Breederivier Gazette 18 Dec 2012

Page 1

Breederivier

Year 16 • 18 Desember 2012 | Tel. 023 626 5212

Christmas cheer in Robertson

Gazette reader Sarie Myburgh took this array of photos depicting different Christmas lights in Robertson on Monday 10 December. The photos are of the municipal street lights and lights put up at Robertson homes. “People went to a lot of trouble to put up the lights,” Sarie said. PHOTO: SARIE MYBURGH

Afgedank, aangestel in twee dae DALEEN FOUCHÉ Dit was so byna-byna ’n droewige Kersfees vir 315 fabriekswerkers van Parmalat in Bonnievale. Hulle is Dinsdag 11 Desember deur Workforce, ’n arbeidsmakelaar en die werkers se werkgewer, afgedank, maar die volgende dag weer aangestel. Die werkers het ingestem om hul onbeskermde staking vir ses maande uit te stel. Die staking het op 4 Desember spontaan begin en is tot 11 Desember, toe die werkers afgedank is, volgehou. Daardie week is gekenmerk deur onderhandelings en werkers se voortdurende weiering om terug te keer. Die fabriekswerkers eis R20 per uur, byna dubbel hul huidi-

ge R10,95 per uur, maar volgens verteenwoordigers van die werkers is hulle net 77c meer per uur aangebied. Workforce het op Vrydag 7 Desember ’n interdik verkry wat stakers beveel het om terug te keer werk toe. Toe hulle dit teen verlede Dinsdag (11 Desember) nie gehoorsaam het nie, is hulle in die pad gesteek. Hulle is die volgende dag weer aangestel, nadat hulle ingestem het om die staking vir ses maande uit te stel. ’n Werker wat op voorwaarde van anonimiteit met die Gazette gepraat het, het bevestig dat onderhandelings voortgesit word. Chris Vermeulen, hoof van menslike hulpbronne by Parmalat, sê in ’n persverklaring dat Parmalat die tydelike werkers as waardevol beskou. Hulle sal egter nie betrokke raak by

die gesprekke tussen tydelike werknemers en hul werkgewer nie. In ’n vorige persverklaring het Vermeulen aangekondig dat kontrakposte by Parmalat moontlik volgende jaar afgeskaf sal word, maar nie uitgebrei oor die logistieke besonderhede van so ’n besluit nie. Vermeulen sê dat Parmalat “verseker” is dat alle moontlike stappe om afdankings te vermy, deur Workforce gedoen is. “Werkers is vele male versoek om terug te keer werk toe en om nie voort te gaan met die onbeskermde staking nie. Werkers is versoek om nie permanente werkers te intimideer nie en om nie die ingang tot die fabriek te versper nie.” Vermeulen sê die werkgewer, unies, Bonnievale-polisie en Kommissie vir Versoening,

Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het kontrakwerkers versoek om alternatiewe en wettige prosesse te volg. Mario Wanza, sameroeper van die United Democratic Front (UDF), wat die staking ondersteun en ook by die plaaswerkerstakings betrokke was, het intussen gesê hy meen die werkers is gedwing om ’n ooreenkoms te teken omdat hulle met permanente afdanking gedreig is. Volgens Wanza sal werkers hul nou tot die hooggeregshof wend in ’n poging om die interdik teen hulle opgehef te kry, en dan voort te kan gaan met die staking. Workforce se uitvoerende hoof, Lawrence Diamond, het Vrydag gesê die dooiepunt is opgelos en alle werkers is weer terug by die werk.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.