte gebou is, is die heilswerk van Jesus Christus. Op grond van Jesus se heilsverdienste word die mekaar-definisie gebou. Die hoeksteen is:
“Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar...” (Rom. 12:5). Een na die ander word verswoorde ingebou. In elkeen lees ‘n mens mekaar raak:
Julle moet mekaar liefhê (Rom. 13:8): Liefde... meer as emosie of gevoel of teorie, maar dade. Aanvaar mekaar (Rom. 15:7): Meer as “verduur” of te “verdra”, maar wel om mense met die liefde van Christus tegemoet te gaan.
Bemoedig mekaar (1 Tess. 4:18): Ek moet die “oorsaak” wees dat iemand getroos of bemoedig word.
Wees aan mekaar onderdanig (Ef. 5:2):
Dien mekaar (Gal. 5:13): Mekaar se slawe in plaas van mekaar se base.
Die lied van die lewe... As Christene al singende vir mekaar vertel van die groot dade van God.
Dra mekaar se laste (Gal. 6:2): Om sondelaste wat te swaar word om te dra, te help dra! En “dra” beteken: optel, regop hou, opbou. Wees eensgesind onder mekaar (Rom. 12:16): Alhoewel “eensgesind” beteken om dieselfde te dink, beteken eensgesindheid nie dat almal presies dieselfde oor alles hoef te dink nie. Maar Christene moet gefokus wees op die gesindheid wat daar in Christus Jesus was. Betoon mekaar eerbied en respek (Rom. 12:19): Om doelbewus daarop ingestel te wees om eerste te wees om ‘n medegelowige eerste (voorop) te stel. Wees geduldig met mekaar (Kol. 3:13a): Dit beteken om simpatie, medelye en erbarming teenoor mekaar te betoon in ‘n gees van barmhartigheid en sensitiwiteit. Groet mekaar (1 Kor. 16:20): Die liefde van Christene vir mekaar moet ook in uiterlike, sigbare handelinge tot openbaring kom. Leer en onderrig mekaar: (Kol. 3:16) Die inhoud van wat Jesus geleer het, moet Christene mekaar leer en onderrig op gesag van die feit van die boodskap van Christus wat in hulle woon. Lieg nie vir mekaar nie (Kol. 3:19): Indien Christene vir mekaar lieg word die onderlinge gemeenskap verbreek en “vir mekaar” word baie maklik “teen mekaar”.
Om nie vir eie gewin in die lewe ‘n podium te bou nie. Sing onder mekaar (Ef. 5:19):
Wees toegewyd aan mekaar (1 Kor. 12:25): Om ywerig sorg te dra vir mekaar! Vergewe mekaar (Kol. 3:13b): Christene is mense wat baie vergewe is en daarom behoort ons die mees vergewingsgesinde mense teenoor mekaar te wees. Vermaan mekaar (Rom. 15:14): Dit beteken nie om te raas nie maar om mekaar, omdat ons grondige kennis van God se Woord het, op die regte pad te help. Wag vir mekaar (1 Kor. 11:33): Dit beteken om nie selfgerig te wees nie. Christene moet vir mekaar kan wag en saam wag op die koms van die Here. Kerkwees is per definisie: Mekaar! Buig aan die voete van jou Skepper in die Naam van die Koning van die kerk, Jesus Christus. Loof Hom. Loof Hom almal saam.
Lidmaatpraat: Donsie Krüger: Die kortste pad van kerk-wees loop deur God se hart. God se hart is gerig daarop dat ons in ‘n verhouding met Hom en ‘n verhouding met mekaar sal wees.
September 2016
7
LEEFDINGE
Geloofsvriendin ondersteun mek DEUR JOZELLE SMIT
Vandat ek ‘n klein dogtertjie was is ‘n halssnoer van egte pêrels vir my die simbool van egte vrouwees. ‘n Wit halssnoer wat elegant om ‘n vrou se nek hang. Die blink van die pêrels komplementeer die roos rooi blosende wange van ‘n opgewonde bruid die oggend van haar troue. Die marmerwit pêrels hang in kontras teen die treur-swart van ‘n vrou wat ‘n geliefde moet groet by ‘n begrafnis. Dis moeilik om ‘n onderskeid te maak tussen die pêrels om ‘n ouma se nek en haar glimlag wat straal van lewensvreugde wanneer sy haar kleinkind vir die eerste keer vashou. Soos ‘n halssnoer van pêrels gepas is by enige uitrusting deur die verskeie seisoene van die lewe wat ons beleef, so is die ondersteuning van ‘n geloofsvriendin ook. Dit word verwelkom en dit komplementeer elke uitrusting wat ons as vrou aantrek. Ondersteuning is ‘n vanselfsprekende eienskap van vriendskap, maar soms weet ons as geloofsvriendinne nie presies hóé om mekaar te ondersteun nie. Gelukkig is die Here se Woord vir ons ryk aan voorbeelde oor hoe om
20
September 2016
ware vriendinne te wees. Die boek Spreuke is vol pêrels, wat ons om ons vriendinne se nekke kan hang om ‘n halssnoer van ware ondersteuning vir ons vriendinne te vorm. Die eerste pêrel wat ons hang aan ons geloofsvriendinne se halssnoer is Spreuke 17:17 – “ Op ‘n vriend se liefde kan jy altyd reken”: Liefde vorm die grondslag van ‘n sterk geloofsvriendskap. Liefde vir die Here en liefde vir mekaar. Dit
is deur die oë van hierdie liefde dat ons ons vriendinne se behoefte vir ondersteuning moet raaksien. Sonder die begrip vir wat ons vriendinne se harte nodig het, sal ons nie weet hoe om hulle te kan ondersteun nie. Daarom moet ons bid en vir die Here vra om aan ons die wysheid te skenk sodat ons sal weet wat ons geloofsvriendinne nodig het.
LEEFDINGE
vriendin wanneer sy dit die nodigste het. Wanneer ons met eerlike harte onsself voor mekaar kan ontbloot – met vrymoedigheid – is dit makliker om te weet hoe om in liefde vir mekaar om te gee. Saam met hierdie liefde is daar ook vermaning wanneer die situasie dit vereis. Ons moet vir die Here vra vir eerlike oop harte en onderskeidingsvermoë sodat ons in liefde kan weet wat ons vriendinne nodig het. Die derde pêrel wat ons hang aan ons geloofsvriendinne se halssnoer is Spreuke 27:9 – “Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die genot van ‘n vriendskap lê in die raad wat jy kry”:
nne kaar Die tweede pêrel wat ons hang aan ons geloofsvriendinne se halssnoer is Spreuke 24:26 – “Iemand wat eerlik antwoord, is ‘n ware vriend”: Ons wêreld is vol seer, onsekerheid, teleurstelling en terugslae. Dit is juis in hierdie tye wanneer ons vriendinne se liefde ons swaar omstandighede omring soos die silwer randjie van die son wat agter ‘n stormwolk wegkruip. In Job 2:11-13 lees ons van Job se drie vriende wat vir sewe dae en sewe nagte by Job sit. In stilte – omdat dit was wat Job nodig gehad het. In sy grootste smart en hartseer het hy net iemand nodig gehad wat by hom sit. Hy moes in totale eerlikheid in sy donkerste uur sy hart voor sy vriende kon uitstort.
Ondersteuning is nie net nodig in die stormwolktye van die lewe nie, maar dames dra ook pêrels wanneer daar sonskyn is. Die eerste gedeelte van Spreuke 27:9 verwys na die genot van vriendskap. Dit is hier in die genotvolle tye van die lewe waar ondersteuning tussen vriendinne opgebou word. Almal ken die gevoel van opgewondenheid en angs wat wals deur jou gemoed voor jy by ‘n nuwe werk begin. Of as jy bevoorreg is om die oorweldigende lewensvreugde te beleef wanneer jy hoor dat daar ‘n pienkvoet op pad is. Hierdie tipe ervarings wil jy met jou vriendin deel, of deel in jou vriendin se opgewondenheid en vreugde. Die vreugde tussen vriendinne wanneer ‘n strooimeisie ‘n bruid verras met ontbyt in die bed op haar groot dag. Die stralende glimlag van ‘n ouma wat dankbaar vertel van haar oulike kleinkind en ‘n hartsvriendin wat in liefde saam glimlag. Die tweede gedeelte van die vers verwys na die raad wat daar in ‘n ware vriendskap opgesluit lê. Almal ken die bekende prentjie van twee vroue wat in ‘n koffiewinkel sit en gesels oor alles en nog meer. Dit is asof die tyd by hulle verbygaan soos wat die geselskap spring van onderwerp na onderwerp en elkeen van die vriendinne het raad vir die ander se probleem. Waar daar nie ‘n antwoord of raad is nie, strek ‘n bemoedigende of troostende hand oor die tafel wat die ander een se hand met liefde omvou. ******************************* Pêrels is kosbare juweelstukke uit die natuur. Só is ware geloofsvriendinne kosbare juwele – elkeen uniek in haar soort. Ryg ‘n halssnoer pêrels van ondersteuning vir jou vriendin in: bid vir mekaar, hê mekaar lief, wees eerlik met mekaar en deel in al die seisoene van die lewe.
Tussen geloofsvriende moet daar eerlikheid wees, dat ons – soos Job se vriende – daar kan wees vir ‘n
September 2016
21