Breederivier
Year 18 • 28 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212
Haweloses wat die area langs Voortrekkerweg in Robertson hul tuiste maak, is ’n bron van kommer vir verskeie inwoners van dié dorp. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Inwoners is onder meer bekommerd oor die swak indruk wat haweloses, wat dikwels oop en bloot op die sypaadjie lê en slaap, op besoekers het.
Haweloses skep swak indruk HILDERINE SCHRÖDER Onwettige plakkers en haweloses is vinnig besig om Robertson, wat ’n paar jaar gelede nog met die status van die skoonste dorp in die Wes-Kaap gespog het, in ’n seeroog te omskep. ’n Plaaslike inwoner en sakeman van dié dorp het vandeesweek sy kommer uitgespreek oor ’n situasie wat, volgens hom, vinnig besig is om handuit te ruk. Die inwoner, wat vra om anoniem te bly, sê ’n skynbare toename in haweloses, veral langs Voortrekkerweg, is besig om die dorp se status as toeristebestemming in gedrang te bring. “Die plakkery en gemors is absoluut afskuwelik,” sê hy. Volgens hom het hy die probleem
al verskeie kere by die Langebergmunisipaliteit aangegee. Laasgenoemde, sê hy, wend wel pogings aan om die area op te ruim, maar voeg hy by, die rommel is skaars opgeruim voor die area langs die dorp se hoofstraat opnuut soos ’n rommelterrein lyk. Die area naby KWV word, volgens dié inwoner, as woonplek en openbare toilet gebruik. “Hulle hang dan selfs hul wasgoed aan die drade langs die spoorlyn op!” Met die Gazette se besoek aan die area het daar juis kledingstukke aan die betrokke heining gehang. Die area was bestrooi met rommel, terwyl heelparty mense vas onder enkele bome gelê en slaap het. Daar was egter geen onwettige woonstrukture te bespeur nie. Volgens die Gazette se bron is hy
Die heining langs die spoorlyn dien dikwels as wasgoeddraad.
’n Hele gesin woon na bewering langs die spoorlyn.
veral bekommerd oor die veiligheidsituasie van die betrokke area. “Konfronteer jy die mense, raak hulle geweldig aggressief. Êrens gaan daar ’n insident kom.” Hy is ook bekommerd oor die negatiewe impak op toerisme. “Verskeie toeriste het al navraag
gedoen oor dié onooglikheid,” sê hy. Lettie van Zyl van die Robertsontoerismekantoor bevestig dat toeriste ál meer navraag doen oor die situasie. “Die feit dat die plakkers reg by die dorp se ingang is skep ’n baie swak indruk van die dorp,” voeg sy
by. “As toerismekantoor is ons geweldig bekommerd oor die situasie.” Volgens Vincent Andries, bestuurder van die Doulos Trust wat al bykans ’n dekade onder werkloses en haweloses werk, is drank en dwelms te blameer vir die situasie waarin baie van die haweloses hul bevind. Die Doulos Trust bied verskeie programme aan waardeur hy probeer om mense van die strate te kry en weer met hul families te verenig. Haweloses word dikwels in hul kwaad gesterk deur mense wat geld aan hulle gee, meen Andries. Hy vra inwoners om Doulos eerder te nader om mense by te staan. Die organisasie kan by 072 668 8245 bereik word. Die Langeberg-munisipaliteit kon teen druktyd nie reageer op die Gazette se navrae nie, maar het onderneem om later kommentaar te lewer.