3 Februarie

Page 1

THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA

Nuusflits | 3 Februarie 2017 Geagte Kollega, Ek wil graag dankie sê vir al die gebede die afgelope tyd vir reën. Ons het swaar reën ontvang in sommige dele van ons land. In die Oos Kaap het drie van ons kerkgeboue in duie gestort as gevolg van stort reën. Die geaffekteerde kerkgeboue is Middeldrift in King William’s Town en Redemption Centre in Mdantsane (verwys na die onderstaande fotos).

In die Kei-streek is die Shallom Assembly gebou erg beskadig (laai ‘n volledige verslag hier af: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication). Behalwe vir skade aan die kerk geboue in ons Kei-streek is daar ook ‘n aantal lidmate wat dakloos gelaat is. Ek doen ‘n beroep op die kerk vir enige vorm van hulp en bystand. Plaaslike gemeentes en lidmate wat wil bystand lewer kan Past. Johannes Welskit (Oos Kaap Streeksleier) kontak by 082 422 1035 of jwelskit@vodamail.co.za. Kontak ook vir Past. Mawande Mnotoza (Kei Streeksleier) by 0825104361 of mnotozam@hotmail.co.za. Ek wil verder die geleentheid gebruik om ‘n spesiale versoek te rig. Soos ek besig raak met die voorbereiding van my eerste Pastorale Brief vir die nuwe jaar, wil ek verseker dat die kwessies in hierdie brief nie net belangrik is op my eie agenda nie, maar ook hoogs relevant is op joune. As jy ‘n versoek het vir ‘n artikel rondom ‘n spesifieke kwessie – is jy welkom om ‘n e-pos versoek te stuur na chantalle@afm-ags.org. Die versoeke sal oorweeg word vir insluiting in die Pastorale Nuusbrief. Jou terugvoer word hoog op prys gestel! 1. 2017 NOB Streeksbesoeke Vandag spandeer die Nasionale Ampsdraers tyd in die Oos Kaap en Noord Kaap op hul jaarlikse besoeke aan die die streke. Vrydag sal wees vir Streeks- / Netwerk Komitees en Departemente en sal konsentreer op die huidige leierskap kwessies, effektiewe fasilitering en implementering van die One AFM Game Plan, asook die fokus en verantwoordelikhede van ‘n RLF (Regional Leadership Forum) en -Departmente.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.