Breederivier Gazette 14 Aug 2012

Page 1

Breederivier

Year 16 • 14 Augustus 2012 | Tel. 023 626 5212

Paying respects:

The staff of the Langeberg Department of Health gathered for a small ceremony on Thursday, August 9 at the bridge near Montagu for Miriam Cekiso, who went missing on Tuesday when the emergency vehicle she was driving is thought to have been swept away by flood waters. Read more on page 3. Photos:Edith Pengelley

Nog reën verhoed herstelwerk DALEEN FOUCHÉ

N

OG reën word voorspel vir die komende week wat beteken dat herstelwerk van die Cogmanskloofpas verder vertraag gaan word. Die R62 tussen Montagu en Ashton is beskadig ná die swaar reën wat Maandag en Dinsdag (6 en 7 Augustus) geval het. Die Keisie-, Kingna- en Cogmansriviere het hul oewers oorstroom en verskeie paaie, brûe en infrastruktuur beskadig. Die R62 na Mon-

tagu is gesluit en die dorp was van die buitewêreld afgesny. Die pad is verlede Vrydag (10 Augustus) tydelik tot ’n bruikbare toestand herstel en vir verkeer oopgestel. Hoewel swaar reën oor die naweek geval het, het die riviere nie verder oor hul walle gebars nie. Al-Ameen Kafaar, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en publieke werke, wat verantwoordelik is vir die onderhoud van die R62, sê die pad word tans op ’n gereel-

Weer • Weather

de basis met teer opgevul sodat die tweerigting-verkeer tussen Ashton en Montagu kan voortgaan. Kafaar sê die aanhoudende reën veroorsaak dat die departement nog nie die omvang van die skade aan die pad kon vasstel nie en ook nie wanneer die pad in sy geheel herstel kan word nie. Die Langeberg Munisipaliteit kon teen gister (13 Augustus) nie ’n beraming van die vloedskade maak of ’n vergelyking tref met vorige jare se vloede nie. Maar

Ronelle Preston, ’n Montagu-inwoner, sê die skade was dié jaar baie minder as met vorige vloede. Sy skryf dit toe aan die opruimwerk wat die Langeberg Munisipaliteit in die rivierbeddings gedoen het (“Rivierskoonmaak skop gou af”, 7 Februarie 2012). ’n Rioolpyp wat verlede week op Montagu gebars het, is tydelik deur die munisipaliteit herstel en sal deur die loop van die week permanent herstel word. Mareletta van Zyl-Wohlfarter,

DINSDAG / TUESDAY

WOENSDAG / WEDNESDAY

DONDERDAG / THURSDAY

VRYDAG / FRIDAY

Maks 18ºC

Maks 15ºC

Maks 16ºC

Maks 19ºC

ook ’n inwoner van Montagu, sê dat daar Dinsdag (7 Augustus) tot 200 mm reën in dele van Montagu geval het. Skole op Montagu was ook Dinsdag en Woensdag (7 en 8 Augustus) gesluit. Soyisile Mokweni, bestuurder van die Langeberg Munisipaliteit, het Maandag aan die Gazette gesê dat verskeie departemente byeengekom het ná die oorstromings en dat elk ’n “fundamentele rol gespeel het” in hul onderskeie dissiplines.

Naweek: Die naweek sal sonnig begin met verspreide reenbuie op Sondag. Die tempratuur sal na verwagting tot en met 18°C styg.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.