28 April

Page 1

THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA

Nuusflits | 28 April 2017 Geagte Kollega, 1. WEEK SUID AFRIKA IN GEBED! Die 22ste April 2017 sal vir ewig in die geskiedenis geëts word as die dag waar 'n miljoen Suid-Afrikaners van alle rasse, geslagte en ouderdomme bymekaargekom het om vir ons geliefde land te bid. Dit was 'n kragtige dag van gesamentlike gebed wat Suid-Afrika se eenheid in Christus getoon het: https://www.youtube.com/watch?v=2bCrcyrAfZw&feature=youtu.be. Ek doen 'n beroep op alle AGS gemeentes om deel te neem aan ‘n aktiewe veldtog wat ons land verder wil week (of in Engels “soak”) in gebed. Miskien is jy bewus van die 50 dae van gesamentlike gebed deur verskeie denominasies en gebedsbewegings wat aan IFSA (Intersessors for South Africa) verbind is. Die 50 dae van gesamentlike gebed strek vanaf Paasfees tot Pinkster (2017): IFSA webwerf: http://ifsaprayer.co.za IFSA YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/channel/UCpHHSTRh3X-eoLDlin57w-Q Die fokus van hierdie gesamentlike gebedspoging is om liefde en seën oor Suid-Afrika uit te spreek. Ek moedig ons gemeentes en lidmate aan om deel te neem aan hierdie poging om ons land in gebed te week. Ek stel voor dat die volgende gebedspunte in ons gebede ingesluit word: • MISDAAD: Bid vir bemagtigde Suid Afrikaanse burgers wat saam met ons land se veiligheidsagentskappe en regstelsel sal optree om die plaag van misdaad uit te roei, veral geweldsmisdaad. • EKONOMIE: Bid vir ekonomiese groei, uit rommelstatus uit. Bid vir die soort ekonomie wat werk sal skep en vlakke van armoede sal verminder. • ONDERWYS: Bid dat ons onderwysstelsel verbeter sal word om nodige vaardighede op te lewer. Bid dat daar oplossings gevind sal word vir die hantering van die huidige finansiële uitdagings in opvoedkundige instellings. • KERK EENHEID: Bid dat die kerk in staat sal wees om op te staan en met een stem te praat teen gedrag binne die kerk wat wegneem van ons getuienis. Bid ook dat die kerk sal opstaan en met een stem praat oor die tipe Suid Afrika waaroor ons droom en bid.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.