Breederivier
X1PQX4M9-BZ170215
Year 19 • 17 Februarie 2015 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za
Vrou erg beseer toe betonmenger haar tref HILDERINE SCHRÖDER ’n Twee-en-vyftigjarige inwoner van Happy Valley is ernstig beseer ná sy na bewering onder ’n betonmenger beland het. Volgens Loraine Hoogbaard, Lydia Davids se dogter, was haar ma verlede Vrydag (13 Februarie) van Happy Valley na Bonnievale op pad toe ’n betonmenger losgebreek het van die munisipale voertuig wat dit gesleep het. Volgens Hoogbaard het haar ma gedeeltelik onder die swaar menger beland. ’n Erg beseerde Davids het glo herhaaldelik haar dogter, wat inderhaas deur omstanders ontbied is, se naam geprewel. Ooggetuies het aan Hoogbaard vertel dat ’n munisipale bakkie vanaf Bonnievale in die rigting van Happy Valley op pad was toe die menger van die voertuig losgebreek, die pad verlaat, gekantel het en op Hoogbaard beland het. Davids is met ernstige beserings na die Robertson-hospitaal gehaas van waar sy, ná sy gestabiliseer is, na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas is. Sy is steeds in dié hospitaal se traumaeenheid waar sy vir gebreekte ribbebene, waarvan een een van haar longe deurboor het, en verskeie ander beenbreuke, waaronder ’n gebreekte sleutelbeen, behandel word. Sy het ook kop-, nek- en borsbeserings opgedoen. Hoogbrand, wat die Langeberg-munisipaliteit onmiddellik van die voorval, wat omstreeks 09:00 gebeur het, in kennis gestel het, was teen 12:30, waar sy steeds by die hospitaal se traumaeenheid gewag het, erg ontsteld omdat
Loraine Hoogbaard, van Bonnievale, is baie ontsteld ná haar ma verlede week onder ’n betonmenger, wat glo deur ’n munisipale voertuig gesleep is, beland het.FOTO: HILDE RINE SCHRÖDER
geen munisipale amptenaar tot by die hospitaal gekom het om ondersoek na die situasie in te stel nie. “Dit gaan nie oor wat gebeur het nie, ek verstaan dit was ’n ongeluk. Ek wil net hê hulle moet genoeg omgee om ons te kom sien. Almal is net bekommerd oor eise. Dit is só onsensitief.” Volgens ao. Francois Niemand, waarnemende stasiekommissaris van die Bonnievale-polisie, het ’n sleepstaaf wat gebreek het tot die ongeluk gelei. Hy het bevestig dat die voorval steeds ondersoek word. Die Langeberg-munisipaliteit het teen druktyd nie op die Gazette se navrae gereageer nie.
WINGERDPRAG: Regoor die Vallei is parstyd in volle swang. Bonita Malherbe van Van Loveren het dié prentjiemooi landskap vasgevang voor die wingerdaktiwiteite in alle erns begin het. FOTO: BONITA MALHERBE