Breederivier Gazette 15 Jan 2013

Page 1

Breederivier

Year 17 • 15 Januarie 2013 | Tel. 023 626 5212

Kol. John Alexander, stasiebevelvoerder van die Robertson-polisie, praat met ongelukkige plaaswerkers oor hulle griewe.

Werkers glo met geweer gedreig DALEEN FOUCHÉ

Spanning tussen stakende plaaswerkers, boere en die polisie neem toe in die Langeberg nadat ’n plaasbestuurder na bewering werkers met ’n haelgeweer gedreig het. Dié beweerde insident is opgehaal tydens ’n saamtrek van plaaswerkers na die Robertsonpolisiekantoor op Vrydag 11 Januarie. Plaaswerkers het onder die leiding van die Trust for Community Outreach and Education (TCOE) en Bawusa, die vakbond vir werkers in die bou- en geallieerde bedrywe, na die polisiestasie gegaan en verskeie klagtes aan die bevelvoerder van die Robertson-polisie, kol. John Alexander, oorgedra. Hulle het daarop aangedring dat ’n plaasbestuurder wat wer-

kers na bewering verlede Donderdagaand in Le Chasseur met ’n haelgeweer gedreig het, in hegtenis geneem word. Ander klagtes oor intimidasie van plaaswerkers wat aan unies behoort is ook deur die werkers geopper. Plaaswerkers het een vir een die luidspreker geneem om hulle griewe te deel. “Die polisie target ons, ons wil nie targets wees nie,” het een werker gesê. Ander werkers kla oor boere wat “huursoldate” en privaat wagte aanstel en oor die wyse waarop lede van die polisie met betogers praat. Marsha Andrews, direkteur van TCOE, sê hulle is van reeds voor die staking al bewus dat lede van die polisie arm mense en plaaswerkers met “minagting” behandel. Sy sê die situasie het “problematies” geraak tydens verlede

week se staking. “Ons vereis dat plaaswerkers met respek en waardigheid hanteer word.” Andrews meen ook die probleem is nie eie aan Robertson nie. Sy sê TCOE gaan, saam met plaaswerkers, nog polisiestasies besoek waar daar probleme voorkom. Iemand wat die Menseregtekommissie verteenwoordig het, was deurentyd daar en het volledige aantekeninge geneem van elke klagte. Melanie Dugmore, provinsiale bestuurder van die Menseregtekommissie in die WesKaap, sê die kommissie monitor die plaaswerkerstaking van die begin af. “Ons sal ondersoek instel na die klagtes om vas te stel of dit verband hou met menseregteskending. Indien menseregte nie geskend is

PLUS EaRn POinTS

EARN

R10

CASH BACK

ON YOUR CARD FOR EVERY R100 YOU SPEND ON STATIONERY Terms and conditions apply. Visit: www.picknpay.co.za

699

PnP A4 Feint and Margin 192 pages Counter Point Hardcover

299

PnP A4 Examination Pad 60 Sheets

nie, sal ons die klagtes na die gepaste ondersoekende owerheid stuur.” Kaptein Marchel Klaasten, woordvoerder van die Robertson-polisie, sê plaaswerkers het tydens verlede week se staking 100%-samewerking met die polisie getoon. Klaasten sê hy is positief oor die vlak van kommunikasie wat tydens die samekoms plaasgevind het. “Alle klagtes sal ondersoek word.” Lees meer op bladsy 3.

Robertson 189

PnP A4 72 page College Exercise Book

16999 Rotatrim A4 Photocopier Paper Box 5 Reams 500 Sheets Per Ream

Always there for you

Pick n Pay ROBERTSOn OnLy PRICES VALId 15 - 20 JANUARY 2013 Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

9832M_E


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.