Breederivier Spar 2L koeldrank 3 for
R24 00
Slegs vir loyalty kaart houers
VANAF DINSDAG 17 MRT - SON 22 MRT
T: 023 626 1552 | F: 023 626 1554 Trading hours: Mon - Sun: 7 am - 8 pm X1PVCUPD-BZ170315
Year 19 • 17 Maart 2015 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za
Inwoners sien rooi oor waardasies
HILDERINE SCHRÖDER
Eiendomme wat skielik skerp toegeneem het in waarde, en ’n huurder van ’n eenslaapkamer-woonstel wat skielik die “eienaar” van ’n woonstelkompleks ter waarde van meer as R4 miljoen is. Kwessies soos dié is aspekte van die onlangse algemene eiendomswaardasies wat inwoners regoor die Vallei rooi laat sien. Die Gazette het verskeie oproepe gekry van Valleiers wat reken dat die nuutste waardasie van hul eiendomme ver bo markwaarde is. Harde woorde het geval by inligtingsvergaderings wat regoor die Vallei rakende die uitslag van die waardasies gehou is. Op Bonnievale het meer as 40 mense die vergadering bygewoon. Net soos op ander dorpe stem min inwoners saam met die waardasiekennisgewings wat hulle ontvang het. “In Mountainview is sowat 20 jaar gelede 623 huise van sowat 26 m² gebou. Hierdie huise is tans gewaardeer vir ’n minimum van R75 000. Twee jaar gelede is 68 huise in dieselfde area, maar met beter materiaal gebou. Húlle word tans vir tussen R19 000 en R23 000 waardeer. Hoe verklaar mens dít?” wil een Bonnievaler, wat verkies om anoniem te bly, weet. Dit is ook die vraag van Kosie Burger, van Robertson. “Daar is huise in die bo-dorp wat in die oorlogstydperk gebou is en tien jaar terug vir R80 000 gekoop is. Dié eiendomme is nou vir meer as R1 miljoen gewaardeer. Dít vir tweeslaapkamer-huise sonder enige buitegeboue!” Volgens Anne van Hoogstraten, ’n huiseienaar van Robertson, is die nuutste waardasies misleidend en lei dit tot hoër dienstebelasting aan die kant van eiendomseienaars. “Volgens die nuutste waardasie is die gemiddelde waarde van huise in Robertson R2 245 136. Waar kom hulle aan daardie bedrag? Volgens onlangse syfers het een uit ses huise sedert Desember vir R1 450 000 verkoop. Die res is vir onder R700 000 verkoop. Dis ver verwyderd van die gemiddeld van
Inwoners van die Langeberg-streek is woedend oor die uitslag van die onlangse eiendomswaardasies in die streek. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
twee en ’n kwart miljoen.” Daar was boonop, sê Burger, ook verskeie voorvalle van huurders wat kennisgewings ontvang het wat hulle lys as die eienaars van die eiendomme wat hulle huur. “Dit kan net beteken dat dataversamelaars nooit die betrokke eiendomme besoek het nie, maar dat dié mense se inligting van die munisipaliteit se rekeninge-afdeling bekom is.” Nog ’n Robertsonner wat verkies om anoniem te bly, is ontsteld ná sy ’n kennisgewing ontvang het wat aan haar gerig is as die eienaar van ’n eiendom van meer as R4,2 miljoen. “Ek huur ’n eenslaapkamer-woonstel op die boonste vloer van ’n woonstelkom-
pleks. Boonop het ek eers aan die einde van verlede jaar daar ingetrek. Boonop word die erfgrootte as 4 126 m² aangegee. In ag geneem dat my hele woonstel net vier vertrekke beslaan, dui dit duidelik dat daar groot vrae oor dié waardasie moet wees.” Bekommerde huiseienaars wat die Robertson-vergadering bygewoon het, het veral hul kommer uitgespreek dat geen residensiële eiendomme tydens die waardasieproses besoek is nie. Die maatskappy wat die waardasies behartig het, het toegegee dat slegs plase en besigheidspersele vir waardasiedoeleindes besoek is en bygevoeg dat daar eenvoudig net te veel residensiële eiendomme in die
area is om vir waardasiedoeleindes te besoek. Huiseienaars wat nie tevrede is met hul eiendomswaardasies nie, kan beswaar teen die waardasie aanteken. Dié besware, met gepaardgaande redes, moet teen 2 April by die plaaslike munisipaliteit ingedien word. Die besware sal nagegaan word waarna dit goedgekeur of afgekeur kan word. Sou ’n beswaar afgekeur word, kan huiseienaars tot 29 Mei appèl aanteken. Appèlaansoeke sal deur ’n onafhanklike appèlraad aangehoor word. Die waardasierol is tot 2 April by alle munisipale kantore en biblioteke beskikbaar.
Robertson
Lamb or Pork Chops Flame Grilled Per kg
22
99
Gatsby
22
95
Hake and Chips Per Meal
Breakfast Consists of 2 eggs, 2 slices of bacon, 1 Cheese griller, 1 slice of tomato 2 Slices of Toast and Chips Per Meal
All products on this page have been styled for photography
R30
PRICES VALID 16 - 22 MARCH 2015 AT PICK N PAY ROBERTSON ONLY Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.
27
for a 2D movie ticket.
worth of points
Introductory offer. Now available Nationwide.
Limited offer while stocks last. T&C’s apply.
1192036_10x8_E
99
95
95