Breederivier
X1PLAKUM-BZ130115
Year 19 • 13 Januarie 2015 | Tel. 023 626 5212
Kerspret vir ’n goeie doel
www.bolandgazette.co.za
Dubbele tragedie tref familie ANNELDA GROOTBOOM
Robertson is geruk deur ’n dubbele tragedie met die dood van Caylen Bewee en haar oom Charles Adams, wat Sondag 11 Januarie in die see by Hawston verdrink het.
Gesinne het ’n heerlike dag van feestelikheid geniet by die jaarlikse Uncle Robbie’s-Kerspartytjie wat gedurende die Desember-vakansie by Wolvendrift-landgoed aangebied is. Benewens ’n heerlike gesinsuitstappie, was daar ook hope vermaak vir die kleingoed. Dit sluit hansworse en verskeie ander prettighede in. Die dag se verrigtinge was ten bate van die Breederivier-hospies.
Caylen Bewee
Volgens Suhyda Bewee, Caylen se ma, het hul haar neef en sy seun terug geneem huis toe (Hawston) waar hulle die dag by hulle deurgebring het. Hulle het egter net ná ete besluit om strand toe te gaan. Caylen het glo gesê sy gaan nie uit Hawston voordat sy in die see gaan swem het nie. Net Caylen en haar oom het besluit om te gaan swem, vertel Suhyda, terwyl die res van die geselskap eerder in die vlak water gehou het. Volgens Suhyda het hul twee familielede al dieper die see ingegaan en is hulle deur die branders meegesleur. Al wat sy nog kon hoor, vertel sy, was hul hulpkrete. Ondanks ’n poging deur Caylen se pa, Llewellyn, om hulle te red was dié poging vergeefs. Suhyda beskryf Caylen as dié lieflikste kind, altyd spontaan en iemand wat diep in mense se harte ge-
Charles Adams
kruip het met haar sonstraalpersoonlikheid. Caylen sou hierdie jaar ’n matriekleerder by Langeberg Sekondêre skool wees en het baie uitgesien na haar laaste jaar, veral omdat haar skoene vir haar matriekafskeid reeds deur een van haar tan-
nies gekoop is. Volgens Charles se vrou, Christien, was hy ’n omgee mens met ’n hart van goud. Charles het op die plaas Appelsdrift op die Le Chasseurpad buite Robertson gewerk. Suhyda beskryf haar oudste broer as haar steunpilaar, iemand wat haar altyd moed ingepraat het en die goeie in ander mense raakgesien het. “Hy was nooit opstandig nie, maar het altyd die positiewe in ’n slegte saak gesien.” Benewens Christien word Charles oorleef deur sy vyf kinders. Caylen laat benewens haar ouers ook haar boetie agter. Volgend ao. Calvin Duncan van die Hermanus-polisie is ’n nadoodse ondersoek reeds gedoen. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Teen druktyd was begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie.