Breederivier gazette 14 jan 2014

Page 1

Breederivier

Year 18 • 14 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212

Die Rautenbachs se buurman, Jean-Pierre Jordaan, het met die idee vorendag gekom om ’n slootgrawer te gebruik. FOTO’S: DIE BURGER

Anton Rautenbach help sy vrou, Elsje, in die bak van die slootgrawer.

Waar ’n wil is, is daar ’n weg Elsje Rautenbach was Dinsdag geskeduleer vir ’n keisersnee, maar Maandagaand se harde reën het veroorsaak dat die brug wat hulle met die buitewêreld verbind oorspoel het. Die Rautenbachs se plaas, Bon Accord in Montagu, is tussen die Baden- en Keisierrivier geleë. Anton, haar man, en buurman Jean-Pierre Jordaan, het verskeie alternatiewe probeer om Elsje betyds oor die brug te kry. Hulle het selfs die brandweer gebel, vertel Jordaan. Hy het toe met die idee vorendag gekom om ’n slootgrawer te gebruik. Jordaan sê hulle was aanvanklik skrikkerig om die slootgrawer te gebruik, hulle was bang dat Elsje nie in die bak sou pas nie of sy sou uitval.

“Anton het eers ’n paar keer in die slootgrawer geklim sodat ons kon kyk of dit gaan werk. Hy het later met al die bagasie in die slootgrawer geklim. “Ons het seker vir ’n uur tot ’n uur en ’n half die slootgrawer getoets. Toe ons tevrede is dat dit gaan werk, het ek dieper in die rivier ingery sodat Elsje kom inklim. “Die bak het netnet oor die rivier gekom”, vertel Jordaan verder. Anton het toe sy vrou in die bak van die slootgrawer gehelp en Jordaan het die paar versigtig oor die brug gebring. Die Rautenbachs is toe met die Jordaans se motor hospitaal toe, waar Elsje later geboorte geskenk het aan ’n gesonde 3,4 kg-baba wat hulle Zak noem. Volgens die trotse pa, sterk ma Elsje en die kleine Zak goed aan.

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

’n Boer maak voorwaar ’n plan!

Jordaan bring die Rautenbachs stadig na die anderkant van die wal.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Breederivier gazette 14 jan 2014 by Boland Gazette - Issuu