THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA
Nuusflits | 1 September 2017 Geagte Kollega, BYBELLEES PRAKTYKE IN DIE AGS Hoe belangrik is die Bybel in die lewens van Pinkstergelowiges? Hoe gereeld lees hulle die Bybel en watter rol speel die Bybel in hul daaglikse lewe? Die Department of Education and Training het besluit om empiriese navorsing landswyd te doen, verteenwoordigend van al ons gemeentes, om te verstaan hoe en waarom ons lidmate die Bybel lees. 'n Vraelys is in die analise gebruik en die demografiese realiteite van Suid-Afrika is weerspieël in die data-insameling. Die belangrikste resultate van die studie word opgesom deur Prof. Marius Nel (Leerstoel, Ekumene: Pentekostalisme en Neo-Pentekostalisme aan die Noordwes-Universiteit) in die onderstaande artikel: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication Ek moedig jou ook aan om te oorweeg om hierdie navorsing in jou eie gemeente te herhaal. Die spesifieke vraelys wat gebruik was, kan ook hier afgelaai word: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication 1. AGS Nasionale Konferensie 2017 Vandag sluit die registrasies vir die AGS Nasionale Konferensie. Na vandag (Vrydag, 1 September) sal geen registrasies by die Nasionale Kantoor verwerk word nie. Afgevaardigdes is welkom om steeds by die Konferensie te registreer. Die registrasiefooi sal R400 wees en sal 'n konferensie “goodie bag” insluit. Die beskikbaarheid van ekstra “goodie bags” is wel beperk. Alle konferensie afgevaardigdes word vriendelik versoek om hul bewys van betaling saam te bring. Verwys na die onderstaande inligting as jy meer besonderhede oor die konferensie benodig: COHESION Living as people of the Spirit in a secularizing society. Joh.17:20-21 Datum:
Sondagaand 10 September - Woensdagaand 13 September
Plek:
AFM Kwazulu Natal Celebration Centre (Past. Ronnie Naidoo se gemeente) 33 High Straat Tongaat, Durban (naby die King Shaka Lughawe)
Vir volledige inligting rondom PCD sprekers, die program, aanwysings en registrasie, laai gerus die Bemarkings Handleiding af by die onderstaande skakel: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication
SeĂŤn! M.G. Mahlobo
DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA NASIONALE KANTOOR Gebou nr.14 | Central Office Park | Jeanlaan 257 | Centurion Gauteng Suid Afrika Posbus 9450 Centurion 0046 Tel: 27 12 644 0490 | Faks: 27 12 644 0732/4 | www.afm-ags.org Nuusbrief Redakteur: Past. M.G. Mahlobo (President of the AFM) mmahlobo@afm-ags.org Navrae: Chantalle Schutte (Interne Kommunikasie Spesialis) chantalle@afm-ags.org
The WHOLE church taking the WHOLE Gospel to the WHOLE world.