Breederivier Gazette 11 Dec 2012

Page 1

Breederivier

Year 16 • 11 Desember 2012 | Tel. 023 626 5212

Straat in pers getooi

’n Breederivier Gazette-leser, Sarie Myburgh, het hierdie foto van die jakarandabome wat vol in die blom staan, in Warrenstraat, Robertson, afgeneem. Gazette-lesers word genooi om hul nuus, gemeenskaps- en selfs landskapfoto’s na die Gazette te stuur by gazette@breede.com. FOTO: SARIE MYBURGH

Moderne ontwikkeling beplan

DALEEN FOUCHÉ

’n Residensiële ontwikkeling van etlike miljoene rand kan moontlik in die afsienbare toekoms aan die buitewyke van Robertson verrys. Belangstellendes word tans uitgenooi om as geïnteresseerde en geaffekteerde partye te registreer, en kommentaar te lewer oor dié 16 haontwikkeling naby die Robertson-vliegveld. Die ontwikkelaars beoog ’n sekerheidsdorp met verskeie behuisingsopsies, sowel as sakeareas, ’n kleuterskool en park. Andries Domburg, voorsitter van Robertson Uitbreiding 9 Pty (Ltd), ontwikkelaar van die beplande Roodezant-ontwikkeling, meen daar is ’n groot behoefte in Robertson en die Langeberg vir hoër digtheid-verblyf, soos woonstelle vir eerste huiseienaars.

Die ontwikkelaars beplan om ook twee- en drieslaapkamerhuise te bou, asook meer kompakte toesluit-en-ry-eenhede met kleiner tuine vir afgetredenes. ’n Tweede groot behoefte wat aangespreek word met die ontwikkeling is ’n versorgingseenheid vir bejaardes. Dié eenheid sal beskik oor ’n eetsaal en voltydse hulp, terwyl spasie ook vir dokters se spreekkamers beplan word. Domburg sê daar is deeglike navorsing gedoen oor die behoefte vir so ’n ontwikkeling en dit het duidelik geword uit die navorsing dat daar ’n groot behoefte is vir woonstelle vir jonger mense of eerste huiseienaars en vir die versorgingseenheid. Gazette het vroeër vanjaar berig hoe al meer jongmense na die Langeberg verhuis (Jonges stroom na Vallei 8/5/12). Domburg sê daar word ’n markplein, sakesentrum, ’n kerk en kulturele sentrum beplan asook drafroetes, ’n dam en ’n park. “Die omge-

wing sal boomryk wees en woonstelle sal nie hoër as twee verdiepings gaan nie.” Clinton Geyser, die omgewingskonsultant, sê ’n voorlopige basiese assessering sal gedoen word, waarop geregistreerde partye kommentaar sal kan lewer. Met die kommentaar in ag, sal ’n finale assessering gedoen word, waarop daar weer eens kommentaar gelewer kan word. Die finale assessering met kommentaar word dan aan die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning vir goedkeuring voorgelê. Domburg sê die omgewingsgoedkeuring sal ook afhang van die hersonering van die erf. Belangstellendes word genooi om te registreer by Enviro Africa, die omgewingskonsultant vir die projek, om só tydens die openbare deelname-proses op hoogte gehou te word van vordering en kommentaar. Stuur e-pos na admin@enviroafrica.co.za.

’n Lugfoto wys die ligging van die beplande Roodezandt-ontwikkeling.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Breederivier Gazette 11 Dec 2012 by Boland Gazette - Issuu