18 Augustus

Page 1

THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA

Nuusflits | 18 Augustus 2017 Geagte Kollega, ‘n FEESVIERING VAN VROUE IN ONS KERK Alhoewel ek nie die statistiek het nie, dink ek dit is regverdig om te sê dat 'n groot deel van die AGS-lidmaatskap vroue is. In meeste van ons gemeentes is daar ‘n vroue bediening wat waarde toevoeg tot die algemene bediening van die plaaslike kerk. Volgens ons data is daar 'n totaal van 276 geordende vroue-pastore. Dit verteenwoordig 18% van die totale getal van ons geordende pastore. In vergelyking met 20 jaar gelede, waar daar minder as ‘n 100 vroue-pastore was, toon hierdie syfer noemenswaardige groei. Die aantal vroulike pastore wat ‘n presiderende pastoor van ‘n plaaslike gemeente is, groei ook – alhoewel teen ‘n stadige pas. Die aantal vroue in ander leierskaps posisies in plaaslike- en streeksstrukture het toegeneem. Dit is egter nie die geval op nasionale vlak nie. Ek dink patriargale neigings dra by tot die min vroue wat ons sien in die rol van presiderende pastoor van ‘n gemeente, asook lede van die kerk se struktuur op nasionale vlak. Ons moet bid en hard werk vir die verandering van hierdie neigings. Die susters (vroue) is een van ons Nasionale Departemente wat in sommige van sy programme baie goed vaar. Die jaarlikse konferensie word bygewoon deur meer as tien duisend vroue en mans. Die Nasionale Suster Konferensie maak donasies aan hospices in verskillende provinsies. In die afgelope drie jaar is daar drie huise aan afgetrede pastore geskenk, wat sonder ‘n huis was. Ons is bewus van die geweld en ander vorme van mishandeling wat vroue in Suid-Afrika ervaar. Ek doen 'n beroep op alle lidmate van die kerk om deel te wees van die stryd teen vroue geweld en mishandeling, in die kerk sowel as in die samelewing in die algemeen. Ek eer ons vroue vir hul bydrae tot die groei van die kerk en uitbreiding van God se Koninkryk. Ek bid dat die Here sal voortgaan om ons vroue bediening te salf. 1. AGS Nasionale Konferensie 2017 Die NOB nooi jou hiermee uit na die AGS Nasionale Konferensie! Die tema van die konferensie is: COHESION Living as people of the Spirit in a secularizing society. Joh.17:20-21


Datum: Sondagaand 10 September - Woensdagaand 13 September Plek: AFM Kwazulu Natal Celebration Centre (Past. Ronnie Naidoo se gemeente) 33 High Straat Tongaat, Durban (naby die King Shaka Lughawe) Koste: Registrasies het gesluit op 31 Julie. Die laat registrasie fooi beloop R350. Vir volledige inligting rondom PCD sprekers, die program, aanwysings en registrasie, laai gerus die Bemarkings Handleiding af by die onderstaande skakel: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication

SeĂŤn! M.G. Mahlobo DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA NASIONALE KANTOOR Gebou nr.14 | Central Office Park | Jeanlaan 257 | Centurion Gauteng Suid Afrika Posbus 9450 Centurion 0046 Tel: 27 12 644 0490 | Faks: 27 12 644 0732/4 | www.afm-ags.org Nuusbrief Redakteur: Past. M.G. Mahlobo (President of the AFM) mmahlobo@afm-ags.org Navrae: Chantalle Schutte (Interne Kommunikasie Spesialis) chantalle@afm-ags.org

The WHOLE church taking the WHOLE Gospel to the WHOLE world.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.