Breederivier gazette 19 aug 2014

Page 1

Breederivier

Year 18 • 19 Augustus 2014 | Tel. 023 626 5212

Flippie Engelbrecht, hier saam met sy pa, Flip, het verlede week getuig tydens die verhoor ten opsigte van sy beweerde aanranding.

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Wilhelm Treurnicht, nou die enigste beskuldigde in die saak, kan dalk in Desember weet wat sy lot is.

Engelbrechts ‘wil hof mislei’ HILDERINE SCHRÖDER Flippie Engelbrecht, wat as jong tiener glo ernstig aangerand is, het eers ’n jaar en ’n half ná die beweerde aanranding op 25 Januarie 2008 sy sig verloor. Dié inligting het verlede week in die Worcester-streekhof aan die lig gekom. Volgens dr. Arnold Douglas, wat as staatsgetuie geroep is, is Engelbrecht op 21 Augustus 2009 met ’n ernstige bakteriële infeksie, wat veroorsaak is deur akute sinusitus, in die Tygerberg-hospitaal opgeneem. Die infeksie, het Douglas getuig, het tot swelling op die brein gelei en

’n noodoperasie moes gedoen word om die drukking op Engelbrecht se brein te verlig. Daar is kort ná die operasie ontdek dat Engelbrecht blind gelaat is. Volgens Douglas is dit onduidelik wat Engelbrecht se blindheid veroorsaak het, maar, het hy onder kruisverhoor getuig, dit kon moontlik deur erge swelling op die brein veroorsaak word. Laasgenoemde, het hy bygevoeg, kan ook die oorsaak wees van Engelbrecht se epilepsie, hoewel dit nie met sekerheid gesê kan word nie. Engelbrecht en sy ouers beweer hy is in 2008 deur die eienaar van die Rietvallei Wynlandgoed, wyle

Johnny Burger, en die plaasbestuurder, Wilhelm (Dozi) Treurnicht, aangerand. “Dozi het ses keer met my agterkop teen die wyntenk vasgehardloop,” het Engelbrecht verlede Vrydag (15 Augustus) getuig. Getruida Engelbrecht, Flippie se ma, het getuig haar seun het kort ná dié aanranding blind geword en epileptiese aanvalle begin kry. Met een só ’n aanval het hy in ’n kookvuur geval en só erg verbrand dat sy hande geamputeer moes word. Nóg Flippie, nóg sy ma of broer, Isak Engelbrecht, kon teenstrydighede in hul verklarings in die hof en twee polisieverklarings wat hulle af-

gelê het verduidelik. Dié weergawes het ook verskil van die weergawe van die betrokke dag se gebeure wat verlede jaar op YouTube versprei is. In dié weergawe beweer Flippie en sy ma onder meer dat die aanranding in 2010 gebeur het. Adv. Pieter Botha, vir die verdediging, het dit telkens aan Flippie, sowel as Gertruida Engelbrecht, gestel dat hulle die hof probeer mislei en dat hulle leuens vertel. Hulle het ontken dat dit die geval is. Treurnicht ontken skuld op die aanklag teen hom. Hy staan alleen tereg op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer ná Burger verlede jaar sy eie lewe geneem

het. Die verdediging het ’n aansoek om ontslag kragtens Artikel 174 van die Strafproseswet ingedien. Dít behels dat die verdediging die hof sal versoek om Treurnicht, ná die staat verlede Vrydag sy saak gesluit het, vry te spreek sonder dat die verdediging enige getuienis aangebied het. Treurnicht se regspan is van mening dat geen redelike hof hom skuldig kan bevind op grond van die getuienis wat tot dusver gelewer is nie. Streeklanddros Kenneth Peters het die saak tot 17 Desember uitgestel vir betoë in dié verband en bygevoeg dat hy op 18 Desember sy uitspraak ten opsigte van die aansoek sal gee.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.