26
ps 16351609 het die nodige uithouvermoë
artikel deur de wet meyer
D
ie afgelope seisoen het weereens bewys dat bloot die regte kultivar keuse die verskil kan wees tussen ’n oes en ’n misoes. ’n Goeie voorbeeld hiervan is PS 16351609 soetrissie van Seminis met sy goeie Phytophthora weerstand. Selfs gedurende die nat somer wat ons gehad het, het PS 16351609 bewys dat hy nie hoef terug te staan vir wat moeder natuur oplewer nie. Een van die aanplantings waar PS 16351609 voorwaar uitgestaan het was onder die nette in Tarlton. Hierdie aanplanting wat in Julie 2020 uitgeplant is, was Maart 2021 nogsteeds vol in produksie. Danksy PS 16351609 se sterk wortelstelsel het plante ’n lengte van oor die 2m bereik terwyl die hulle steeds tot bo uitstekende vrugkwaliteit opgelewer het. Werklik besonders aangesien hy gewoonlik as ’n beperkte groeier in die oop-land aangeplant word. Alhoewel PS 16351609 reeds vir jare gewild is onder die Brits boere, groei die navraag jaar op jaar en kompeteer hy steeds uitstekend teen van die nuwer kulitvars wat sy opbrengs en raklewe aanbetref. Goeie blaarbedekking beskerm die vrugte teen sonbrand terwyl sy sterk en gesonde wortels maak dat plante die hoë opbrengs kan dra. PS 16351609 is en bly ’n staatmaker!
products