Breederivier gazette

Page 1

Breederivier

X1PJ6TAM-BZ091214

Year 18 • 9 Desember 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za

Fees van Gospel! Gazette se heel eerste gospelkonsert was ’n reusesukses! Konsertgangers het hulle verlustig in die variasie wat op die spyskaart was. Op die foto is die Dumisani-gospelgroep, die gaskunstenaar by die geleentheid, saam met Theresa Olivier (derde van links, uitgewer van Breedevallei Media), James Combella (middel, seremoniemeester) en Annelda Grootboom (vierde van regs, geleentheidskoördineerder van die Breederivier Gazette).

Berig en nog foto’s op bl. 4.

Kragkrisis knou ekonomie in Vallei HILDERINE SCHRÖDER

Die land se elektrisiteitskrisis wat die afgelope weke gereeld tot beurtkrag gelei het, kan die Vallei ’n geweldige ekonomiese slag toedien. Só sê die voorsitters van die Bonnievale- sowel as Robertson-sakekamer. Volgens dr. Deon Joubert, van die Robertson-sakekamer, lyk die prentjie tans donker vir die Vallei, hetsy dit vir plaaslike ondernemings of plaaslike fabrieke is. Of sake- of fabriekseienaars ’n kragopwekker het of nie, die ekonomiese uitwerking van beurtkrag bly

groot, sê Joubert. “Die situasie strek die hele gemeenskap tot nadeel,” voeg hy by. Hansie Wolfaardt, van die Bonnievale-sakekamer, stem saam. Die geldwaarde van die uitwerking, voeg hy by, is moeilik berekenbaar, maar dit is in alle waarskynlikheid enorm. Veral plaaslike fabrieke, sê Joubert en Wolfaardt, word deur die kragonderbrekings gepootjie. Waarskuwings vir kragonderbrekings word te laat uitgereik en dan hou die kragreus boonop dikwels nie by die skedules wat hy uitgereik het nie. “As ’n mens lank genoeg vooraf waarskuwing kry en Eskom hou by dié skedule, kan fabrieke hulle bedrywighede in ’n mate daarby aan-

pas,” sê Wolfaardt. “Soos dinge egter op die oomblik gaan is dit bitter moeilik om vooruit te beplan. Fabrieke werk op siklusse en dié siklusse kan nie binne ’n dag se kennisgewing aangepas word nie.” Sou die situasie voortduur kan dit lei tot groot finansiële verliese, veral in die kaasbedryf wat tans op sy piek is, voeg hy by. Volgens Joubert steun die plaaslike ekonomie in ’n baie groot mate op die landbousektor. “Die hele ekonomie hang van landbou af. As jy landbou benadeel, benadeel jy die hele gemeenskap.” Die effek van beurtkrag is veral nadelig in fabrieke waar daar met bederfbare produkte wat vinnig afgekoel moet word, gewerk word. “As

die situasie op dié trant voortduur gaan die area nog slegter daaraan toe wees as dit parstyd is,” sê Joubert. Intussen sê Jo-Ann Otto, woordvoerder van Kaapse Wynlanddistrik van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, alle hospitale in die streek is gerat vir enige kragonderbrekings. Die Robertson- en Montagu-hospitaal het albei kragopwekkers wat ten volle operasioneel is, aldus Otto. Die kragopwekkers is geprogrammeer om outomaties aan te gaan sodra daar ’n kragonderbreking is. “Hierdie onmiddellike aanskakeling verseker dat daar nie ’n negatiewe effek op enige lewensondersteunende toerusting tydens kragonder-

brekings is nie.” Volgens Otto word nie-noodsaaklike toerusting soos lugversorgers gedurende kragonderbrekings afgeskakel om sodoende diesel te bespaar. Alle medikasie wat verkoeling benodig word in gespesialiseerde yskaste wat hul temperatuur vir tot ses ure behou, bewaar. Geen van die klinieke het kragopwekkers nie. Om te verseker dat die “koueketting” nie onderbreek word nie, word alle medikasie gedurende naweke na die hospitaalapteke geskuif. Die departement, sê Otto, doen alles binne sy vermoë om te verseker dat sy dienste nie deur kragonderbrekings onderbreek word nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.