Breederivier
Year 16 • 24 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212
Lees binne
Luiperdnavorsing bring interessante inligting na vore. BLADSY 3
Langeberg se mense reik uit op Madibadag.
Dancers impress: The dance section of the Montagu Music, Art, Dance and Drama (MMADD) Festival took place in the Dutch Reformed Church Hall in Montagu from Thursday, July 19 to Saturday, July 20. The sessions were adjudicated by former professional Allison Foat and Fiona du Plooy from Cape Town, experts in the dance field. Both ladies were hugely impressed with the level of dancing that was showcased – hip-hop, modern, pantsula, creative movement and classical ballet. It was also wonderful to see performances by visiting dancers from Turkey, the Zeynep Okcu Ballet School who, like all the local dance groups, impressed the audiences with their talent and skill throughout the event.
BLADSY 8
Boere help diewe vastrek DALEEN FOUCHÉ
’n
KANKER wat na ander sektore versprei en net bekamp kan word met almal in die gemeenskap se hulp. Só het Pynee Chetty, woordvoerder van Telkom, die diefstal van koperkabels met dié gevreesde siekte vergelyk wat versprei en oorneem as dit nie met almal se hulp effektief gekeer word nie. En dit is presies waar boere van die Keisie onlangs hul deel gedoen en gehelp het om vier vermeende kabeldiewe van die Kaap op 17 Julie vas te trek. Ao. Kevin Butler van die Montagu-polisie sê ’n boer het omstreeks 22:30 gebel en gesê hy
vermoed dat Telkomkabels gesteel word omdat die lyne swak klink. Nog twee boere van die omgewing het Butler van verdagte aktiwiteit laat weet. Nadat die polisie self die lyne getoets het, is patrollievoertuie ontplooi en die buurtwag ingeroep. Teen 03:30 die volgende dag (18 Julie) is ’n verdagte voertuig opgemerk wat van die Koo af in Montagu se rigting gery het. Die voertuig se registrasienommer het ooreengestem met dié wat een van die boere deurgegee het. Vier mense is in hegtenis geneem, maar een van die verdagtes het weggekom en ’n soektog is begin. ’n Lid van die honde-eenheid
Weer • Weather
op Worcester het by die span aangesluit en volgens die polisie is rolle koperdraad, klere, tekkies en tange teen 10:00 opgespoor. Die vierde man is in hegtenis geneem en daar is ook beslag gelê op ’n voertuig. Sers. Suria Meyer, woordvoerder van die Montagu-polisie, meen samewerking tussen die polisie en gemeenskap is die ideale wyse waarop misdaad bekamp moet word. Die polisie bedank inwoners vir hul oplettendheid en die deurgee van die registrasienommer wat gelei het tot die inhegtenisneming van die mans. Meyer sê koperdiefstal vind gereeld plaas en vra inwoners se hulp om verdere insidente te voorkom.
Chetty het op sy beurt gesê hy kan verstaan waarom inwoners rasend raak. “Hierdie is ’n situasie wat ’n grootskaalse uitwerking het op veel meer as net een persoon in die gemeenskap. Dit raak die héle gemeenskap wanneer die kabels gesteel word.” ’n Onlangse maandverslag van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN) het getoon dat dié misdaad die staat in een maand alleen R34,7 miljoen gekos het. Volgens Chetty is patrollies of polisiëring onmoontlik. “Omdat hierdie gevalle veral in landelike gebiede voorkom, is dit feitlik onmoontlik om patrollies of polisie te kry om hierdie situasie dop te hou. Die afstand is te groot en
DINSDAG / TUESDAY
WOENSDAG / WEDNESDAY
DONDERDAG / THURSDAY
VRYDAG / FRIDAY
Maks 19ºC
Maks 22ºC
Maks 21ºC
Maks 18ºC
ons mannekrag is al klaar beperk soos dit is.” Hy sê egter lede van die publiek kan help met die bekamping van diefstal. “Die publiek kan die spesiale nasionale tolvrye nommer skakel by 0 0800 124 000, waar wenke en enige belangrike inligting deurgegee kan word. “Ons moedig die publiek aan om ons oë en ore te wees. Hierdie is ’n groot kopseer en ons sal steeds bly werk aan hierdie situasie om diensvlakke te verbeter vir ons kliënte.” Telkom het intussen gesê waar dit onmoontlik raak om landlyne te onderhou omdat kabels herhaaldelik gesteel word, sal koordlose dienste gebied word vir kliënte in die opvangsgebied.
Naweek: Gedeeltelik bewolkte tot mooiweer word voorspel. Temperature sal na verwagting in die lae twintigs bly.