25 Mei

Page 1

THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA

Nuusflits | 25 Mei 2017 Geagte Kollega, Dit is vir my 'n voorreg om jou deur middel van hierdie twee-weeklikse kommunikasie in te lig oor relevante fokus areas van die kerk. Ek vertrou dat dit goed en geseënd gaan met jou, jou familie en gemeente. Vandag vier ons Hemelvaartdag asook die AGS se 109de verjaarsdag. HEMELVAARTDAG Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy homself as “lewend” (Handelinge 1:3) bekend gemaak aan die vrouens naby die graf (Matteus 28:9-10), aan sy dissipels (Lukas 24:36-43) en aan meer as 500 ander (1 Korintiërs 15: 6). In die dae na sy opstanding het Jesus sy dissipels geleer oor die koningkryk van God (Handelinge 1: 3). Veertig dae na die opstanding het Jesus en sy dissipels na die Olyfberg, naby Jerusalem, gegaan. Jesus het sy volgelinge belowe dat hulle die Heilige Gees binnekort sal ontvang. Hy het hulle ook beveel om in Jerusalem te bly totdat die Gees uitgestort word. Ek wil jou en jou lidmate aanmoedig om vandag ‘n spesiale oomblik van gebed toe te staan. Die Hemelvaart van Jesus Christus is belangrik vir die volgende redes: • Dit wys op die einde van Jesus se bediening op aarde. Hy het terug gekeer na die Vader. Sy aardse werk het begin met onderdrukking en het geëindig met Hemelvaart. Hy het Sy roeping vervul op die aarde. • Dit simboliseer die verheffing van Jesus deur God die Vader (Efesiërs 1: 20-23). Die Een wat die Vader behaag (Matteus 17:5) is in eer ontvang en het ‘n Naam bo alle name (Filippense 2:9). Sy aardse bediening wat met vleeswording begin het, eindig met Sy verheffing. • Dit wys op die terugkeer van Jesus se hemelse glorie. Gedurende Jesus se tyd op die aarde was Sy glorie bedek, met uitsondering by Jesus se gedaante verwisseling op die berg (Matteus 17: 1-9). • Dit stel die beeld vas vir Sy wederkoms. Wanneer Jesus kom om die Koningkryk op te rig, sal Hy terugkeer net soos Hy gegaan het, liggaamlik en sigbaar in die wolke (Handelinge 1: 11; Daniël 7: 13-14; Matteus 24: 30; Openbaring 1: 7). Op 4 Junie 2017 sal die uitstorting van die Heilge Gees gevier word. Ek doen ‘n beroep op ons Pastore vir spesiale gebedsdienste waar daar gebid word vir die doop in die Heilige Gees vanaf 26 Mei tot 4 Junie. DIE AGS SE VERJAARSDAG Die 2017 Hemelvaartdag val saam met die verjaarsdag van die AGS van Suid Afrika. Vandag is die AGS 109 jaar oud. Weereens het ons die geleentheid om na te dink oor hoe die Here saam met die AGS ‘n besonderse pad gestap het. Ons het uitdagings beleef, maar die Here het ons deurbrake gegee.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.