Breederivier
AAAAAA-BZ100315
Year 19 • 10 Maart 2015 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za
Gewapende rowers het verlede week op Raimondi’s Wholesalers toegeslaan. Kringtelevisiemateriaal toon verskeie van die rowers in polisiekleredrag.
Kringtelevisiemateriaal: herken jy enige van dié vermeende rowers? Die verdagtes het verlede week op Raimondi’s toegeslaan.
‘Polisie’ toe rowers HILDERINE SCHRÖDER Gewapende rowers het verlede Vrydag in ’n uiters goed georganiseerde rooftog op Raimondi’s Wholesalers in Robertson toegeslaan. Volgens lt. Cynthia Ndabeni, woordvoerder van die Robertson-polisie, het vier mans, waarvan twee koeëlvaste polisiebaadjies gedra het en een ’n polisiepet, omstreeks 17:45 by die handelaar ingestap. Hulle het glo daarop aangedring om die bestuurder te spreek. Een van die mans het iets wat na ’n polisiedossier gelyk het, by hom gehad. Die mans was almal gewapen, een met ’n aanvalsgeweer. Binne-in die winkel het die mans geld geëis, sowel as die personeel se selfone
en juweliersware. Die werkers, insluitend die bestuurder, is hierna in die kluis toegesluit, waarop die boosdoeners hul strooptog voortgesit het. Volgens Bruno Raimondi, eienaar van Raimondi’s Wholesalers, het nog vier mans hulle by die aanvanklike groep aangesluit. Hulle het bokse vol lugtyd sowel as rekenaartoerusting gesteel. Volgens Raimondi het die boewe ook grootskaalse skade aan veiligheidskameratoerusting aangerig. Die omvang van die diefstal en skade word steeds bereken. Die vasgekeerde werkers is deur die polisie bevry na een werker se man onraad vermoed het toe sy nie by die handelaar uitkom nie. Hy het soos gewoonlik buite vir haar gewag, maar toe sy nie uitkom nie, het hy die polisie gebel. Dít
na hy vroeër ook ’n voertuig opgemerk het wat verdag voorgekom het. “My vrou is in ’n toestand en kon die naweek nie eens haar oë toemaak nie,” het hy aan Annelda Grootboom gesê. “Vanoggend (Maandag) het sy in trane uitgebars toe ek haar by die werk gaan aflaai het.” Volgens Raimondi is hy net dankbaar dat niemand in die voorval beseer is nie. Daar is reeds reëlings getref dat die betrokke werkers berading sal ontvang. Volgens Ndabeni ondersoek die polisie hoe die verdagtes polisietoerusting bekom het. ’n Saak van gewapende besigheidsroof word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Bertus Basson, by 023 626 8355 of 083 335 5019 te bel.
AAAAAA-BZ100315