27 Oktober

Page 1

THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA

NUUSFLITS / 27 OKTOBER 2017

Geagte Kollega, 1.

• 27 FEBRUARIE 2015 •

Bid vir Suid-Afrika, sy Leiers en Toekoms: Sondag, 5 November 2017

Die Nasionale Ampsdraers (NOB) van die AGS het besluit om die verklaring hieronder uit te reik. Ek versoek vriendelik dat pastore hierdie verklaring aan hul gemeentes sal lees op Sondag, 5 November ter bevestiging van die AGS se posisie ten opsigte van leierskap en Suid-Afrika. Laat ons dan gesamentlik bid vir ons land, sy leiers en toekoms. Die AGS neem met kommer kennis van toenemende vlakke van fragmentasie binne politieke partye, werkloosheid, geweldsmisdaad, selfverryking op grond van gierigheid, ongelykheid en polarisasie in ons land. Hierdie konteks het moontlik die potentiaal om die oppergesag van die reg, konstitusionele demokrasie en sosio-politieke stabiliteit in Suid-Afrika, in gevaar te stel. Die AGS komplimenteer die Suid-Afrikaanse Regbank vir sy standpunt en rol in die handhawing van die reg. Ons betreur egter die mislukking van die Nasionale Vervolgingsagentskap (NVG) en die Valke om daadwerklik op te tree teen misdaad, insluitende korrupsie. Suid-Afrika benodig dringend leiers wat ons land eerste sal plaas, en die beginsels respekteer waarvoor baie mense geveg en gesterf het. Ons doen 'n beroep op ons leiers om met integriteit te lei, om werklik ons land en sy toekoms te dien en om die oppergesag van die reg, ons grondwet en die lewens van alle Suid-Afrikaanse burgers te respekteer. In hierdie verband moedig ons ons lidmate aan om leiers in regeringsstrukture in te stem wat voldoen aan die waardes en eienskappe van ‘n leier soos uiteengesit in die vorige paragraaf. Ons doen 'n beroep op ons lidmate en alle Godvresende mense om op Sondag 5 November 2017 ernstig te bid vir ons land, die toekoms en ons leiers. Die verklaring is ook in Engels beskikbaar op die AGS se webtuiste: http://www.afm-ags.org/media 2.

Sensus 2017

Vind asseblief die toepaslike sensus vorms by die onderstaande skakel op die AGS webblad: Gemeente Sensus Vorm Streeks-Sensus Vorm Skakel: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.