9 Junie

Page 1

THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA

Nuusflits | 9 Junie 2017 Geagte Kollega, ONLANGSE GERUGTE VAN MISHANDELING, VERKRAGTING EN MOORD OP KINDERS EN VROUE IN ONS LAND Suid-Afrika het 'n gevaarlike land geword vir kinders en vroue. Geweld het feitlik endemies geword. Gedurende die afgelope vyf maande is 'n skokkende aantal vroue en kinders in Suid-Afrika vermoor. Wat kommerwekkend is, is dat baie van hulle gesterf het aan die hand van ‘n eggenoot of ‘n man wat hulle geken het. Dit blyk asof dit ‘n nasionale tendens geword het wat nou voortgeset word. Volgens die SA Mediese Navorsingsraad word 'n vrou elke agt uur deur 'n intieme vennoot vermoor. Volgens Statistiek Suid-Afrika (Demografiese en Gesondheidsopname, Mei 2016), het een uit elke vyf vroue in ‘n verhouding (21%) fisieke geweld van ‘n man ervaar. Vanaf Januarie alleen is meer as 19 kinders in die Wes-Kaap vermoor. Hierdie afskuwelike misdade is duidelike aanwysers van die afbreek van gesinswaardes. Onder andere sluit hierdie waardes wedersydse respek, sorg, beskerming en die inherente waardigheid van mense in. In die verlede het statistieke aangedui dat die meeste kinders grootword in huise waar die vaders afwesig is. Terwyl sommige fisies van die huis af weg is, is ander fisies teenwoordig maar afwesig in hul betrokkenheid by hul kinders, veral seuns. Ek dink dit is tyd om ‘n beroep te doen op alle afwesige vaders om terug te keer huis toe. Hierdie gruwelike dade is 'n aanklag teen die patriargale stelsel wat kinders en vroue as voorwerpe beskou, en nie medemense wat deur God as gelykes geskep word nie. Die feit dat mans en vroue verskillende rolle in die gesin het, moet nooit verstaan word dat hulle nie dieselfde waardigheid en gelykheid as mense wat deur God geskep word, deel nie. Alle vorme van probleme moet opgelos word deur onderhandeling 'n probleemoplossingsmetode wat in ons huise en plaaslike kerke bevorder moet word. Daar is geen probleem so ingewikkeld sodat haat, belediging en geweld aangespoor word nie. Ek doen 'n beroep op ons lidmate en leiers om in te staan en “Nee!” te sê vir die mishandeling, verkragtig en moord op ons kinders en vroue. Ons moet openlik verklaar dat hierdie misdade so gruwelik is. Ons moet dit ook aan wetstoepassingsagentskappe rapporteer. 1. National Sisters’ Fellowship Konferensie 2017 Die National Sisters’ Fellowship bevorder gebed, kameraadskap en geestelike groei onder AGS-vroue. Die nasionale departement bevorder 'n Christus-gesentreerde karakter deur jaarlikse konferensies, spesiale naweke en gebedsdae. Evangelisasie word gefasiliteer deur die plaaslike Sisters’ Fellowship strukture by plaaslike AGS gemeentes waar die fokus op die gemeenskap en wêreld evangelisasie val.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
9 Junie by The Apostolic Faith Mission of SA - Issuu