Breederivier gazette 21 01 2014

Page 1

Breederivier

Year 18 • 21 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212

’n Haelbui wat die onlangse swaar reën vergesel het, het groot skade aan dele in Montagu aangerig. ’n Eertydse restaurant by die Montagu Wine & Spirits Company is erg beskadig.

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Sommige haelkorrels was so groot soos gholfballe.

Hael rig groot skade aan HILDERINE SCHRÖDER Die geweldige reënbuie wat onlangs in die Langeberg-area uitgesak het, het nie net tot lewensverlies en skade aan infrastruktuur gelei nie, maar het in die Montagu-area ook met grootskaalse haelskade gepaard gegaan. Die Gazette het verlede week berig dat die reënneerslae drie lewens geeis het ná riviere in die Langebergarea oorspoel het. Groot skade is ook

aan brûe en paaie aangerig. Sommige plase in die area het egter ook geweldige haelskade ervaar. Meer as ’n miljoen rand se oesskade is aan boorde, wingerde en landerye op Dawie van Deventer se plaas Little Oaks aangerig. Volgens Van Deventer, ook voorsitter van die Montagu-landbouvereniging, is sowat 1 400 ton vrugte in die haelbui vernietig. Dit sluit perskes, wyndruiwe en ook pampoen in. Hoewel die appelkose op die plaas reeds geoes is, het sowat 850 ton pers-

kes in die slag gebly. Op die plaas Magic Mountain is massiewe skade aan appelkoos- en perskeboorde sowel as wingerde aangerig. Sowat 8 ha is deur die haelbui geraak. Hoewel die meeste appelkose reeds geoes is, sê Karin Kingon van dié plaas, het die perske- en druiwe-oes in die slag gebly. Skade is ook aan die droogfabriek op die plaas aangerig. Die skade aan geboue op die plaas word op sowat R250 000 geraam, ter-

wyl dit ongeveer R600 000 sal kos om bome te vervang indien dit nie gered kan word nie. Van die bome, sê Kingon, is erg deur die hael, waarvan die korrels amper so groot soos gholfballe was, beskadig. “Selfs die bas is van die bome afgeslaan.” Die totale oesskade op dié plaas is in dié stadium nog onduidelik. Die res van die wingerd en vrugtebome op die plaas is nie deur die haelbui geraak nie. ’n Eertydse restaurant by die Montagu Wine & Spirits Company is ook

deur die massiewe haelkorrels beskadig, met dakplate en vensters wat stukkend geslaan is. Dié gebou word tans nie gebruik nie en die omvang van die skade is nog nie vasgestel nie. Volgens Van Deventer is dit volgens sy kennis die eerste keer wat soveel skade deur ’n haelbui in die gebied aangerig is. “My pa is al 35 jaar in die area en dit is die eerste keer wat hy so-iets gesien het,” sê hy. Nóg Van Deventer, nóg enige van die ander produsente is teen haelskade verseker.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.