Breederivier
Year 16 • 17 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212
Sprokieswêreld in die winter: Inwoners van die Langeberg het Vrydagoggend (13 Julie) in ’n winterwonderwê reld wakker geword met sneeu wat die pieke van die Langeberg bedek het. Die SuidAfrikaanse Weerburo het verlede week ’n waarskuwing uit gereik dat ’n laagdrukstel sel en kouefront oor die land sou inbeweeg. Sneeu en reënneerslae het wydverspreid in die Wes, Noord en Oos Kaap geval en landwyd opslae gemaak toe ver skeie hoofpaaie weens die gure weer gesluit moes word. Foto: Sarie Myburgh
Bendes wen veld op R’son DALEEN FOUCHÉ
B
ENDELEDE is glo besig om ’n houvas op die dwelmbedryf in Robertson te probeer kry en inwoners sê hulle word geteister deur hul onwettige bedrywighede. Kol. John Alexander, stasiebevelvoerder van die polisie op Robertson, sê die polisie het vasgestel dat ’n bende beoog om beheer oor die dwelmbedryf op die dorp te kry. “Tans is die dwelmbedryf in beheer van mense wat geen bande met bendes het nie.” Alexander sê omdat die bendes nog nie beheer oor die dwelmbedryf het nie, word inwoners van inkopies en ander items beroof sodat bendelede ’n bestaan kan voer. Inwoners van Dorpsig en Droëheuwel sê hulle word geterroriseer deur bende-
groepe wat na bewering reeds vir twee skietvoorvalle en ’n skermutseling met wapens in dié woonbuurte verantwoordelik was. ’n Inwoner van Droëheuwel wat anoniem wil bly, sê twee bendegroepe het mekaar een aand in Peperbosstraat bestorm. Hy sê daar was sowat 30 bendelede, almal gewapen met pangas. “Al die huise in die straat se ligte was af en hulle het geveg tot vroegoggend.” Die man, wat self lid van ’n bende was maar nou “gereformeer” is, sê dié bendes bestaan grotendeels uit tieners, wat baie meer aggressief is as die bendes waaraan hy gewoond was. “Ons moet ons kinders hier grootmaak, maar ons voel onveilig.” Hy vertel verder dat bendelede naweke
Weer • Weather
in groepe van 15 of meer op straathoeke staan. Hy sê die ergste is dat bendelede saam met inwoners se kinders speel, omdat die bendelede “self nog kinders is”. Volgens hom is inwoners te bang om bende-aktiwiteite by die polisie te rapporteer. Inwoners van Dagbreek het aan die Gazette vertel van ’n skietvoorval ’n maand gelede tussen bendelede waartydens ’n man in die been gewond is. Hy is steeds aan ’n rolstoel gekluister. Alexander het die skietvoorval op 16 Junie – op Jeugdag – bevestig. Volgens hom is twee mans tydens die voorval beseer. Hy sê die polisie is besig om ’n profiel van bendelede saam te stel. Hy sê die grootste deel van die groep wat hulle on-
DINSDAG / TUESDAY
WOENSDAG / WEDNESDAY
DONDERDAG / THURSDAY
VRYDAG / FRIDAY
Maks 19ºC
Maks 24ºC
Maks 24ºC
Maks 19ºC
dersoek is jeugdiges onder die ouderdom van 21. Hy sê die polisie voer spesiale optredes uit wat fokus op dwelms, omdat dwelms en bende-aktiwiteite hand aan hand gaan. Verder is die polisie ook besig met misdaadvoorkomingsprojekte en volg hulle elke saak op wat aangemeld word. Maar, sê Alexander, die polisie kan nie alleen teen bendes optree nie en vra die hele gemeenskap om betrokke te raak. “Ons vra die gemeenskap om alle bendeaktiwiteite te rapporteer en om gemeenskapsvergaderings by te woon.” Montagu, Ashton, McGregor en Bonnievale se polisie sê geen bendeverwante voorvalle is by hulle gerapporteer nie. )) Die volgende gemeenskapsvergadering is op 24 Julie om 19:00 in die stadsaal op Robertson. Naweek: Reën en bewolkte weer word vir die naweek voorspel met maksimumtemperature wat na verwagting tot by 16 °C gaan daal.
Smart Savings
PLUS EARN POINTS
Serving Suggestions
1599
1599
999
2 Chicken Burgers & Chips
2 Beef Burgers & Chips
2 Russians & Chips
Per meal
Per meal
Per meal
Savings that go beyond your till slip. Always there for you. www.picknpay.co.za
Please Recycle
Customer Care
Toll Free: 0800 11 22 88 (Landline only. Cellphone rates apply)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
9261M/E
PRICES VALID 17 - 21 JULY 2012 Pick n Pay ROBERTSON STORE ONLY