13 Oktober

Page 1

THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA

NUUSFLITS / 13 OKTOBER 2017

Geagte Kollega,

• 27 FEBRUARIE 2015 •

OKTOBER: MAAND VAN PASTORE WAARDERING 1 Tessalonisense 5: 12-13 vermaan ons om ons geestelike leiers te erken en te eer. Ek hou van die Boodskap vertaling: “Broers en susters, ek wil julle mooi vra om groot respek vir al die leiers in die kerk te hê. Onthou, die Here het hulle aangestel om sy wil aan julle bekend te maak. As julle die spoor byster raak, moet hulle julle aanspreek, en as julle swaarkry, moet hulle julle vertroos. Wees baie lief vir hulle en sien op na hulle.” Die AGS het besluit om jaarliks die maand van Oktober uit te hou - spesifiek as ‘n maand vir die waardering van ons pastore. Om hierdie rede doen ek graag ‘n beroep op die kerkrade van al ons plaaslike gemeentes om ‘n besluit te neem oor hoe waardering gedemonstreer gaan word teenoor Pastore en hul gesinne. My versoek gaan ook aan die bestuursrade van ander kerkstrukture in die AGS wat deur Pastore bedien. Hoe kan ons waardering op ‘n tasbare manier toon? Kom ons besluit ook hoe ons afgetrede Pastore en hul gades sal waardeer. In hierdie verband versoek ek dat ons plaaslike gemeentes, ons streeks- en nasionale strukture hul waardering uitbrei na ons leiers wat hulle in die verlede bedien het en nou afgetree het. Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om AGS Pastore en hul gesinne te bedank vir hul diens in verskeie bedieings areas. Jou toegewyde en opofferende werk is nie tevergeefs nie. Die wyer AGS is positief beïnvloed deur jou diens in die kerk en in God se koninkryk. Wanneer die Herder verskyn, sal jy die oorwinnaarskroon van heerlikheid ontvang wat nie sal verdwyn nie (1 Petrus 5: 4). 1.

Dissipelskap: Hulpbronne

Dissipelskap staan sentraal tot ‘n missionale-gerigte kerk. Ons het 'n aanlyn-hulpbronsentrum ontdek met kwaliteit inligting oor hierdie spesifieke AGS drywer: http://www.vergenetwork.org/lp/free-discipleship-membership/. Ek dink jy sal dalk ook belangstel om hierdie kort video clip te kyk. Dit verklaar dissipelskap binne die konteks van 'n die Groot Opdrag:


https://www.facebook.com/VergeNetwork/videos/10156613194139606/?hc_ref=ARQ-ArwcbqIM 18XuEMdfkWs1BwoQAouF59kneJMGFe2_TasM8oH-dp-POnurdOuD7b0&pnref=story 2.

Vakante Pos

VAKANTE POS: AGS van SA - Wilro Park Gemeente AGS Wilropark (Roodepoort-Gauteng) gemeente versoek aansoeke vir die pos van Presiderende Pastoor, wat vakant sal wees vanaf die 31ste Maart 2018. Minimum ondervinding van 10 jaar word vereis, getroud, ouderdom 40-55 jaar. Stuur CV's en omskrywing van ondervinding na: Louis van Loggerenberg by lourina@telkomsa.net Aansoeke sluit Maandag, 13 November 2017. Seën! M.G. Mahlobo

THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SOUTH AFRICA NATIONAL OFFICE Building no.14, Central Office Park, Jean ave. 257, Centurion, Gauteng, South Africa P.O. Box 9450, Centurion, 0046 Tel: +27 12 644 0490 / Fax: +27 12 644 0732/4 / www.afm-ags.org Newsletter Editor: Past. M.G. Mahlobo (President of the AFM) mmahlobo@afm-ags.org

Enquiries: Chantalle Schutte (Internal Communication Specialist) chantalle@afm-ags.org

THE WHOLE CHURCH TAKING THE WHOLE GOSPEL TO THE WHOLE WORLD!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.