Breederivier gazette 22 jul 2014

Page 1

Breederivier

Year 18 • 22 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212

Die Robertson-polisie het verlede week twee verdagtes vir die besit van vermoedelik gesteelde items in hegtenis geneem ná hulle die items vermoedelik by die eertydse Soprano’s Restaurant & Piano Bar gebuit het.

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Soprano’s se vervalle gebou word stuk-stuk weggedra, soos dié vermiste dakplate duidelik toon.

FOTO’S: ZELDA KLOPPERS

Ingang bron van groot kommer HILDERINE SCHRÖDER Die gehawende toestand van die voormalige On Rail 62 Train Lodge en Soprano’s Restaurant & Piano Bar reg langs die ingang na Robertson, laat sakelui en inwoners rooi sien. Die Gazette het al by verskeie geleenthede berig oor dié seer oë wat al ’n geruime tyd leeg staan en ál meer die broeiplek van vandalisme en leeglêery geword het. Hoewel sommige van die leë trein-

waens onlangs verwyder is ná dit deur ’n privaat koper van Kaapstad gekoop is, begin die ou restaurant nou ook geweldig onder vandale deurloop. Stropers is al ’n geruime tyd besig om dié gebou stuk-stuk weg te dra tot groot frustrasie van onder meer die Robertson-toerismekantoor, Robertson Sakekamer en die plaaslike polisie. Die betrokke area is veral vir die toerismekantoor en sakekamer ’n bron van groot kommer. Hulle is veral bekommerd oor die swak beeld wat

dié gehawende gebou en oorblywende treintrokke vir besoekers aan die dorp skep. Volgens Willem Kruger, ondervoorsitter van die Robertson Sakekamer, gaan iets drasties so gou as moontlik gedoen moet word om die probleem aan te spreek. “Dié ingang, sowel as Robertson se ander ingange moet dringend aandag kry,” sê hy. “Die area by die Soprano’s kan eerder verfraai word deur ’n tuin en mooi bome,” sê hy. Lettie van Zyl, bestuurder van die Robertson-toerismekantoor stem

saam. Die misdaadprobleem kan veral in die toekoms toenemend ’n probleem word as dit nie so spoedig moontlik die nek ingeslaan word nie, meen sy. Volgens kapt. Marchel Klaasten, woordvoerder by die Robertson-polisie, is die betrokke perseel ’n geweldig kopseer vir die plaaslike polisie. Die gebou behoort skynbaar aan ’n Kaapse sakeman wat dit stuk-stuk laat afbreek, maar dié werk duur al ’n geruime tyd en met lang tussenposes voort, sê Klaasten. Intussen, voeg hy by, probeer die

polisie so gereeld moontlik ’n oog oor die gebou hou. Beamptes op patrollie het verlede week twee verdagtes vir die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem ná hulle met onder meer twee deure en dakplate betrap is. Sedert die begin van die jaar was daar reeds nege inhegtenisnemings van dié aard, aldus Klaasten. Die polisie doen ’n dringende beroep op inwoners om die polisie by 023 626 8340 te kontak indien hulle verdagte persone op die perseel opmerk.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Breederivier gazette 22 jul 2014 by Boland Gazette - Issuu