• 2de KWARTAAL 2017 • DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA NASIONALE KANTOOR Gebou nr. 14, Central Office Park, Jeanlaan 257, Centurion, Gauteng, Suid-Afrika Posbus 9450, Centurion 0046 Tel: 27 12 644-0490 | Faks: 27 12 644-0732/4 www.afm-ags.org https://issuu.com/afm_ags Geagte Kollega,
INHOUD • Geagte Kollega - 1 • Pinkster: Die Fondasie van die AGS - 2 • Die Gideons Internasionaal: ‘n Inleiding - 3-4 • Bevordering van Kwaliteit Verhoudings in Bediening deur “Coaching” - 5-6 • AGS Konferensie 2017: ‘n Omksrywing van die Tema - 7-8 • Slot - 8
Groete in Jesus se Naam. Dit is altyd vir my 'n voorreg om in kontak met jou te wees, my broers en susters, deur middel van Pastorale Briewe. In hierdie brief word vier sake aangespreek. Pinkster en die rol van die Heilige Gees in die AGS, die bediening van die Gideons Internasionaal, die bevordering van kwaliteit verhoudinge in die AGS deur middel van “coaching” en die tema van ons 2017 Nasionale Konferensie.
PINKSTER: DIE FONDASIE VAN DIE AGS Die vervulling met die Heilige Gees is bedoel om gelowiges te bemagtig om die “Groot Opdrag” van Jesus Christus te vervul. Trouens, die hoofdoel en rede vir die doop in die Heilige Gees is sodat die "Missio Dei" die Sending van God, vervul kan word. Dis ook waarom Jesus selfs Sy dissipels nie toegelaat het om met "kerkwerk" en evangelisasie te begin voordat hulle nie aangedoen was met "krag uit die hoogte" (die doop in die Heilige Gees) nie: "En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte." (Luk. 24:49)
“Ons faal in ons bediening as ons nie ons lidmate begelei en bedien t.o.v. die doop in die Heilige Gees nie.”
Die uiteindelike doel van die One AFM Game Plan is die vervulling van die “Groot Opdrag” deur pastore en lidmate van ons kerk. Die belangrikheid van die doop in die Heilige Gees moet daarom beklemtoon word. Terwyl dit in die verlede in ons gemeentes en tydens ons konferensies beklemtoon was, dra dit nie vandag dieselfde klem nie. Die doel van die vervulling met die Gees is bo alles om ons effektiwiteit as kerk en getuies van Jesus te verhoog. Die Heilige Gees maak 'n onmeetbare verskil. Géén moderne lering, tegniek of metode kan opmaak vir die afwesigheid van ware Geesvervuldheid nie. Hierdie besef moet eerstens by ons pastore indring. Ons faal in ons bediening as ons nie ons lidmate begelei en bedien t.o.v. die doop in die Heilige Gees nie. Eers dan sal ons missionale roeping tot sy volle reg kom. Die hoofrede vir die Pinkster ervaring is gehoorsaamheid aan Jesus se “Groot Opdrag” in Matteus 28:18-20, Markus 16:15, Johannes 20:21 en Handelinge 1:8. Hierdie is die rede vir die bestaan van die AGS en is ook die hart van ons One AFM Game Plan. Gedurende die eerste 40 jaar van die AGS se bestaan, het elke gemeente benewens die weeklikse biduur, elke week 'n "wagdiens" gehou. Dit was waar daar spesifiek gebid is vir nuwe bekeerlinge wat nog nie gedoop is in die Heilige Gees nie. Daar was min AGS lidmate wat nie vervul was met die Heilige Gees nie. Hulle het in tale gepraat, ja, maar belangriker as dit - gedurende die eerste 40 jaar van sy bestaan was die AGS die vinnigste-groeiende kerkgroep in Suid-Afrika wat tenminste elke 10 jaar verdubbel het! Was daar dalk 'n verband tussen die doop in die Gees en die hoë bekerings/groei-syfer? Êrens moet elke pastoor en lidmaat in ons kerk hierdie tydlose waarheid weer insien. Ek doen ‘n beroep op alle pastore om dwarsdeur die jaar ernstig te fokus op die Doop in die Heilige Gees, veral tydens Pinksterweek – die tien dae vanaf Hemelvaartdag. Natuurlik eindig dit op Pinkster Sondag. In 2018 sal Hemelvaartdag op 10 Mei wees. Ons sal Pinksterweekdienste vanaf 11 Mei 2018 tot 20 Mei 2018 hê, wat die Pinkster Sondag sal wees. -2-
DIE GIDEONS INTERNASIONAAL: ‘N INLEIDING
Die Gideons Internasionaal (www.gideons.co.za) is 'n interkerklike organisasie van Christelike besigheidsen professionele mans en hul vrouens, wat lede is van Protestantse en Evangeliese kerke. Ons lede is toegewyd aan die redding van verlore siele deur middel van persoonlike getuienis en die verspreiding van God se Woord in 200 lande regoor die wêreld. Ons plaas die woord van God in besige areas van gemeenskappe soos hospitale, gevangenisse, skole, universiteite, kolleges, tronk selle, dokter spreekkamers ens. Ons glo dat wanneer ons persoonlike getuienisse deel met ander oor hoe die Here wondere in ons lewens verrig het, hulle moontlik Jesus Christus beter wil leer ken en aanneem as hulle persoonlike saligmaker. Ons plaas die woord van God in die hande van die ongeredde deur geloof en vertroue dat God die res sal doen en hulle tot verlossing sal bring – soos dit geskryf staan in Jesaja 55:11. Die lede van die Gideons-bediening leef deur hierdie sewe geestelike doelstellings: Mans en Vroue van die Bybel. Mans en vroue van Geloof. Mans en Vroue van Gebed. Mans en vroue wat Afgesonder is vir die Werk van die Here. Mans en Vroue met ‘n Omgee Hart. Mans en vroue wat Getuig. Mans en Vroue wat Gee.
“Ons het tot dusvêr baie goed gevorder om ‘n bediening te wees wat die wyer Suid Afrikaanse bevolking bedien.”
Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika het doelgerig veranderinge ondergaan in die manier waarop die organisasie bestuur word, insluitende die proses van lidmaat werwing. Ons het tot dusvêr baie goed gevorder om ‘n bediening te wees wat die wyer Suid Afrikaanse bevolking bedien. Om die woord van God so vêr en wyd as moontlik te versprei, het ons die besef dat daar mag is wanneer alle Christen manne en vroue ingesluit word. Slegs dan sal ons as Christene die wedloop met volharding kan voltooi. As deel van ons missie is ons geseënd om saam met die AGS te kan werk, ‘n Christelike organisasie wat betroubaar is en ‘n impak maak vir Jesus Christus. Ons hoogste prioriteit is om 'n bediening te wees wat daarna strewe om elke man en vrou te bereik en te beïnvloed deur die Woord van God in hulle hande te plaas.
“... groei in areas waar die Gideons Internasionaal nog nooit gevestig was in Suid-Afrika nie.”
-3-
DIE GIDEONS INTERNASIONAAL: ‘N INLEIDING verv. Meer as 3,200 lede in 146 groepe, wat bestaan uit Gideons en hulp-lede, organiseer, bestuur en versprei Bybels in hul eie geografiese areas regoor die land. Die Here het ons geseën met meer as 200 mans en vroue vanuit multikulturele agtergronde wat geroep is deur God om Sy spesiale werk te doen – om hoop te gee aan die wat verlore is. Ons voorsien dat hierdie tipe bediening gaan groei in areas waar die Gideons Internasionaal nog nooit gevestig was in Suid-Afrika nie.
“Sedert die Gideons Internasionaal se ontstaan in 1899, het hierdie organisasie vir een saak gestaan en dit is om siele vir Christus te wen.” Ons bediening is 'n verlengde arm van die kerk en ons fokus op die ondersteuning van die kerk in plaaslike gemeenskappe. Een van die vereistes vir 'n Christen man en sy vrou om by die bediening aan te sluit, is dat hy 'n aktiewe lid van 'n gemeente moet wees en in goeie verhouding moet staan met hierdie gemeente. Verder moet die aansoek deur die Pastoor onderskryf word. Sedert die Gideons Internasionaal se ontstaan in 1899, het hierdie organisasie vir een saak gestaan en dit is om siele vir Christus te wen. Die kerk was nog altyd ons vennoot en bly ons lewenslyn. Oor die jare het hierdie bediening 'n opvoedkundige sentrum geword om lede, mans en vroue, te bemagtig om meer te doen in persoonlike getuienis en Bybelplasings.
-4-
BEVORDERING VAN KWALITEIT VERHOUDINGS IN BEDIENING DEUR “COACHING” Een van die kernwaardes van die AGS is Verhoudings. Ons moedig ware en opbouende (verrykende) verhoudings tussen gelowiges, pastore, leiers en gemeentes aan. In vandag se konteks is dit nie meer moontlik om ander op 'n armlengte van ons af weg te hou nie, en te probeer om verhoudings te vermy nie. Om geleenthede te vermy waar ons waarlik betrokke kon raak in mekaar se lewens, sal net tot ons eie nadeel wees. Ons kan nie die feit ignoreer dat Jesus 'n 24/7 verhouding met Sy dissipels gehad het nie. In die vroeë kerk is alles op verhoudings gebou. Ware leiers en dissipels kom voort wanneer individue gelei word tot geestelike en emosionele volwassenheid deur middel van verhoudings. Die feit is dat die meeste van ons probleme as 'n kerk en land opgelos kan word sodra werklike, kwaliteit verhoudings in plek is. Tydens die onlangse NLF (Nasionale Leierskapsforum Vergadering) in Maart, wat in Kaapstad aangebied was, is nasionale leiers uitgedaag om doelbewus na te dink oor hoe hulle kwaliteit verhoudings in hul streke, netwerke en departemente gaan ontwikkel. Twee volle dae was toegewy aan die “coaching” onderwerp en hoe dit waarde kan toevoeg vir die AGS. Dr. Henri Weideman (Algemene Sekretaris) het as fasiliteerder vir hierdie sessies opgtree en duidelike omskrywings gegee van wat bedoel word met die term “coaching”.
Nasionale Leierskapsforum, Maart 2017 (Kaapstad) -5-
BEVORDERING VAN KWALITEIT VERHOUDINGS IN BEDIENING DEUR “COACHING” verv. “Coaching” is 'n vorm van ontwikkeling waarin 'n persoon, 'n “coach”, 'n ander persoon of “coachee” ondersteun om 'n persoonlike of professionele doel te bereik deur leiding, opleiding en advies te gee. “Coaching” help ‘n persoon om hul eie oplossings te vind, eerder as om 'n oplossing voor te skryf. “Coaching” kyk aansienlik meer na die toekoms en minder na ‘n analise van die verlede. Stel jouself net voor as ons as kerk ‘n situasie kan skep waar elke pastoor die geleentheid gebied word om in ‘n kwaliteit verhouding te staan met ‘n AGS kollega of ‘n meer ervare leier. Om hierdie tipe verhoudings doelbewus te vestig, help ons om 'n impak op verskeie leierskapsgebiede te maak!
“Stel jouself net voor as ons as kerk ‘n situasie kan skep waar elke pastoor die geleentheid gebied word om in ‘n kwaliteit verhouding te staan met ‘n AGS kollega of ‘n meer ervare leier.” Wat is die potentiele waarde van kwaliteit verhoudings? Dit lei tot volgehoue leierskapontwikkeling in ons kerk. (Prediker 10:10 – “A dull axe requires great strength; be wise and sharpen the blade”). Dit skep ‘n geleentheid vir leiers om ‘n direkte beeld te kry van ‘n kwessie soos pastorale welstand en die kans om probleem areas vroegtydig te identifiseer. Dit spreek sterk in die AGS se waardes van verhoudings, integriteit en aanspreeklikheid. Dit bevorder voortdurende dissipelskap tussen leiers. Dit skep ‘n platform waar daar direk gehelp kan word met die implementering van die One AFM Game Plan – ons kerk se missionale roeping en vyf strategiese drywers. “Coaching”, as instrument om kwaliteit verhoudings te bou, kan gelyktydig ‘n impak maak op meer as een gebied waarvoor leiers verantwoordelikheid neem. Met ons nasionale leiers aan boord, sien ons uit na elke streek, netwerk en departement se “coaching plan” wat doelgerig ontwikkel is om kwaliteit verhoudings te kweek. Intussen is ons seker dat ons nasionale leiers die idee van “coaching” stadig maar seker sal begin bekendstel aan hul plaaslike pastore en leierskap. Benewens die voordele wat “coaching” kan inhou vir ons kerk, is dit ook nodig om deurlopende sorg en aandag te skenk aan ons kosbare eenheid. God het die verhaal van eenheid vir ‘n spesifieke doel in die geskiedenis van die AGS geplaas – om vandag Sy getuie te wees en ‘n bewys dat ware eenheid, deur Jesus Christus, ‘n werklikheid is.
“Met ons nasionale leiers aan boord, sien ons uit na elke streek, netwerk en departement se “coaching plan” wat doelgerig ontwikkel is om kwaliteit verhoudings te kweek.” -6-
AGS KONFERENSIE 2017: ‘N OMKSRYWING VAN DIE TEMA Ons sien uit na ons jaarlikse konferensie wat by Past. Ronnie Naidoo se gemeente in Kwazulu-Natal aangebied gaan word. Indien jy nog nie geregistreer het nie, doen asseblief so voor/op 31 Julie om ‘n laat registrasie fooi te vermy. Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om bietjie meer te deel oor die tema van die konferensie. Hierdie keer nie in ‘n artikelformaat nie, maar in 'n onderhoudsformaat waar ek sal reageer op vrae wat deur ons Kommunikasiebestuurder gestel word, Mev. Chantalle Schutte. Ek vertrou dat hierdie onderhoud jou meer insig sal gee in die belangrikste boodskappe wat ons graag aan elke AGS Pastoor en leier wil bring.
“Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om bietjie meer te deel oor die tema van die konferensie.” Past. George, wat is die tema van hierdie jaar se konferensie? Om lig op die tema te werp, gaan ek begin met die gebed van Jesus in Joh. 17: 20-21: “Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo, dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.” In hierdie gebed het Jesus gebid vir die eenheid van alle mense wat in Hom glo. Hy het geweet dat wanneer gelowiges verenig in die wêreld staan, dit 'n kragtige boodskap en getuienis sal uitstuur. Die wêreld sal dan glo dat Jesus die gestuurde een is. Die krag van verlossing lê binne hierdie konsep van eenheid van gelowiges in Christus. En dit bring my by die tema: EENHEID (Cohesion) Lewe as mense van die Gees in 'n sekulariserende samelewing. Joh. 17: 20-21 As ons kyk na ons wêreld of samelewing vanuit ‘n geestelike oogpunt, wat sien ons? Ons sien 'n geleentheid vir die kerk om in baie moeilike tye "lig" en "sout" te wees. Afgesien van wêreldwye verwikkelings, toon ons eie land Suid-Afrika tendense van aanvaarbare gedrag wat vêr van die waarheid van die Bybel verwyderd is. Ons sien hoe ons samelewing stelselmatig verder weg beweeg van God se waardes en beginsels – die vorming van ‘n sekulariserende samelewing. In tye soos hierdie moet ons onsself weer herinner aan die Groot Opdrag van Jesus Christus soos in Matteus 28: 19-20: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” -7-
AGS KONFERENSIE 2017: ‘N OMKSRYWING VAN DIE TEMA verv. Hoe het God die AGS gepositioneer vir ‘n tyd soos vandag? Ek glo dat God die AGS voorberei het om vandag ‘n belangrike impak in Suid-Afrika te maak. Ek verwys spesifiek hier na ons kosbare verhaal van eenheid. Watter ander kerk in Suid-Afrika kan getuig dat deur God se genade ‘n verdeelde kerk een geword het? Nie net kan ons sê dat ons een is nie, maar dat dit moontlik is vir mense van verskillende agtergronde en kulture om mekaar as broers en susters te aanvaar en lief te kan hê in die familie van God. Verder is ons gesëend om ons harte te kon belê in die One AFM Game Plan – die platform wat ons gebruik om ons leiers op alle vlakke van die kerk te fokus op ons missionale kerk strategie. Gegewe die AGS se eenheid en missionale fokus, glo ek dat God ‘n spesiale seisoen van impak beplan vir die AGS. Past. George, hoe sien jy die AGS ‘n impak maak in Suid-Afrika? Eerstens deur ons afhanklikheid van die Heilige Gees. Handelinge 1:8 “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” Die Heilige Gees bemagtig die AGS om sy oorspronklike roeping te vervul. Tydens die konferensie sal ons tyd hieraan spandeer. Meer as ooit het dit belangrik geword om ons liefde vir Christus uit te druk in ons verhoudings met ander. Ons sal kyk na drie maniere waarop ek dink ons kerk kan aktief getuig: (i) deur vir mekaar te sorg, om te gee en tyd saam met mekaar te spandeer binne die AGS familie, (ii) hande te vat met ander Christelike organisasies (beter bekend as Ekumeniese Betrokkenheid in ons One AFM Game Plan) en (iii) ons lidmate aan te moedig om aktiewe getuies in hul plaaslike gemeenskappe te wees – om hulself te sien as voltydse werkers van die Koningkryk, sendelinge in hul plaaslike gemeenskappe of hedendaagse Apostoliese agente. Kan jy vir ons die simboliek op die konferensie embleem verduidelik Past. George? Ja, ek kan. Daar is drie simbole ter sprake. Diverse gelowiges is verenig deur hul liefde vir Christus – die wit kruis op die agtergrond verteenwoordig Jesus. In die middel is ons "sekulariserende" wêreld - 'n wêreld wat verder weg beweeg van Bybelse waarheid. Ek glo dat die AGS uniek geposisioneer is om vandag 'n kragtige getuie in Suid-Afrika te wees.
SLOT Ek vertrou dat jy die kwessies in hierdie Pastorale Brief uitdagend en insiggewend gevind het. Jy is welkom om jou terugvoer rondom hierdie kwessies met my te deel! Sëen! Past. M.G. Mahlobo