THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA
NUUSFLITS / 10 NOVEMBER 2017
Geagte Kollega,
• 27 FEBRUARIE 2015 •
Ek herinner jou graag aan drie belangrike kwessies vir die week. 1.
Sensus 2017
Vind asseblief die toepaslike sensus vorms by die onderstaande skakel op die AGS webblad: • Gemeente Sensus Vorm • Streeks-Sensus Vorm Skakel: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication Die kerk benodig die inligting wat gevra word op die sensusvorms om verskeie redes: • In die eerste plek vir interne gebruik. As 'n kerk met 'n nasionale verteenwoordiging moet ons (onder andere) weet, vir ons eie toekomstige beplanning en strategiese belyning hoeveel gemeentes, geordende predikante en gemeenteleiers daar is. Dit is ook belangrik vir ons om te weet hoeveel lidmate ons het in verskeie ouderdomsgroepe. Dit sal ons in staat stel om te beplan vir toekomstige ontwikkeling en groei in ons bedieninge. • Tweedens om eksterne redes. Ons is gereeld betrokke by gesprekke met ander kerke, organisasies en regeringstrukture waar spesifieke statistiek en inligting ons deelname en insette bepaal. Let asseblief daarop dat die Gemeente Sensusvorm voltooi moet word en teen 15 November 2017 aan u Streeksekretaris / Administrateur gestuur moet word. Die streek sal dan die inligting saamstel en dit deurgee aan die Nasionale Kantoor teen 30 November 2017. Ons maak die vorms beskikbaar in beide Word- en PDF-formaat om terugvoer te vergemaklik. 2.
PCD
Soos ons die einde van 2017 nader, wil ek graag ons pastore herinner om hul PCD-krediete op datum te kry vir die jaar – indien dit nog nie die geval is nie. Onthou dat ‘n geordende AGS pastoor 50 PCD krediete moet opbou vir die jaar (vanaf Januarie tot Desember). Besoek die PCD webwerf by www.pcdafm.co.za om die PCD kredietraamwerk en kredietregister te lees en/of af te laai. Vir enige navrae kontak asseblief die PCD-kantoor by pcdafm@gmail.com of 083 793 9112, of Henri Weideman by 083 2828 432.