Breederivier gazette 2 aug 2014

Page 1

Breederivier

Year 18 • 2 September 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Smullekker fees

Besoekers het die afgelope naweek in groot getalle op McGregor toegesak vir die jaarlikse mmm..McGregor-fees. Dit was ’n fees vir die oog, oor sowel as die smaakkliere met ’n wye verskeidenheid wyne, bier en grappa wat geproe kon word. Daar was ook allerhande heerlike eetgoed en ’n pizzakompetisie wat die vernuf van oud en jonk getoets het. ’n Hoogtepunt was ongetwyfeld die pizza-uitdaging waarin Masterchef-beoordelaar Peter Goffe-Wood, ’n voormalige Globale Pizza-uitdaging wenner en Colin du Plessis (die huidige Suid-Afrikaanse-kampioen) van Lord’s Lodge, skouer aan skouer hul wen-pizzas voor feesgangers gebak en toe uitgedeel het aan dié wat wou proe. Die dansers van die Next Step Dance Company het feesgangers ook trakteer met hul vlugvoetige passies. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.