31 Maart

Page 1

THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA

Nuusflits | 31 Maart 2017 Geagte Kollega, Huidige situasie met die Minister van Finansies, Pravin Gordhan Die leierskap van die AGS van Suid-Afrika neem met groot kommer kennis van die onverklaarbare herroeping van die Minister van Finansies, Mnr. Pravin Gordhan, die Adjunkminister van Finansies Mnr. Mcebisi Jonas en die Direkteur-generaal Mnr. Lungisa Fuzile, vanaf belegger “roadshows” in die Verenigde Koninkryk en in die VSA. Terwyl ons ten volle verstaan en aanvaar dat dit die presidensie se reg is om hierdie tipe aksie uit te voer, bevraagteken ons die wyse waarop dit gedoen is. Die presidensie se optrede om skielik die belegger “roadshows” te eindig skep ‘n situasie van spanning en onsekerheid in die land. Dit kan ‘n nadelige ekonomiese impak meebring. In die huidige omstandighede sou dit deugsaam van die president wees om enige onsekerheid met betrekking tot hierdie saak te verduidelik. Ons land benodig ‘n sterk inklusiewe ekonomie om die huidige vlakke van werkloosheid en armoede aan te spreek. Dit is die regering se verantwoordelikheid om ‘n omgewing te skep vir die bevordering van beleggings en ekonomiese stabiliteit. Ons maak ‘n oproep op die regering om deursigtigheid te toon wanneer staatsgesag uitgeoefen word. Vir die toekoms, maak ons ook ‘n ernstige beroep op ons regering om beide verstandige en verantwoordelike leierskap toe te pas oor ons land se fiskus en ekonomie. Ons doen ook verder ‘n beroep op ons pastore en lidmate om die huidige onsekerheid d.m.v. gebed in ons Sondag byeenkomste aan te spreek. 1. 20 JAAR VAN EENHEID DVD Ons het die afgelope tyd heelwat navrae ontvang vir ‘n harde kopie DVD van die 20 Jaar van Eenheid in die AGS storie wat gewys was tydens die Algemene Besigheids Vergadering (GBM) laasjaar. Pastore is nou welkom om ‘n bestelling te plaas by die nasionale kantoor. Laai gerus die onderstaande bestelvorm af en volg die instruksies: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication 2. 2017 NOB STREEKSBESOEKE Die Nasionale Ampsdraers het tyd spandeer in Noordwes en Gauteng op hul jaarlikse besoeke aan die die streke. Vrydag sal wees vir Streeks- / Netwerk Komitees en Departemente en sal konsentreer op die huidige leierskap kwessies, effektiewe fasilitering en implementering van die One AFM


Game Plan, asook die fokus en verantwoordelikhede van ‘n RLF (Regional Leadership Forum) en -Departmente. Die Saterdag sal wees vir alle pastore, lede van die beheerliggaam, verteenwoordigers van die plaaslike gemeente asook verteenwoordigers van die departemente. Die dag sal fokus op die President se strategiese fokus areas en die praktiese implementering van die One AFM Game Plan. Die laaste datum vir die jaar is: April 21-22 Kwazulu-Natal

AFM Kingsway (Amanzimtoti)

Vir meer inligting rondom die besoeke laai gerus die formele uitnodiging hier af: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication SeĂŤn! MG Mahlobo DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA NASIONALE KANTOOR Gebou nr.14 | Central Office Park | Jeanlaan 257 | Centurion Gauteng Suid Afrika Posbus 9450 Centurion 0046 Tel: 27 12 644 0490 | Faks: 27 12 644 0732/4 | www.afm-ags.org Nuusbrief Redakteur: Past. M.G. Mahlobo (President of the AFM) mmahlobo@afm-ags.org Navrae: Chantalle Schutte (Interne Kommunikasie Spesialis) chantalle@afm-ags.org

The WHOLE church taking the WHOLE Gospel to the WHOLE world.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.