Breederivier
Year 18 • 12 Augustus 2014 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Valleiers wys hul slag op televisie Dit het gegons in die Vallei toe die reisprogram Mooiloop, wat Vrydagaande om 19:00 op SABC2 uitgesaai word, die Langeberg-streek besoek het. Hulle het verskeie besienswaardighede op Bonnievale en Robertson besoek. Op Robertson het hulle onder meer by Rooiberg en De Bakkerij ingeloer, by Passio Restaurant iets gekry om te eet en ook die Robertson Harmonic Youth Band ontmoet.