Breederivier
Year 16 • 10 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212
Lees binne
New markets:
Wang Liang (left), Mayor of the city Yantai in China, listens to Gerrit van Rensburg, Western Cape Minister of Agriculture and Rural Development, who addressed the audience during the recent opening ceremony of the Yantai International Wine Expo in the Shandong province. Judi Dyer, managing director of Zandvliet Wine Estate outside Ashton, which is currently exporting wine to China, says government initiatives similar to this one, has made it possible for Zandvliet to export to China. According to Van Rensburg, China has now become one of South Africa’s top ten export destinations. Twenty wine companies went to the Yantai International Wine Expo, held from June 27 to 29, hoping to open up new export markets to the local wine industry. It is the second year the Western Cape partakes in this wine expo.
Melkboere moet hoor van nóg prysverlagings. BLADSY 3
Kinders leer om in orkes te speel, ander kry tromme. BLADSY 6 EN 8
Damdrama op Robertson ANITA DE KOCK
’n
GROEP huiseienaars langs die Gumgrove-leidam naby Johan de Jongh-rylaan op Robertson is baie ongelukkig omdat daar volgens hulle begin is om die dam te vergroot sonder dat hulle geraadpleeg of daarvan in kennis gestel is. Tydens ’n dringende vergadering met die plaaslike munisipaliteit verlede Donderdag, is ’n ondertekende versoekskrif aan die munisipale bestuurder oorhandig waarin die groepie huiseienaars hul bekommernis uitspreek dat die vergroting van die dam hulle nadelig raak. Volgens die huiseienaars, almal van Van Oudtshoornstraat, is hulle nie gekontak of geken in die besluit nie en is geen kennisgewings aan hulle gegee nie.
Een inwoner het glo ’n kennisgewing ontvang wat volgens hulle “niksseggend” en “misleidend” is as daar gekyk word na die omvang van die werk. Hulle sê hulle het ook geen verslag van die omgewingsimpakassessering wat gedoen moes word, óf die ingenieursverslag, onder oë gehad nie. Onder die lys van bekommernisse het die inwoners onder meer gesê dat as die dam vergroot word, die damwal net sowat 1,5 m van die grens van hul erwe sal wees en dat hulle reeds met probleme met krake en barste aan hul huise te doen het. Hulle glo die vergroting van die dam gaan die toestand vererger, dat dit ’n plaag van vlieë en muskiete, sowel as slange en paddas, sal vererger, dat die sugwater ’n bedreiging vir hul eiendomme inhou en dat die waarde van hulle ei-
Weer • Weather
endomme sal verlaag. In die versoekskrif word ook gevra wat die veiligheidsmaatreëls by die dam sal wees met betrekking tot vloedskade en moontlike skade aan hul eiendom. Die huiseienaars vra dat alle werk aan die ontwikkeling dadelik gestaak moet word en alle dokumente en verslae tot hul beskikking gestel moet word. Anton Everson, waarnemende munisipale bestuurder van die Langeberg Munisipaliteit, sê dit sal nie in hierdie gevorderde stadium van die projek tot voordeel van inwoners wees om konstruksie te staak nie en dat dit ’n “noodsaaklike projek om die behoefte vir watervoorsiening aan te spreek” is. Volgens Everson is die rede vir die vergroting om watertekorte in die droë somer aan te spreek wanneer die damme in
DINSDAG / TUESDAY
WOENSDAG / WEDNESDAY
DONDERDAG / THURSDAY
VRYDAG / FRIDAY
Maks 21ºC
Maks 14ºC
Maks 10ºC
Maks 10ºC
die berg nie oor voldoende water beskik nie. “Die afgelope vier jaar was die kapasiteit van die Gumgrovedam nie voldoende om Robertson van drink- en leiwater te voorsien nie.” Hy verduidelik dat die dam se kapasiteit tot 42 megaliter vergroot word. “Die ontwerp is deur ’n professionele ingenieur gedoen en voldoen aan damveiligheidsvereistes.” Die projek se beraamde koste is R2 000 000 en dit sal teen einde Augustus voltooi wees. Everson sê die dam sal omhein word en walle sal met plante beplant word om erosie te voorkom, asook om ’n netjiese omgewing te verseker. Die Gazette het teen druktyd nog gewag vir ’n antwoord op ’n vraag oor die openbare deelname-proses.
Naweek: Bewolkte weer en reën word vir die begin van die naweek voorspel, maar dit sal na verwagting later opklaar. Temperature sal waarskynlik nie bo die 15 °C-merk styg nie.