Breederivier
Year 18 • 15 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Daleen Fouché, wat ook aan die kombersprojek deelneem, het slegs die gebruik van haar regterarm, maar laat haar nie hierdeur stuit nie.
n Biggs soos Kari ie hekel , rs le a v d ie n g aa Bonn voortans yweri (regs), is erse vir minderbe b m o k . aak om nse te m regte me
Sluit aan by die hekelspan! ZELDA KLOPPERS Hekelkoors loop tans hemelhoog onder Bonnievale se inwoners. Soveel so dat ’n sake-eienaar van hiér haarself leer hekel het en ’n skamele 10 dae later ’n perfek- afgewerkte blokkieskombers voltooi het. Sedert dié kombers het vele meer gevolg en het Karin Biggs ook haar tuinman en sy ma, tesame met háár vriendinne in die straat, begin om
blokkies te hekel. Ander Bonnievalers wat ook ywerig die hekelpen laat wikkel is Denise Veldsman en Daleen Fouché van die Mooivallei-dienssentrum. Fouché, wat kleintyd polio opgedoen het en haar linkerarm se gebruik verloor het, hekel fluks en gemaklik met een hand ná vele probeerslae en ’n aanhouer wen-motto. Dié dryfveer agter die hekelprojek is ’n landwye inisiatief, 67 Blankets for Mandela Day, wat daarop gemik is om komberse steek vir steek met
liefde te maak, eerder as om dit te koop, en dié komberse dan aan behoeftiges uit te deel. Die inisiatief geniet ook mediadekking deur die joernaalprogram Carte Blanche. In stede daarvan om die voltooide komberse na Kaapstad te stuur, het Karin en haar vennoot by Karin’s on Main, Karen Kleingeld, besluit om eerder komberse aan die gemeenskap van Bonnievale uit te deel. Só het verskeie komberse al hul pad tot by mense wat dit broodnodig het, ge-
vind. Die helderkleurige komberse weer nie net die ysige koue af nie, maar helder ook die lewe op van dié wat dit ontvang, soos te sien op die gesigte van ’n ieder en elk wat ’n kombers ontvang. Terwyl daar al ’n hele klomp komberse uitgedeel is, word daar ’n beroep op Valleiers gedoen om húl deel vir Madibadag te doen en die hekelpen op te neem, selfs al word daar net individuele blokkies gehekel. Dié wat nie gekonfyt is met ’n hekelpen
nie kan ook ’n bydrae lewer deur wol te skenk. Wol, blokkies of voltooide komberse kan by Karin’s on Main afgegee word. Bydraes kan ook by die Gazette se kantoor in Robertson afgegee word (koffie is op die huis vir elke bydrae!). Nóú is die tyd om jou hekelwerk saam te bring werk toe. Jou vlytige vingers beteken vir iemand anders veel meer as ’n paar stukkies wol: ’n kosbare warm (én kleurvolle) toevoeging tot hul karige besittings.