THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA
Nuusflits | 3 Maart 2017 Geagte Kollega, Reën Die afgelope twee weke is meeste dele van ons land deurweek met reën. Hierdie reën is verwelkom en ‘n verligting van die volgehoue droogte wat ons land oorweldig het. Alhoewel ons nie in staat is om voldoende oeste vir ons land te red nie, is ons dankbaar dat die watervlakke in belangrike opvangsgebiede, soos die Vaaldam toegeneem het. Ons is ook dankbaar teenoor die Here vir sy beskerming teen die onlangse tropiese storm, Dineo. Dankie vir elkeen se gebede! Terwyl ons dankbaar is vir die reën is ons ook nog steeds bewus van die Wes-Kaap Provinsie wat nie voldoende water het nie. Mag ons hierdie Provinsie in ons gebede hou vir reën. Xenofobiese aanvalle Die gewelddadige tonele van georganiseerde aktivisme teen buitelandse burgers, ten aanskoue van die internasionale gemeenskap, is ‘n skande vir ‘n samelewing wat beweer dat ‘n groot aantal van sy mense bely dat hulle Christene is. Hierdie keer is die buitelanders van kriminele aktiwiteite beskuldig soos dwelms, prostitusie en mensehandel. Dit is nie waar dat alle buitelanders in die land betrokke is by kriminele aktiwiteite nie. Misdaad het geen nasionaliteit nie. Aanvalle op buitelanders binne ons grense lei tot aanvalle op Suid-Afrikanders buite ons grense. Ons doen ‘n beroep op ons gemeenskappe om hulself te weerhou van hierdie aksies. In sommige gevalle is dit beweer dat die polisie ingelig is oor misdade in sekere huise, maar dat daar geen reaksie was nie. Ons vra ons wetstoepassingsagentskappe om vinnig op te tree wanneer daar bewerings van misdaad aangemeld word. Ons vra ons regering, en veral die Departement van Binnelandse Sake, om te verseker dat ons nie ongedokumenteerde vreemdelinge in die land het nie. Ons vra ons lidmate om te bid vir die Gees van liefde, vrede, vriendelikheid en selfbeheersing om te heers oor die gees van twis, vyandskap, woede en wedywering. Kom ons werk saam vir ‘n vreedsame bestaan. 1. AGS Welsynraad Konferensie: Vrystaat Die AGS Uitvoerende Welsynraad nooi jou om hierdie eerste van sy soort, Welsynraad Konferensie vir die Vrystaat Provinsie by te woon op 10 & 11 Maart by Kingdom Ministries (op die hoek van Tempest en Arrarat strate). Die 2-dag-konferensie gaan inspirerend en opvoedkundig wees. Die doel is om deelnemers bewus te maak van die behoeftes in hul plaaslike gemeenskappe, sowel as om hulle by te staan met 'n praktiese plan van aksie (wat van toepassing is op hulle eie gemeenskappe).